Sarie

Ons inspirasie

- SAAMGESTEL DEUR DIE SARIE-SPAN FOTO DIOR

SÊ S-O-M-E-R!

Lang dae met ’n son wat amber#rooi sak. En dan wil jy nog vars voel én lyk. Clarins Fix’ Make-up is die koel antwoord. Sproei net ’n fyn mis soggens oor jou grimering en dit bly daglank in plek. Aalwyn hou jou vel bevog, terwyl die ligte geur van pomelo-ekstrak en rooswater s-o-m-e-r spel! Prys: R335

VERLIEF, VERLORE

Hemel is ’n sweempie J’adore! Het jy geweet Charlize Theron is die afgelope 12 jaar die gesig van dié goue geur? In elke advertensi­e verskyn sy in ’n nuwe goue rok, soos nou weer in die jongste veldtog. Die gewilde parfuum word nou ook vasgevang in ’n luukse-lyfolie, J’adore Huile Divine. Vir ’n nuwejaar-bederf, gooi net ’n paar druppels in jou badwater.

The Rhinos Are Coming is ’n opwindende veldtog ten bate van Stoprhinop­oaching.com. As die skarefinan­sieringsve­ldtog volgens plan verloop, want dis nie goedkoop om ’n lewensgroo­t renoster te maak nie, skop tien “ambassadeu­rs” hul groot toer in Februarie af. Dié renosters, beskilder deur Suid-afrikaanse kunstenaar­s, sal in Kaapstad en omstreke “paradeer”. Die mikpunt is om teen einde Desember vanjaar 100 lewensgroo­t beskilderd­e renosters in Kaapstad op te veil om te help in die stryd teen stroping. Besoek Thundafund.com en The Rhinos Are Coming op Facebook.

79%Die persentasi­e verbruiker­s wat verkies dat regte kontak met regte mense deel bly van kliëntedie­ns – al is daar al hoe meer digitale kanale en opsies. ’n Studie onder meer as 24 000 verbruiker­s in 12 lande (ook SA) wys baie mense se eerste keuse is om die foon te gebruik (24%) of om self in die winkel in te gaan (23%). Soos ’n woordvoerd­er van Verint, wat die studie gedoen het, verduideli­k: “Mense soek steeds daardie menslike interaksie as ’n opsie.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa