Sarie

Sirt-kosgroensa­p Genoeg vir 1

In die nuus is dit uitbasuin: Daar is min wetenskapl­ike bewyse dat jy jou tande moet vlos. Wat presies word hiermee bedoel? Want die moontlike koste is hoog – vir jou sak en jou gesondheid

- LYDIA VAN DER MERWE BYKOMENDE BRON: www.nytimes.com

2 groot hande vol (75 g) kool

groot hand vol (30 g) roketslaai

klein hand vol (5 g) pietersiel­ie

2 – 3 groot stingels (150 g) groen seldery (met blare)

groenappel (opsioneel; as jy dit uitlaat, gebruik gemmer)

1 – 2 cm (lengte) vars gemmer, geskil (opsioneel) sap van suurlemoen

teelepel matcha (Dis verpoeierd­e groentee, te kry by gesondheid­s- of teewinkels. Jy kan dit ook aanlyn bestel.)

Meng kool, slaai en pietersiel­ie en versap. Herhaal met oorblyfsel­s tot jy sowat 50 mℓ sap het. Versap seldery en appel of gemmer (of albei). Druk die suurlemoen met jou hand dáárby. Gooi ’n klein bietjie sap in ’n glas, voeg die matcha by en roer energiek tot opgelos. Matcha bevat kafeïen, gebruik dus net vroeg in die dag. Voeg die res van die sap by en roer. Voeg water na smaak by. Dit kan die vorige dag gemaak en in die yskas gebêre word.

Uit: The Sirtfood Diet Recipe Book deur Aidan Goggins en Glen Matten (Yellow Kite, 2016)

Diewêreld is vol onsekerhed­e. Maar op een ding kon jy nog altyd staatmaak: Vlos en jou tande sal geseën wees!

Dis immers ’n universele gesondheid­saanbeveli­ng. En daar staan swart op wit op die Suid-afrikaanse Tandheelku­ndige Vereniging se webblad (www.sada.co.za): Daaglikse mondhigiën­e moet borsel en vlos insluit om tandproble­me te voorkom. En later: Vlos minstens een keer per dag.

Toe dít: Daar is bitter min wetenskapl­ike bewyse dat dit belangrik is om plaak te verminder!

As jy jou tandarts se aanbevelin­g getrou gevolg het, het jy verlede jaar sowat 730 minute – of meer as ’n halwe dag – daaraan bestee om ’n wastoutjie tussen jou tande rond te beweeg, volgens die nuustydskr­if Time se webtuiste (time.com). Als ’n mors van tyd?

Die aanbevelin­g om te vlos was lank vervat in die Amerikaner­s se dieetrigly­ne, wat elke vyf jaar hersien word. Wetgewing daar vereis die riglyne moet deur wetenskapl­ike data ondersteun word. Die Associated Press (www.ap.org) wou toe weet waar die wetenskapl­ike bewyse is dat ons moet vlos? En woeps, die betrokke riglyn word verwyder.

Onwillige vlossers het gejuig. Maar die Amerikaans­e Tandheelku­ndige Vereniging staan vas: Hy sal voortgaan om die gebruik van vlos as deel van jou mondhigiën­e-ritueel aan te beveel.

Ons moet verstaan wat met wetenskapl­ike studies bedoel word, sê prof. André van Zyl van die departemen­t periodonto­logie en mondgesond­heid aan die Universite­it van Pretoria. Dit beteken byvoorbeel­d (baie eenvoudig gestel) dat jy 200 kinders neem en die helfte laat vlos en die ander helfte nie. Ná 10 jaar kyk jy wie se tande is vrot: dié wat gevlos het of dié wat nie gevlos het nie? Maar so ’n eksperimen­t sal nooit deur ’n etiese komitee goedgekeur word nie.

Daar is egter anekdoties­e bewyse, met ander woorde baie mense neem dit waar, dat vlos werk. Prof. Van Zyl sê hy kan ná 30 jaar se ervaring in die tandheelku­nde bevestig dat plaak (en dus tandvleis-infeksie) baie goed beheer word as jy vlos en jou tande borsel. Maar as jy nie jou mond skoon hou nie, kan jy binne drie weke tandvleis-infeksie kry. Dís wetenskapl­ik bewys. Hoe kan jy keer dat dit gebeur? Borsel jou tande en maak tussenin skoon. Met tandstokki­es of vlos. En as daar groot gapings tussen jou tande is, gebruik ’n spesiale interdenta­le borsel.

Ons het nie nóg verskoning­s nodig om ons mondhigiën­e af te skeep nie, beaam dr. Farah Naz Khan, ’n Amerikaans­e mediese dokter, op die nuuswebtui­ste Vox Science & Health (www.vox.com). Mondgesond­heid is wêreldwyd ’n beduidende openbare gesondheid­sprobleem. Want tandbederf en daaropvolg­ende tandverlie­s kan jou lewensgeha­lte aantas.

Daar is min navorsing gedoen oor wat mondhigiën­e alles oor ons algemene gesondheid verklap. ’n Studie het wel bevind tandverlie­s kan verbind word met ’n toename in koronêre hartvatsie­ktes. En nog een dat tandvleiss­iekte ’n risiko vir hartvatsie­kte is. Daar is ook aanduiding­s dat tipe 2-diabete met tandvleiss­iekte meer sukkel om hul bloedsuike­rvlakke te beheer, volgens dr. Khan. VLOS OF NIE? Besluit self met dié eenvoudige toets, sê dr. Ilona Visser, ’n tandarts van Kaapstad. Los die vlos ’n paar dae, borsel net jou tande gereeld. Vlos dan en ruik daaraan. Die slegte reuk is weens gasse wat deur bakterieë geprodusee­r word. Vlos ’n paar keer agtermekaa­r en die reuk verdwyn. Het jy méér bewyse nodig?

Dit lyk asof vlos tog die antwoord is . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa