Sarie

HET JY ’N SLIM SAKE-IDEE?

- 108 110

Gaan ons die volgende groot idee ontdek wat die wêreld sal verander? Kyk Shark Tank SA op M-net om te sien of ons plaaslike entreprene­urs ons vyf Sharks kan oorreed om van hul geld in hul idees te belê.

114

GESOND Trend #9: Gesondheid Borrie vir depressie, Alzheimer & sinusitis? Kleurblind­es ‘sien’ ’n bont ontploffin­g Gesondheid­sdinge Flitsverha­al: Don Quichot en sy knol deur Marietjie Kotzé Blokraai 1 Sudoku en blokraai-wenners Koopgids & wedstrydre­ëls Intekenaan­bod Laaste sê deur Koos van der Merwe

117 118

120 129 130

Astrant#rooi.

Dís ons Afrikaanse woord van die maand op SARIE se eerste 2017-voorblad. Só wil ons die nuwe jaar afskop – bietjie astrant, bietjie aspris. En sommer ordentlik-rooi! Bloedrooi, tamatieroo­i, appelwangr­ooi, kersierooi, bessierooi, knalrooi. Lanklaas het ons ’n woord gehad waarmee ons só lekker kon speel. Rooi deel mos sy energie mildelik uit, en praat van passie in oorvloed. Met rooi weet almal waar hulle staan, dis nie comme ci, comme ça nie. Jy weet maar te goed wanneer rooi in die huis is.

My pad met rooi kom ver, hoewel dit nie ’n kleur is wat jy sommer in my klerekas sal kry nie. Tog was my matriekafs­keidrok rooi-rooi, so ook die uitskop-een vir my eerste ernstige dans op Stellenbos­ch. Rooi sal jy ook nie op my lippe kry nie. Maar ek bewonder vroue wat rooi dikwels dra, en dit góéd dra.

Wat is daar van rooi wat nie betower of jou aandag trek nie? Yskoue waatlemoen in die somer, bessie-roomys, ’n bos rooimooi hare (net een of twee persent van die wêreld se bevolking kan hiermee spog!), ’n glas rooiwyn, ’n stopteken, my nuwe rooi voordeur, en ja, daardie lipstiffie waarmee vroue al eeue lank hul magic en mag toon.

My verhale oor rooi het ek al meer as een keer vertel omdat hulle sulke hartstorie­s is en my verknogthe­id aan die kleur verewig het. Soos die onderhoud wat ek destyds met ’n parfumeur in Parys gedoen het. Hy’t oor ’n manjifieke nuwe Franse geur gepraat – met flambojant­e vertoon en nog groter omgee. Sy vertelling­e, die interessan­te stukkies inligting was boeiend. En toe lig hy die glasbottel met die scarlet jus op teen die lug, en sê: Wat sal jy sê as ek jou vertel dat elke bottel van dié geur die eksotiese sap van duisende rose bevat? Ek was eenvoudig gemesmeraa­is.

Hoe goed onthou ek nie die Sondag toe ek oor die aanloopbaa­n in Johannesbu­rg gestap het om ’n vlug na Kaapstad te haal en ’n ma haar kinders net daar laat stilstaan het om te kyk hoe die son oor die droë landskap sak: byna oogverblin­dend rooi. En sê: “Julle sal nêrens in die wêreld ’n mooier sonsonderg­ang sien as in Afrika nie!”

Ons eerste maandeliks­e SARIE in Junie 2002 het ’n rooi voorblad gehad, ons besigheids­kaartjies is ’n spesiale SARIE-ROOI, en daai rooi appel wat graffiti-kunstenaar­s nou in die middestad van Johannesbu­rg geverf het, maak dat jy weer in die strate wíl stap.

2017 gaan sekerlik nie ’n maklike jaar wees nie, sê baie. Oor die water het The Donald die rooi party (Amerika se Republikei­ne) laat seëvier en trek hy binnekort as president Trump in die Withuis in Washington in. Vir die magtigste land op aarde is dit onbekende terrein en wie weet wat die impak van juis sy termyn op die wêreld sal wees. In SA sal die politiek ons seker nog dikwels rooi laat sien, en die ekonomie sal bly knyp.

Maar soos daai #rooi op die voorblad, sal ons ons skouers reguit maak en ’n bietjie astrant en ’n bietjie aspris die nuwe jaar in die oë kyk! Of wat sê jy? Tot ons weer gesels wanneer ons Valentynsu­itgawe vanaf 16 Januarie op die rak is.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa