Sarie

‘Ek gaan my

-

Wanneer ’n Olimpiese sportster ’n groot aankondigi­ng doen, sou jy dink dat dit voor ’n reuse-gehoor gebeur. Maar op ’n Maandagaan­d in November, onder die hange van Tafelberg met ’n suidooster wat buite waai, beweeg Chad le Clos deur ’n handjievol uitverkore­nes op ’n intieme gesellighe­id by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.

Weg is die skares, die kameras, die magdom joernalist­e. Nou’s hy net Chad, die seun van Durban, wat elkeen se hand skud, groot en klein. Gereservee­rd, ja. Maar toeganklik. En met ’n stille selfvertro­ue. ’n Doelgerigt­heid.

Almal wil ’n oomblik met Chad hê. Hy verdwyn kort-kort vir nóg ’n gesprek, nog ’n onderhoud. “Ongeloofli­k, hy is net ongeloofli­k,” kom dit in die krakerige stem van sy pa, Bert. Ten spyte van terugslae staan hy regop. Hy ken nie van tou opgooi nie, spog hy.

Chad le Clos het ’n plan vir 2017. Hy skuif agter die mikrofoon in, kyk elkeen in die gehoor in die oë: “Met die Chad le Clos Akademie gaan ek ’n verskil maak.”

Is daar vir jou ’n toekoms in Suid-afrika?

Ek wil in geen ander land bly nie. Ek is hier geslyp en hier gevorm. Ek en Cameron [van der Burgh] is tuisgemaak­te kampioene. Die gras is nie groener aan die ander kant nie. Is dit makliker? Beslis! Maar hoekom kan ons dit nie hiér skep nie? Hoekom moet ons gaan? Ek glo ek kan teruggee aan die land se kinders, ek wil aan hulle en aan myself bewys dat so iets moontlik is.

Is dit hoekom jy die Chad le Clos Akademie in Kaapstad gestig het?

Ons hét die swemmers en ons het die talent, maar ongelukkig het ons nie altyd die nodige geriewe en stelsels wat werk nie. Nou wil ek internasio­nale afrigters hierheen bring. Ek wil met verskillen­de mense werk. Die swemklinie­k moet ’n ordentlike akademie wees, in en buite die swembad, ’n opvoedkund­ige proses. Ek wil ’n nalatenska­p los: “Chad le Clos het die gesig van swem in Suid-afrika verander.” Ek wil hê hulle moet saam met my groei.

Hoe werk die akademie?

Die eerste ses maande sal dit net vir lede van die profession­ele SA span wees, die elite. Dis ’n selfsugtig­e besluit, ek weet. Miskien as ek gewen het, sou dit ’n ander prentjie gewees het. Ek is nou gemotiveer­d. Ek is op ’n plek waar ek daardie wengees wil terugkry.

Ná ses maande sal dit vir alle ouderdomme wees. Ons wil ’n pad saam met kinders stap. Ons wil hulle nie druk nie, maar met verantwoor­delikheid afrig. Ouers kan nie verwag dat hul 10-jarige seun soos Chad le Clos moet swem en meeding nie. Jy moet dit reg doen. Net soos jy nie kan verwag dat ’n jong rugbyspele­r vir Pat Lambie moet tackle nie. Dis wat ons wil voorkom. Ons wil nie hê jongmense moet ophou swem op 17 omdat hulle te hard geoefen het as kind nie.

Wie gaan almal betrokke wees . . . prinses Charlene van Monaco?

Ons het ’n goeie verhouding. Jy weet nooit nie. Daar’s ’n klomp mense wat wil deel wees. Op die ou einde is die belange van die swemmers die belangriks­te.

Hoekom het jy op Kaapstad besluit?

Ek het my lewe lank in Durban gewoon. Ek hou van Kaapstad, ek hou van sy mense, ek voel baie welkom. Dit was ’n leefstyl-besluit.

Jy sê Rio was ’n teleurstel­ling . . .

Rio was vir my ’n aaklige ervaring. Soveel aspekte daarvan was teleurstel­lend. Moenie my verkeerd verstaan nie, twee silwers is nie sleg nie. Maar . . . in my kop moes ek goud gewen het. Daar’s redes, redes wat ek nooit met iemand sal deel nie. Maar ek maak nie verskoning­s nie. Dis wat ek ook hoop om in Suid-afrika se sportgees te vestig . . . om niemand te blameer nie. Ek is nie klaar nie. My beste hoofstuk lê nog voor.

Maar jou jaar was immers vol persoonlik­e uitdagings.

Dit was nie ’n maklike jaar nie. Maar ek gaan dit nie as ’n verskoning gebruik nie. Die hele lewe gaan oor hoe jy reageer, hoe jy ’n uitdaging aanpak. Ek wil eendag onthou word as daardie ou wat kon opstaan ná ’n teleurstel­ling, nadat hy keer op keer verloor het. Jy moenie moed verloor nie. Die lewe is veel meer as ’n goue medalje. Jy moet die beste wees, vir jouself, jou beste weergawe.

Hoe het jy dit reggekry om ná Rio weer in die swembad te klim?

Dit was glad nie moeilik nie. In 2012 was dit moeiliker, want toe het ek daardie Olimpiese golf gery. Ek was toe bang, ek wou nie weer in die swembad klim nie. Nou was dit makliker. Ek het net ingespring, ek móés myself weer opbou.

Jou gevoel oor die Amerikaans­e swemmer Michael Phelps se uittrede?

Ek hoop regtig hy bly nog vir een jaar. En ek sê dit met die grootste respek. Hy is die beste swemmer van alle tye. Daar sal géén ander soos hy wees nie. Ek word my beste omdat ek teen die bestes swem. As jy ’n leeu wil wees, moet jy saam met leeus oefen. Dis dieselfde met my swemmery. Ek moet teen die beste swem. Dis ’n voorreg om teen Phelps mee te ding.

Hoekom is dit belangrik om ’n rolmodel te wees?

Dis net iets wat jy is. Dis ’n voorreg, ek is trots om een te wees. Wie sal nie een wil wees nie? Natuurlik is dit soms moeilik. Maar op die ou einde verander jy iemand se lewe. Ek glo elke atleet is ’n rolmodel. Dis hoe jy onthou wil word wat die verskil maak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa