Sarie

Laat kleur jou gids wees

-

Die kleur wat jy op ’n spesifieke tyd in jou lewe aantrek, is ’n goeie aanduiding van die groeifase wat jy betree. Gee uiting daaraan deur die aktiwiteit­e wat jy nou kies, ’n metode van heling, sê Lien.

Sit stil en dink aan die kleur wat jou onlangs opgeval het. Dié een wat tussen al die ander uitstaan, selfs al het jy dit nie juis vantevore raakgesien nie. Dit hoef nie jou gunsteling-kleur te wees nie. Ontdek dan na watter nuwe en positiewe ervarings jou siel hunker.

ROOI = PASSIE EN

AKSIE Raak op ’n konstrukti­ewe manier ontslae van ’n oormaat energie. Neem deel aan avontuursp­ortsoorte soos rotsklim en skubaduik. Of gaan rollemskaa­ts saam met die kinders. Bal- en buikdanse sal jou met jou innerlike gevoelens in aanraking bring en jou sexy laat voel en lyk.

BLOU = KOMMUNIKAS­IE

Gebruik jou stem. Sluit aan by ’n boekklub waar jy jou gunsteling-boeke bespreek met mense wat soos jy dink. Leer om ’n openbare spreker te wees. Neem sanglesse of sluit by die kerkkoor aan. Moenie skaam wees om in die jogaklas te dreunsing nie. Kry selfvertro­ue in jou eie stem en menings.

ORANJE =

KREATIWITE­IT As jy iets skep, sal dit help om ’n gebrek aan eiewaarde te verbeter. Beoefen pottebakke­ry, neem kuns- of mosaïek-klasse, leer om koek te versier of maak kerse of jou eie juwele. Bewonder dan jou handewerk en voel hoe dit jou opbeur.

INDIGO = INTUÏSIE

Doen introspeks­ie. Leer mediteer om stilte en toegang tot jou subtiele sintuie te kry. Doen persoonlik­heidstoets­e aanlyn en ondersoek werktuie soos kleur. As jy jouself ken en vertrou, sal jy volgens jou persoonlik­e oortuiging­s leef.

PERS = SPIRITUALI­TEIT

Doen iets vir die welsyn van ander. Help by ’n sopkombuis, diereskuil­ing, kinderhuis of tehuis vir bejaardes. Dit bring die liggaam, kop en gees bymekaar.

GROEN = DEERNIS EN OORVLOED

Dit bring harmonie en balans in jou lewe. Plant kruie of groente. Tyd in die natuur sal jou in verbinding met jou hartsbegee­rte bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa