Sarie

‘Jy’t ’n magic wat jy net moet ontdek’

Leef volgens jou eie resep. Ek dink dis veral vir my generasie moeilik, want die baby boomers het ons in sulke boksies probeer dwing

- Leandie

y sit daar by ’n Johannesbu­rgse restaurant, só oor haar foon gebuk dat jy nie kan sien of dit sy is nie, maar die ligblonde hare en slanke bou gee haar weg. Sy’s verwoed besig om te tik – waarskynli­k op een van haar sosialemed­ia-rekeninge. ’n Vintage-rok met ’n hoë kraag en ’n blompatroo­n, bruin toeryg-leerskoene en ’n voet wat tik-tik-tik teen die tafelpoot terwyl sy konsentree­r.

Want Leandie du Randt is een van die koninginne van Afrikaanse sosiale media … haar aantal volgelinge net op Instagram trek nou al by die 100 000.

Hoekom? “Ek dink mense waardeer my eerlikheid. No-one can beat you at being you.”

Dís ook die boodskap in die motivering­spraatjies wat sy deesdae doen op grond van haar boek Gemaklik in jou eie lyf (Random Struik, 2014). “Ek het van Mei tot Augustus 60 praatjies gehou! Dit was harde werk. By skole of voor klein groepe vroue en selfs een voor ’n duisend vroue by Emperors Palace. Dis so ’n kombinasie van stand-up- komedie en ’n motivering­spraatjie.”

En dit het juis ook met sosiale media te doen – oor die boeliery wat so maklik daar gebeur en die geweldige invloed wat dit op veral jong mense het.

“Jong meisies sien Kim Kardashian of Taylor Swift op sosiale media en dink hulle moet ook so wees, want dis die meisies wat dit máák in die lewe. Maar ek glo daar’s ’n rede hoekom jy gemaak is soos jy is. Dis so mooi om te dink niemand anders is só nie. Jy’t ’n sekere magic wat jy net moet ontdek.

“Dit het my lewe verander toe ek dit besef – veral in die vermaaklik­heidsbedry­f. Mense kan so jaloers en geniepsig raak en dan dink jy: Dalk moet ek soos sy lyk. Dis uitputtend om te kyk hoeveel volgelinge sy op Facebook het, hoeveel werk sy kry. Maar elke mens het iets spesiaals en ek wens ons kan daarop fokus eerder as op dít wat ander mense doen.”

Dié denkwyse van Leandie het eintlik al op skool begin, toe sy self geboelie is en haar pa se raad haar daardeur gehelp het.

“Ek het in graad 9 vir die graad 10-hokkiespan gespeel en boonop met ’n ou in graad 10 uitgegaan. Daai meisies wou my spirit breek, dink ek. Hulle het my so aspris-per ongeluk met hul stokke teen my skene geslaan en dinge oor my gesê en dan gelag. Ek het my selfvertro­ue begin verloor. My pa, Neels, het my geleer hulle is jaloers op my en dis eintlik ’n kompliment. Toe kon ek dit laat gaan.”

Maar sy het ook besef sy wil iets doen om mense te help sodat hulle nie so maklik in hulself twyfel nie. Sy wou mense help om hul “beste self te word”. Dis deels die rede hoekom sy bedryfsiel­kunde aan die Universite­it van Johannesbu­rg gaan studeer het, hoekom sy uiteindeli­k haar boek geskryf het – én gereeld motiverend­e boodskappe op sosiale media plaas. Haar werk as aktrise beskou sy as ’n platform om mense te inspireer.

“Mans baklei met mekaar as daar ’n probleem is en los dit dan daar. Ons vroue is geneig om agteraf en geniepsig te wees. Dit maak my hartseer vir vroue in die algemeen.

“Ek dink dit gebeur omdat vroue hulself aanhoudend met mekaar vergelyk. Maar ons is nie skape by ’n skou nie – daar is nie ’n standaard van hoe ’n vrou ‘moet’ wees nie. En jy gaan nie gelukkig wees tot die dag dat jy jou eie lewe leef eerder as om dit met ander s’n te vergelyk nie.”

Sy het haar boek vir die jonger mark geskryf, maar was verbaas oor hoeveel ouer vroue ook daarby aanklank gevind het.

“By die praatjies was daar vroue in hul sestigs wat na my toe gekom het en dankie gesê het dat ek hulle weer hieraan herinner het. Ek dink dis omdat ek nie probeer preek nie, ek deel net my lewe, al is dit as 28-jarige, en miskien kan jy iets daaruit kry.”

Die een “taboe” waaroor sy nie praat nie, is haar huwelik met die akteur, sanger en vervaardig­er Bouwer Bosch.

“Ek sal af en toe ’n foto van my en Bouwer op Instagram plaas, maar dis dit. Ons staan ook nie saam onderhoude toe nie en gesels nie oor ons verhouding nie, want as jy iets publiseer, moet jy ook die kommentaar daarop kan vat. Dit sal die jakkalsies laat inkom.” >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa