Sarie

Kuier met NESPRESSO

Koue drankies, swembadden­s en lekker kuier buite – in Suid- Afrika vier ons die feesseisoe­n op ons eie unieke manier! Nespresso glo dat luilekker somerfeest­elikhede gepaard moet gaan met nuwe en vars maniere om jou ko‚e te geniet – en dis nie net uit ‘n k

- DEUR MICHÉLLE VAN BREDA

Ek staan gebukkend oor ’n trollie, ek pak berge eetgoed op die toonbank, ek is op pad na ’n repetisie en die musikante moet gevoed word. Iemand raak liggies aan my arm. Ek kyk verbaas om. Dis ’n vrou met ’n groot glimlag.

Ek wil nie pla nie, sê sy. Maar jy lyk fantasties. Jy het baie gewig verloor. Oefen jy? Jy lyk ongeloofli­k. Dankie, fluister ek pateties en gryp na ’n sak appels. Die vrou stap na die volgende toonbank, sy moet dink ek is heeltemal wanaangepa­s, kon ek nie net vriendelik­er gewees het nie? Of ferm en duidelik geantwoord het nie? Moet sy in dieselfde oomblik wat sy my ontmoet en kompliment­eer, leer dat ek geen selfbeeld het nie, niks positiefs oor myself glo nie en gereeld wens ek is fisiek onsigbaar?

’n Paar dae later is ek in die lapwinkel, dis ’n groot, groot plek vol verkoopspe­rsoneel, ek koop al jare hier materiale vir my kostuums. Ooo, sexy! sê ’n stem agter ’n groot rol rooi sy. Jy’s maer! Kyk daai bene! Hot stuff! Ek ken haar al jare, sy help my gereeld wanneer ek iets ongewoons soek vir ’n vertoning. Ek is seker maar siek, sê ek. Hot was ek nog nooit. Sy kyk my verbaas aan en draai toe weg. Ja, ek werk hard, ek het ’n paar kilogram verloor, en as iemand dit opmerk en iets moois sê, kan ek dit seker waardeer. Maar ek is simpel en selfbewus en reageer soos ’n onseker kind. Ek onthou meteens my gesprek met ’n stileerder, ons het ’n televisie-advertensi­e geskiet, ek het by die kleedkamer ingestap en daar het ’n vreemde vrou gestaan.

I do not want to be personal, het sy gesê. But you are a beautiful man. I’ve only ever seen you with make-up in photograph­s. How nice to meet you.

Ek het haar verstom aangekyk. Meneer Blignault het my op skool “Pudding Face” genoem. En deur die jare is ek al baie ander goed genoem, maar beautiful was nog nooit een van hulle nie. En ek het nie ’n behoefte ontwikkel om mooi woorde te hoor nie, ek is nie lamgelê in my loopbaan nie, ek het net nooit geleer om ’n kompliment te verwag of te ontvang nie. Maar ek besef dat ek vir dae daarna ’n vreemde dankbaarhe­id beleef, selfs glimlag wanneer niemand naby is nie. So, Charl was reg?

Charl du Plessis, my begeleier, is die toonbeeld van diplomasie, hy kan die taaiste situasies ontlont op ’n kalm, hoflike manier. Een aand ná ’n vertoning het hy versigtig gesê, Nataniël, dink jy nie jy moet af en toe die musikante net ’n bietjie kompliment­eer nie? Hulle sal dit so waardeer.

Ek het gesê, Maar ek gebruik hulle oor en oor! En ek betaal hulle! Hulle weet mos ek dink hulle is goed! Charl het gesê, Dis nie hoe dit werk nie, hulle moet dit hoor. Die waarheid is dit: ’n Kompliment is ’n magtige instrument. Opreg bedoel en korrek aangewend, kan dit ’n lewe verander, ’n dag ophelder, ’n goeie selfbeeld kweek, ’n werksituas­ie verbeter, vernuwing begin, ’n huwelik versterk, ’n familie bymekaar bring, pyn verdryf, geloof herstel, genesing aanhelp. Duisende mense – soos ek – het dit verleer of nooit geglo nie. Sosiale media het aan miljoene wesens troontjies gegee, daar word gekef en gekla en beledig en vervloek sonder ophou, elke dag, elke minuut, dit is ons nuwe kultuur, terwyl die wêreld smag na ’n kompliment, na die gevoel van goedheid.

Dié wat dit nie ken nie, moet dit aanleer, die gee én die ontvang. Om ’n kompliment te ontvang is ’n kuns, om dit af te jak of onnodig te laat klink, beledig die ander persoon se oordeel, verniel hul vertroue. Maar ons sal leer.

Mark Twain se uitlating, I can live for two months on a good compliment, een van die wêreld se beroemdste sinne geword.

Sal 2017 ’n duidelike jaar wees, of net nag? Gaan ons saamdans en saamgesels, eerder as om bedremmeld en befoeterd en befonkfaai toe te kyk? Dis nog bietjie vroeg om te sê hoe die wind gaan waai en watter keuses elkeen van ons gaan maak, maar dié is een ding wat nie twee is nie: By SARIE sal 2017 Afrikaans wees!

Hier sal ons taal trend, of dit nou jou hartstaal, huistaal, lagtaal, huiltaal of raakpraat-taal is.

In SA praat 6 miljoen mense Afrikaans as eerste taal, en byna net soveel dit as tweede en derde taal. Van die Kaap deur die Karoo tot daar da’ doer in Kakamas se wêreld. Van Stellenbos­ch tot in Soweto; Manenburg in die suide tot Modimolle in die noorde. Ons rock, rap, sokkie en kwaito in ons taal. En daai’s kwaai, want soveel mense, soveel sêgoed, soveel stories. Dís wat Afrikaans ryk en lekker maak; wat hom inkleur en gas gee!

Die wens is dat ons almal ons taal in die nuwe jaar vry sal praat, nes dit in elkeen se hart kom lê. Dat dit nie ’n sommerse maak-nie-saak-taal sal wees nie, en vir seker nie ’n-sluit-ander-uit-taal nie. Dat dit ’n omarm- en omgeetaal sal wees. ’n Afrika-taal met gees. Daardie taal waarin ons leef en láát leef!

Gaan ook na

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa