Sarie

‘Ek is wie ek is’

Hy is al jare lank in teaterkrin­ge bekend, maar Dann-jaques Mouton is deesdae ook dikwels op die groot- én kleinskerm te sien. Moet net nie dink hy gaan verander nie, hy ‘is wie hy is’ en mense kry hom maar soos hulle hom die dag kry . . .

- DEUR DELIA DU TOIT

skielik oral te sien. Dan was daar ook 2015 se Abraham ...

Die kollig traak hom min. Hy is wie hy is, skaamteloo­s en sonder voorbehoud. Halfpad deur die onderhoud bestel hy ’n “biertjie” – elfuur op ’n Maandagogg­end. “Dis mos my dag af, ek mag! Mense moet maar dink wat hulle wil,” lag hy.

Dalk is dit sy nederige wortels in die Namibiese platteland, of die feit dat hy die soort akteur is wat dit vir die liefde doen eerder as die aandag. Hoe ook al, Dann-jaques is sy eie mens, hy praat sy eie kleurryke Afrikaans, en hy druk sy stempel nou af op al wat ’n skerm is. >

< iewers inbreek en gaan tronk toe, waar hulle genader word om deel te word van die bekende Numbers Gang. AB beskerm homself deur die ander gevangenes met stories te vermaak, maar Gimba word iemand in die tronk se ‘wyfie’ om homself veilig te hou. Ná AB se vrylating laat sy liefde vir sy ma en ’n meisie hom besluit hy wil ’n beter mens word en nie meer by bendes betrokke wees nie. Maar dan word hy deur ’n bende geïnkrimin­eer vir ’n moord, en dis ’n hele nuwe gedoente ...

gangsta rap

Jy het geluister om jou in die karakter in te leef. Het dit gewerk?

Ek het, ja, want ek wou my indink wat die karakter moes ervaar. Ek klim vir elke rol in ’n ander wêreld in en ek wil voel hoe daardie karakter in mý liggaam voel sodat ek die rol goed kan vertolk. Vir Noem my Skollie het ek soms na donker plekke gegaan deur te dink aan moeilike tye wat ek al moes deurmaak. Ek het self in daai omgewing, in Eersterivi­er en Athlone, grootgewor­d en heavy dinge gesien. Soms was ek in situasies waar dinge lelik kon skeefloop. Ek was al aangerand en flou geskop.

Maar ek het seker gemaak AB se wêreld eet nie aan my nie. Ek het saans daarop gefokus om hom te laat gaan as ek sy klere uittrek. Dis ’n hele ritueel – ek vee my grimering af, ek trek die klere uit en hang dit op, ek gaan huis toe en drink ’n biertjie of gesels met iemand, waar ek myself ook al bevind, oor die karakter om dit uit my sisteem uit te kry. ’n Mens moet terugkom na jouself en jou eie gevoelens toe. Jy offer jou liggaam op vir die karakter vir ’n tydjie, maar dan kry jy jouself weer terug. En dis die beste breinoefen­ing om só jou verbeeldin­g te gebruik!

Voor het jy die hoofrol in gespeel, wyle Jans Rautenbach se eerste fliek in 30 jaar. Het jy gevoel jy was daarna meer bekend?

Net voor Abraham het ek ’n klein rol in Binnelande­rs gehad as Nick, die apteker, en ek dink eerder dít het my meer bekend gemaak. TV sit jou in mense se voorkamers. Maar ek dink my gesig is nog nie juis bekend nie – ’n man wat in my woonstelko­mpleks bly, het nou die dag na my toe gekom en gesê: ‘Haai, bra, dis dan jy! Ek wou sê ek ken jou van iewers af en nou sien ek dis die TV.’ Dis seker oor ek van Augustus af in 7de Laan is, as Justin Booysen. Hy is Vince se lang verlore broer en die ander karakters weet natuurlik nie of hulle hom kan vertrou of nie, maar dan raak hy deel van hul lewens …

Wat het Jans Rautenbach as regisseur van jou beteken? Is jy gemaklik in die kollig? Hoekom het jy drie jaar gelede van die Kaap af Johannesbu­rg toe getrek – vir werk? vir

Hy was so ’n baanbreker. Ek het hom op stel aanhoudend dopgehou: Hoe hy met ander mense werk, hoe hy homself uitdruk. En geluister na die stories wat hy vertel het oor sy jare in die rolprentbe­dryf. Ons verhouding was gemaklik en ons het tydens die verfilming baie gedeel. Ek het hom vertel oor my agtergrond en verlede, en hy het sy geheime en formules as regisseur aan my verduideli­k. Ek het baie by hom geleer oor filmspel en oor die bedryf. Jy is as teaterakte­ur opgelei en het veral aandag gekry vir jou rolle in Siener in die Suburbs en Die Rolbalspel­er. Hoekom die skuif na sepies? Dis lekker om nou te leer hoe TV werk. Elke medium help jou om die ander mediums beter te verstaan. Ek verkies nie een bo die ander nie, ek fokus op dít wat voor my is en probeer die beste doen wat ek kan. En, natuurlik, bills have gotta be paid ! Ek sal in die komende jaar weer in ’n teaterprod­uksie of twee wil speel, dis lekker om die dinge so af te wissel. Ek was mal oor my rol as Albertus in Siener – dis ’n ikoniese stuk. In Die Rolbalspel­er is ek die broer van die blinde hoofkarakt­er wat dan leer rolbal speel.

Ek gee nie juis om nie. Ek is maar wie ek is en ek kan nie anders wees nie. Mense kry my maar soos hulle my daai dag kry, watse bui ek ook al in is. Ek is nie iemand wat kan verander om ander mense te please nie. Ek gaan nie wegkruip nie, ek is net ’n gewone mens en as iemand met my wil kom praat, dan kan hulle kom praat! Maar as ek een ding kon verander, sou dit wees om gehore te laat verstaan ’n akteur doen ook maar net ’n werk – ons ís nie die karakters wat jy op TV sien nie. Kykers verstaan dit nie altyd nie en gesels met jou asof jy regtig in die Laan woon. Ek weet dan nie altyd hoe om met hulle te gesels nie.

Man, ek het drama by UCT, die Universite­it van Kaapstad,

gaan studeer, saam met Ephraim Gordon, wat onder meer Kollig- aanbieder was. Ephie het Joburg toe gekom en heeltyd vir my gesê ek moet ook, dis lekker, maar ek wou naam maak in die Kaapse teaterbedr­yf. Toe kom ek tog en nou geniet ek Johannesbu­rg. Dis baie anders as die Kaap en jy moet vroeg opstaan om betyds by die werk te kom. Die mense hier is lekker. ’n Paar vreemde karakters, maar jy kry dit ook in elke provinsie. Ek mis wel die see, want Joburg is maar Joburg – hy’s bruin vir ’n deel van die jaar en groen vir ’n deel van die jaar. Ek glo nie die plek waar jy bly maak jou gelukkig of nie, jy moet dít self doen. En tog wil ek nie in ’n ander land as Suid-afrika woon nie. Dis deel van wie ek is, nes Afrikaans deel is van wie ek is.

Jy het ’n swaar Kaapse aksent. Moet jy op stel konsentree­r om suiwer Afrikaans te praat?

Iets vreesliks! Soveel regisseurs moes my al stop en sê: ‘Hoorie, my broe, ek verstaan wat jy sê maar ander mense gaan nie.’ Dis fine op stel, maar die Kaapse dialek is deel van wie ek is en buite die werk is dit hoe ek praat. Al klink dit soos lui Afrikaans! Ek het ook nie ’n voorkeur in watter taal ek werk nie, maar ek wil Afrikaans by die huis kan praat – daar is soveel mooi uitdrukkin­gs in Afrikaans, veral Kaapse Afrikaans.

Hoe was jou grootwordj­are?

Daar was nie baie geleenthed­e in Namibië nie, waar ek vir die eerste paar jaar van my lewe op ’n plaas grootgewor­d het. Ek was vier jaar oud en die jongste van ons vyf kinders toe ons Suid-afrika toe kom, die jaar dat Madiba vrygelaat is. My ma het beter geleenthed­e gesoek. My ouers is geskei nog voor ek gebore is en my toppie het daar agtergebly. Ek gaan elke jaar Namibië toe om vir familie te gaan kuier, rondom Windhoek en Swakopmund. As ek daar is, op die plaas, loop ek kaalvoet en skakel heeltemal af. Dit herinner my aan wie ek is en waar ek vandaan kom.

Was jy stout op skool?

Só stout! Ek onthou die een keer … Ons het gereeld by my ouma en oupa op die plaas gaan kuier en dan hárd gewerk – vuur gemaak, skottelgoe­d gewas, en dan beter alles rég gedoen wees. Een dag het my ouma vir my gesê as die skottelgoe­d al weer nie reg gewas is nie, gaan sy als weggooi. Toe dog ek, fine, ek sal nou luister, en toe gooi ek alles in ’n swartsak en dra dit weg. Later was daar ’n groot pak slae en natuurlik moes ek toe in elk geval alles was.

Maar op hoërskool was ek ’n gruwelike laaitie. En nie kattekwaad-stout nie, ek het lekker skool gebank – nie net ’n klas nie, sommer ’n hele dag – en geëksperim­enteer met middels waarmee ’n mens nie moet nie. ’n Onderwyser het vir my en ’n skoolvrien­d, saam met wie ek in graad 7 en 8 was en wat vandag ’n suksesvoll­e loopbaan het, gesê ons gaan dit nie verby 16 maak nie. Maar kyk nou net! Deesdae is ek baie anders, ek is in ’n langtermyn­verhouding en sit meestal net tuis en kyk sport. Ek is ’n groot Stormers- en Wp-ondersteun­er. En as my ouma nie so streng was nie, was ek nie vandag so mooi domesticat­ed nie! Dis vir my terapeutie­s om huis skoon te maak

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa