Sarie

OP DIE VROU AF

Die dae is verby dat celebs net een hoed dra. Boonop is twee koppe beter as een

- FANIE CRONJÉ & MARGUERITE VAN WYK

’n Vrou het meer as een lewe. Drié om presies te wees.

Haar eerste lewe dra sy mos in haar handsak rond, almal weet dit. Haar tweede lewe is in haar beursie met allerhande strokies, kwitansies en lysies. Haar derde lewe is op haar selfoon. En met beursie en selfoon in haar handsak, raak dit ’n lewe binne ’n lewe binne ’n lewe. Sonder haar selfoon is sy niks, al haar lewens is leeg. Daardie foon is ’n horlosie, almanak, weervoorsp­eller, nuusbron, musiekmake­r, stemopneme­r, radio, sakrekenaa­r, adres-opspoorder, bankier, speletjie-speler, boodskappe­r, organiseer­der, wekker, kamera, videograaf en ’n flitslig vir as sy nie in die donker oor iets wil val nie. Ensovoorts.

Dis vol toepaslike toepassing­s en hou haar in verbinding met vriende en vriendinne en die res van die wêreld. Sy’t kontakte. Sy kan selfs ’n spieëltjie agterop plak vir haar lipstiffie en hare, ’n mobiele spieëltjie. “Hierdie foon kan so baie goed doen, ek verstaan nie die helfte daarvan nie.” Partykeer vergeet ’n mens ’n foon is eintlik iets om mee te bel en gebel te word . . .

Al haar foonnommer­s, verjaardae en lysies is op daardie foon. Elke belangrike stukkie inligting wat haar lewe rig. Syself hoef niks meer te onthou nie, haar foon onthou. Dis haar kollektiew­e geheue. Dit pas haar hand soos ’n handskoen sonder vingers.

En dit bevat ’n hele lewe in foto’s. Ook ’n paar foto’s van wat julle daardie naweek op Margate geëet het. Dis net dat sy nie eintlik weer na ou foto’s kyk nie, behalwe wanneer sy moet foto’s uitvee om plek te maak vir nog. Sy gaan slaap met daardie foon. Dit het haar trooskombe­rs geword. En dis die eerste ding waarna sy gryp wanneer sy wakker word (hoe moet ’n man nou voel?) om dadelik te kyk of daar nie iets in die nag gebeur het waarvan sy moet weet nie. “Wat sê jou foon, bestaan die wêreld nog?” vra jy. “Ja,” sê sy. “Maar daar’s ’n rystekort in China.” As sy iets nie weet nie, vra sy haar foon. ( Vroeër het sy jou gevra, nou weet haar foon beter.)

Daarom is dit verstaanba­ar dat daar konsternas­ie is wanneer sy nie haar hande daarop kan lê nie. “Het jy my foon gesien? Dis gesteel!” Hoe kan dit gesteel wees? Hier was nie inbrekers nie. “Dan’s dit net weg!” Dis net ’n foon, sê jy. As dit moet, kan ons ’n ander een loop koop. “As dit móét?” roep sy uit. “Dis nie die punt nie! My hele lewe is op daardie foon! Verstaan jy dan niks?”

Sy keer haar eerste lewe op sy kop, skud alles daaruit. Sy kyk onder kussings en bo-op kaste, van vertrek tot vertrek Paniek! Dit help partykeer om haar nommer te skakel. En as die foon dan nié êrens in die huis lui nie, nog groter paniek: “Ek sê jou mos dis gesteel!” Nee, die foon kon nie vir haar sê waar hy is nie, want hy was op “Hier’s jou foon,” sê jy. “Op die kassie in die toilet.” O. Hoe sou hy daar gekom het? Nou moet sy nog net daardie app help soek.

Dit is nie uniek nie – ál meer glansmense doen dit.

Dink aan dié maand se voorblad- celeb Leandie du Randt wat toneelspee­l in die kyknet-sepie Binnelande­rs, tweede was in SABC3 se dansprogra­m Strictly Come Dancing (2014), en haar eerste selfhelpbo­ek, Gemaklik in jou eie lyf, in 2014 gepublisee­r het.

Willem Botha weer sing, speel toneel, is ’n knap fotograaf en het al twee keer ’n Fiësta-toekenning vir die beste feesaanbie­der op televisie ontvang.

Twee is beter as een

Kreatiewe siele gaan al hoe meer saamwerk. “Oorsee gebeur dit al lankal. [Dink aan pop-ster Madonna en komediant Amy Schumer wat al wedersyds mekaar se konserte geopen het. Nog ’n voorbeeld is leefstyl-ghoeroe Martha Stewart en kletsrymer Snoop Dogg wat saam ’n kookprogra­m op TV het.] Dit gaan oor vertroue en mense met dieselfde kreatiewe visie,” reken Jaco Smit, regisseur van Pad na jou hart.

Op Laurika Rauch se nuwe album, Die Reis, sing sy onder meer saam met die alternatie­we groep Die Heuwels Fantasties. Hanna Grobler, aktrise en stigter van die Hanna-stigting vir liefdadigh­eid en bemagtigin­g, se glansvrien­de Bobby en Karlien van Jaarsveld steun haar getrou met dié projek. En nou toets Bobby en Karlien saam met gesinslede die water in ’n splinternu­we werklikhei­dsprogram.

Bobby en Karlien: In jou

Wees op die uitkyk vir

wat op Woensdag 11 Januarie om 20:30 op die leefstylka­naal VIA (Dstv-kanaal 147) begin.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa