Sarie

*Het jy geweet?

-

< Dié daad is vir ewig in haar brein geëts. “Ek moes aanvaar my lewe sal nooit weer wees soos voor die aanval nie.” Skielik het mense anders na haar gekyk op partytjies. “Dis dié Alison,” sou hulle sê. Niemand was heeltemal seker hoe om teenoor haar op te tree nie. “My vriendinne, wat gelukkig deur alles by my gestaan het, sou mý altyd om raad vra. Maar ná die voorval was hulle sku en het gemeen ek het soveel sorge, hulle wil my nie verder belas nie. Tog het ek gesmag daarna. Ek was immers altyd die praktiese een wat oplossings vir dinge gekry het.” Sy het besef binne haar “nuwe werklikhei­d” moet sy ’n nuwe lewe vir haarself skep.

Dit vervul haar om mense deur haar motivering­spraatjies – hier en in die buiteland – te inspireer. Haar seuns, Daniel (13) en Matthew (9), is haar grootste dryfkrag om volkome te lééf.

Dié eertydse hoofmeisie aan Collegiate Girls’ High School in Port Elizabeth erken sy het op skool nie geweet wat sy die res van haar lewe wou doen nie. “Ek het goed presteer, maar bloot op aandrang van my ma, Claire, ’n jaar lange sekretarië­le kursus ná skool gevolg. Iets om dalk later op terug te val.” Hierna het sy ’n paar jaar onderskeid­elik as versekerin­gsen reisagent gewerk. Toe word ’n gap- jaar in Londen vier jaar oorsee. “Wonderlike tye met nuwe avonture, hope pret en selfkennis.”

Maar kort ná haar tuiskoms in Port Elizabeth het alles verander. “Die aand van die aanval, ná ’n salige dag op die strand met vriende, was ek, terugskoue­nd, eintlik agterlosig om twaalfuur die aand in my motor, waarvan die deure ongesluit was, te klim.”

Sy glo dié aand was die “skop onder haar alie” wat sy nodig gehad sodat die res van haar lewe kon ontvou. “Want daardie nag het my lewe vir ewig in ’n ander rigting gedwing. Ek is dankbaar dat ek so baie kon reis danksy my motivering­spraatjies, mense kan bemagtig en hoop gee.”

Haar outobiogra­fie, I Have Life (Penguin, 1998), wat deur joernalis Marianne Thamm geskryf is, is steeds jaarliks op die topverkope­r-lys. Onlangs het sy dit bygewerk met ’n hoofstuk wat sy self geskryf het oor haar lewenspad sedertdien. Sy beplan ook om ’n kinderboek te skryf. Wie weet, dalk selfs nog ’n boek vir volwassene­s. “’n Inspireren­de Tv-kletsprogr­am sal ook nog lekker wees,” droom sy hardop.

Haar lewe is vol, maar sy glo jy kan nooit volkome afsluiting kry ná so ’n ervaring nie. “Ek kies daagliks geluk, want ek wil nie verbitterd wees nie. Toe die dood my in die gesig gestaar het, het ek immers gekies om te leef.” ( Vandaar ook die titel van haar boek.)

Haar ma, wat haar en haar broer, Neale, alleen grootgemaa­k het, is een van haar grootste steunpilar­e. “Ná die aanval het sy my by die hospitaalb­ed ingewag, nie ’n traan gestort nie, maar ferm gesê: ‘Ons gaan hierdeur kom. Jy gaan dit maak.’ ” Sy glo ook dit is danksy die manier wat haar ma hulle grootgemaa­k het, dat hulle vegters is. Dié geloof in haarself het gehelp dat sy emosioneel afstand van die gru-aanval kon kry, verduideli­k sy. “Ek het dus besef dit was nie my skuld nie, ek hoef nie verantwoor­delikheid daarvoor te aanvaar nie, ek kon slegs kies hoe ek daarop wil reageer. Dit het my bevry.”

Sy wil haar seuns ook leer hulle is altyd “genoeg” in haar oë. “Ek hoop dit sal help dat hulle die regte keuses maak wanneer gevaar dreig of versoeking­s oor hul pad kom. En dat hulle ook ander wat struikel, sal help.”

Sy gee nie voor haar stryd was maklik nie. “Dokters was verstom dat ek oorleef het. Hulle het gesê hulle het nog selde so ’n vernielde liggaam gesien. Die pyn was ondraaglik.” Sy sukkel steeds soms met buik- en nekpyn. “My swangerska­ppe was egter normaal, teen dokters se verwagting­s in, en ’n ongeloofli­ke ervaring. Albei my kinders is deur middel van ’n keisersnee gebore, maar my ginekoloog het gemeen ek sou selfs normaal kon kraam.”

Alison spartel soms met die “swart hond” en angs wat in haar nek blaas. “Die laaste paar maande van 1995, sowat ’n jaar ná die aanval, was ek vasgevang in ’n spiraal van donkerte, erge depressie. Ek was ’n kluisenaar, het nie eens werk toe gegaan of myself versorg nie. Ek het myself jammer gekry, gewonder wat die sin van my lewe is. Die verwagting­s en druk om die ‘gelukkige oorwinnaar’ te wees was soms ondraaglik. Oral is ek geloof vir my krag. Maar ek was so weerloos. Medikasie en terapie het baie gehelp om depressie in toom te hou. Ek gebruik dit steeds dan en wan. Ek weet ek het self bygedra tot die soms vals openbare beeld, want ek wou nie simpatie hê nie. En ek besef almal het net goed

bedoel – hulle wou hê ek moet oorwin.”

Haar egskeiding van Tienie Botha (hulle het in 1995 ontmoet en is in 1998 getroud) ná ’n huwelik van elf jaar bestempel sy as selfs meer traumaties as die aanval. Sy verduideli­k: “Die aand toe ek aangerand en verkrag is, was relatief vinnig verby, daarna is die booswigte gevang en die hofsaak het my ’n jaar lank besig gehou. Ek het dit nie gekies nie.

“Hoewel ek en Tienie baie goeie tye gehad het, het ons ná die geboorte van ons kinders uitmekaar gedryf. Daar was nie ’n definitiew­e rede daarvoor nie. Hy het my nie geslaan of ’n affair gehad nie, maar ek moes besluit of ek kans sien vir ’n huwelik wat my nie bevredig nie.” Skielik was sy enkelma, nes haar ma, en moes sy geldelik die mas opkom. “Jy weet nooit of jy genoeg motivering­spraatjies gaan doen om die maand se begroting te laat klop nie. En dit was ’n moeilike besluit om te skei, ek wou nie my kinders van hul pa wegneem nie.”

Tipies Alison het sy deurgedruk. Sy glo nie dit is die aanval se skuld dat sy nog nooit ware liefde gevind het nie. “Ek was 22 jaar gelede, op 27, nie meer ’n maagd nie, ek het ’n hele paar jong liefdes gehad. Tienie en ek was lank net vriende en toe ons ná ’n paar maande seks het, was dit mooi. Hy het nie druk op my geplaas nie. Ek het danksy hom weer geglo in die wonder daarvan.”

Ná die egskeiding het sy ook enkele romantiese verhouding­s aangeknoop.

Sy sê ewe prakties: “As ek ware liefde vind, sal dit wonderlik wees, maar ek fokus daarop om die beste ma vir my seuns te wees. Hulle is my lewe.”

Sy kry steeds af en toe nagmerries en angsaanval­le. “Toe my aanvallers in 2012 om parool aansoek gedoen het, was dit verskrikli­k. Ek het opnuut alles beleef. Hulle hoort vir ewig agter tralies. Ek was so bang hulle word vrygelaat en doen my en die kinders leed aan.”

Het sy hulle vergewe? “As Christen weet ek dit is die regte ding om te doen, maar hulle moet boet vir hul dade. Ek het gehoop hulle gaan sê hulle is jammer, maar toe dit nie gebeur nie, moes ek my haat laat vaar sodat ek kon aanbeweeg. Ek moes hulle dus ‘ vergewe’ ter wille van myself. Ek voel nou neutraal teenoor hulle.”

Terwyl sy na die dokkie gekyk het, was daar ’n soort dankbaarhe­id dat die lewe haar gebrei het om nuwe insig uit haar pyn te put. “As ek luister na my woorde terwyl ek na myself kyk, het ek respek vir Alison.” Sy glo haar reis is besaai met klein wonderwerk­e. “As ék kan oorwin, kan jy. Glo net in jouself.”

silent. aflaai wat haar verlore motorsleut­els

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa