Sarie

Hoe tel jy weer kop op?

’n Blaps of ’n skandalige flater wat jou rooi in die gesig het, is erg genoeg. Maar as dit boonop aan die groot klok gehang word – en die hele land (of wêreld) praat daaroor – kan dit jou hele lewe verander. Hoe oorleef jy?

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Sywou ’n baie private foto aan haar man stuur. Maar toe misgis Margaret van Wyk van Schweizer-reneke haar en die foto is reguit na die Whatsapp-groep vir hokkie-ouers by haar kind se skool.

Die storie is nou al wel bekend nadat een van die groeplede hierdie stoute foto verder die kuberruim ingestuur het – sonder om die sender se identiteit te verbloem. En die reperkussi­es van haar glips het Margaret se lewe oornag in hel verander.

Sy en haar gesin het die spot van die nasie geword, die jongste grap om die braaivleis­vuur, die oorsprong van internet-memes wat nie einde kry nie . . .

Ná so iets wonder almal: Hoe op aarde verskyn jy weer in die openbaar? Hoe gaan jy voort met jou lewe?

Dalk het die Amerikaans­e Olimpiese swemmer Ryan Lochte die antwoord. Hy was by die Spele in Rio in ’n yslike skandaal betrokke, maar het kort daarna reeds weer met selfvertro­ue danspassie­s uitgehaal in die 23ste seisoen van die gewilde Amerikaans­e Tv-reeks With the Stars.

Lochte, wenner van twaalf Olimpiese medaljes, en drie ander swemmers was betrokke by vandalisme by ’n vulstasie in Rio ná ’n nag se gefuif. Aanvanklik het hy gesê hulle was die slagoffers van ’n gewapende rooftog, maar later het die waarheid uitgekom. Hy is uit swem geskors en mag ook nie in 2017 aan die Wêreldkamp­ioenskap in Boedapest, Hongarye, deelneem nie.

Hoewel Lochte ’n paar groot borg-

skappe verloor het, verskyn hy al weer in ’n nuwe reeks advertensi­es van Pine Brothers Softish Throat Drops: Forgiving on Your Throat. “Ons maak almal foute, maar dit verskyn nie op die voorblaaie nie. Lochte is ’n fantasties­e ou wat al soveel liefdadigh­eidswerk gedoen het,” het die uitvoerend­e hoof van Pine Brothers, wat dié kontrak beding het, gesê.

Skandes en skades sal daar altyd wees . . . wêreldwyd. En daar sal altyd mense wees wat dit aan die groot klok hang, veral as jy boonop bekend is. Dink maar aan die gholfspele­r Tiger Woods, die akteur Charlie Sheen en oudpreside­nt Bill Clinton se buite-egtelike kaperjolle. Die Britse koningshui­s se prins Charles wat erken het hy wou ’n tampon wees vir Camilla en sy skoonsuste­r Fergie wie se tone deur ’n minnaar gesuig is . . .

Suid-afrika het ook sy kwota “skandes” – klein en groot, onder bekendes en onbekendes. Ferdinand Rabie, wenner van die eerste Big Brother- werklikhei­dsreeks op M-net in 2001, het ’n “besigheids­kaartjie” (’n hopie ontlasting) in die huis se tuin gelaat. Dan was daar die doktersvro­u, (tannie) Manda Reyneke van Pretoria, wat in 2007 ’n affair aangeknoop het met die destydse Blou Bul-rugbyspele­r Deon Helberg. Hy was 26 jaar jonger as sy en haar tienerdogt­er se kêrel. En wie sal die geskinder oor die Sunday Timesrubri­ekskrywer Jani Allan se beweerde verhouding met die (nou ontslape) Awb-leier Eugène Terre’blanche in 1989 vergeet? Of die bom wat in 2006 om Joost van der Westhuizen en sy vrou Amor gebars het oor daardie gewraakte video?

In Jan en San Alleman se lewe is daar natuurlik ook glipse en flaters en skandes, en al haal dit nie noodwendig die hoofopskri­fte nie, is dit vir jou dalk erg genoeg dat die bure of jou gemeenskap of jou werkplek daarvan weet, en dis nooit maklik om te hanteer nie. HOU OP PRAAT, VERMY ALLE MEDIA Anneliese Burgess, media- en kommunikas­iekonsulta­nt, sê enige skandaal het energie en momentum wat jy dadelik in die kiem moet smoor. Sy sê dadelik vir mense in benarde situasies wat by haar aanklop: “Hou op praat – met die pers en op sosiale media.”

Die haastige verskoning direk ná die skandaal, die lang persverkla­rings om jou aksies te verontskul­dig – dit is nuttelose krisisbest­uur, meen Anneliese. “Mense beskou dit nie as eg nie.” Diegene wat na haar toe kom, is gewoonlik uitge- freak, woedend of skaam en wil verduideli­k wat regtig gebeur het.

“Die eerste ding wat hulle wil doen, is om sake reg te stel, hulself te verontskul­dig. Ek sê, haal diep asem, stap eers weg van die kwessie en onttrek van alle sosiale en tradisione­le media.”

Jy sou dink Margaret het die beste ding gedoen – haar hart oopgemaak teenoor die media sodat daar niks sou oorbly om oor te bespiegel nie. Maar Anneliese stem nie saam nie. “Die hele land het oor haar faux pas gegiggel. Maar toe sy met ’n gesinstyds­krif gepraat het, het sy dit net vererger. Mense wat simpatie vir haar gehad het, het dit verloor. Sy het na my mening oorgekom as iemand sonder skaamte, wat haar skandaal in ’n publisitei­tsfoefie wou omswaai. Ek het dopgehou hoe mense teenoor haar verander het – hulle het gemeen geraak. Sy het nie juis enigiets vermag deur haar saak te stel nie,” meen Anneliese. (Margaret het nie gereageer op ’n skriftelik­e versoek van SARIE om deel te wees van die artikel nie.) JANI ALLAN EN E.T. Iemand wat hulle daarop kan roem dat hulle ’n erge skandaal oorleef het, is Jani Allan. In 1987 was sy volgens ’n Gallup-peiling die mens wat die meeste bewonderin­g afgedwing het in Suid-afrika. Twee jaar later was sy ’n bespotting oor haar beweerde

Bly altyd kalm en vermy konfrontas­ie Derika de Villiers

verhouding met Terre’blanche – wat sy ten sterkste ontken. Sy het ook onlangs haar lewensverh­aal in Jani Confidenti­al: A Memoir ( Jacana) vertel. Dié voormalige celeb- skrywer van die Sunday Times woon nou in Lambertvil­le in New Jersey, Amerika – en werk as ’n kelnerin. Sy gesels gemaklik met SARIE oor daardie tyd.

Sy kry steeds nagmerries, vertel sy, van hoe sy in Johannesbu­rg se strate ry, met “Jani en E.t.”-plakkate langs die pad. “Destyds het ek by elke verkeersli­g gestop en die plakkate verwyder.

“Ek is ’n virtuoos in oorlewing en glo alles sal uitwerk as jy met integritei­t leef, gehoorsaam is aan die Here en probeer goed wees vir ander. Dit help nie om in die verlede vasgevang te wees nie. Dit is soos om te bestuur met jou oë op die truspieëlt­jie.”

Sy glo jy moet beheer neem van jou lewensverh­aal. “Ek is tot ’n spotprentj­ie gereduseer ná die skande. Slutshamin­g – dit het ’n groepsding geword, massahiste­rie. Koerant na koerant het die histerie voortgesit.”

Maar sy het goeie lesse uit die skandaal geleer. “Jy leer wie jou ware vriende is. Ek het besef ek het hulle soms om die verkeerde redes gekies. Ek het ’n baie goeie joernalis-vriendin gereeld tuis onthaal, ons het saam sambuca gedrink, soos skoorstene gerook – ek het gedink ons is groot vriende. Toe die skandaal breek, het sy haar rug na my gedraai, soos soveel ander. Roem is van korte duur. Mense word maklik weggegooi in die gemeenskap waarin ons lewe. Jy kan maar net luister na Carla Bruni wat sing ‘Nobody Knows You When You’re Down and Out’. Maar ek is daardeur.” FASES VAN ’N SKANDAAL Anneliese verduideli­k dat skandes verskillen­de fases het en werk soos ’n rouproses: In die eerste fase, die waansin-fase, wil almal meer weet. Dan volg die vergeet-fase, waar die publiek aanbeweeg en die besonderhe­de van die skande begin vervaag. >

< “Dit is belangrik om deur die eerste fase te beweeg sonder te veel drama. Jy moet die skande nie suurstof gee nie – sodat dit kan sterf. Dit keer dat die publiek te fel reageer. En as die mensdom dinge so ’n bietjie begin vergeet, is dit tyd om eg en eerlik te wees. Die wêreld moet sien jy is jammer oor jou fout, sodat hulle met jou kan identifise­er en dink, ‘maar dit kon ook met my gebeur het’.”

Derika de Villiers, ’n sielkundig­e van Pretoria, sê dit help as jy hou by die feite, nie betrokke raak in onnodige detail nie en net die nodigste sê. “Bly altyd kalm en vermy konfrontas­ie. Moenie toelaat dat mense jou uitlok tot onnadenken­de reaksies nie. Erken skuld en neem verantwoor­delikheid vir jou dade en probeer aan ’n oplossing werk. Verskaf ’n rasionele verduideli­king en wys veral berou vir enige seer of pyn wat die skande veroorsaak het by wie en waar dit ook al ’n impak gehad het.”

Anneliese reken Tiger Woods se seksskanda­al (hy het sy vrou, Elin Nordegren, met verskeie vroue verneuk) is ’n klassieke voorbeeld van hoe jy ’n skandaal “rég” hanteer. “Toe sy seksdade op al die koerantvoo­rblaaie en TVnuus in die wêreld verskyn het, het hy geswyg, niks verduideli­k nie. Hy het ’n ruk lank van die toneel verdwyn en toe hy later terugkom, het die publiek al aanbeweeg en was hulle gereed om te hoor wat hy sê.”

Met ’n skandaal is dit dus baie belangrik wanneer jy praat, hoe jy praat, hoe baie jy praat en teenoor wie jy praat, meen Anneliese.

Amor Vittone, wat al dikwels met die media gepraat het oor haar lewe, wil nie nou meer oor die skandes van die verlede praat nie. “Joost is te siek, ek wil hom nie ontstel nie. En ek wil ook nie hê my kinders moet meer daaroor lees nie. Eendag sal ek dalk nog ’n boek skryf.”

Anneliese reken mense kan te veel van hul persoonlik­e lewe met die media deel. “As jy oor daardie streep trap, ondermyn jy jou waardighei­d,” sê sy. “Intieme detail oor die gesin en jou familielew­e is privaat.”

Een ding staan vas: Amor het dit reggekry om kop omhoog voort te gaan, ná alles. Sy bied onder meer Skoonma-setong op Via (Dstv-kanaal 147) aan, het pas vier liedjies op itunes bekend gestel, einde verlede jaar (2016) ’n maand lank die rol van Zelda in die SABC2sepie 7de Laan gespeel, sy is ’n gewilde motivering­spreker en toegewyde ma vir Kylie (10) en Jordan (13).

Manda, wat in die pers as ’n cougar bekend gestaan het, erken sy het nog nie juis in haar persoonlik­e lewe aanbeweeg soos sy graag sou wou nie. “Ek het joernalist­e blindeling­s vertrou en later besef die meeste publikasie­s wou sensasie hê sodat hulle beter verkoop. Ek het intussen my van verander, juis om te probeer ontsnap van alles. Toe my dogter onlangs getroud is, het die pers weer alles uit my verlede opgerakel. Dit is asof ek net nie kan wegkom daarvan nie. Baie vriende het die pad gevat, maar ek is dankbaar vir dié wat deur alles by my gestaan het. Ek het wel vrede gemaak met my egskeiding. En gelukkig is ek nie ’n celeb nie. Dit is nie asof mense op my afstorm op straat nie.” Sy het ook ’n boek oor die voorval geskryf, maar kry dit nêrens gepublisee­r nie.

Ferdinand Rabie van Big Brother het ’n koelkop-benadering oor sy blaps: Almal maak foute, jy moet maar net lag en aangaan. “Mense wys so maklik vinger, maar hoekom sal jy nou stres. Wat gaan dit help?” vra hy. VERGEWE JOUSELF Maar hoe gemaak as jy nie die hanterings­meganisme van ’n Ferdinand Rabie het nie?

Derika meen om in ’n skandaal betrokke te wees eis baie emosionele energie. “Jy wil net weghardloo­p van jou probleem, maar dit maak dit nie beter nie en sal nie weggaan nie. Raadpleeg ’n sielkundig­e of familielid of vriend om jou emosioneel by te staan, iemand wat jy vertrou. Jy voel dan nie so alleen nie.”

Anneliese se raad: “As jy in die middel van ’n krisis of skandaal is, hoe groot of klein ook al, moet jy jou persoonlik­e balans vind. Ek sê vir almal hulle kan enige krisis oorwin, jy sál daardeur kom – maar jy moet geduldig wees. Die stem in jou kop tydens die waansin-fase is gevaarlik, dis nie rasioneel nie. Ignoreer dit. Soos jy geleidelik deur die fases beweeg, sal jy jou ware stem vind om die skandaal te neutralise­er. Jy moet deur ’n tyd van introspeks­ie beweeg.” Vir Derika is dit belangrik dat jy ook vrede maak met jou eie fout of skande, dat jy jouself moet vergewe vir wat gebeur het, sodat jy kan aanbeweeg, al kan jy nie noodwendig heeltemal vergeet nie. “Selfvergif­nis is ’n belangrike stap om deur die trauma en chaos van die skande te werk. As jy nie jouself vergewe nie, bly jy ’n gevangene van die woede, haat en seer wat met die hele situasie ontwikkel het.

“Vergifnis is ’n keuse, nie ’n gevoel nie, dus moet jy ’n doelbewust­e besluit neem om jouself te vergewe sodat jy kan aangaan met die lewe en jou hart kan oopmaak vir vreugde, geluk en blydskap wat weer daaraan sal kom klop.

“Vergifnis verander nie die verlede nie, maar dit bied jou positiewe opsies vir jou toekoms. Moenie vashaak by negatiwite­it nie, gooi daardie ketting af sodat jy ’n volle lewe kan lei,” sê Derika. INLIGTING Derika de Villiers derika.psychologi­st@yahoo.com, 072 400 7303

As jy in die middel van ’n krisis of skandaal is, hoe groot of klein ook al, moet jy jou persoonlik­e balans vind Anneliese Burgess

Nog altyd gevoel soos die lelike eendjie wanneer jy alleen reis? Sprei jou vlerke, meer as die helfte van vroue het in ’n onlangse opname aangedui dat hulle vanjaar beplan om alleen te reis danksy die vryheid wat dit hulle gee om te doen wat hulle wil. Volgens Lonely Planet is dit dié trend vir 2017, met ’n toename van 230% in die aantal reisagents­kappe net vir vroue wêreldwyd.

Sit dit af! Verlof was in die verlede vir baie byna ’n skelwoord, maar dit lyk asof die idee weer ernstig veld wen. Boonop besef ál meer mense hoe sleg dit is vir jou gesondheid indien jy nie heeltemal afskakel van werk-e-pos en sosiale media nie, tog sukkel ons om die naelstring heeltemal te knip. In ’n peiling deur Huffington Post is bevind meer as 75% van mense wil dit doen, maar net 38% kry dit reg.

Dalk het dit nog nie plaaslik vlamgevat nie, maar onderwater-ervarings maak opgang. Ja, jy kan inderdaad nou verblyf in ’n hotel of restaurant onder die water bespreek. Van dié plekke kan jy net bereik as jy skubaduik, maar daar is darem ook opsies as jy nie so vaardig soos ’n vis is nie. (www.adventures­tudenttrav­el.com)

Onverwagte uitgawes op ’n vakansie, soos die prys van drankies, of die rand wat eensklaps val, kan as ’n skok kom vir jou begroting. Daarom kies al hoe meer mense pakkette wat alles insluit – van ontspannin­g tot alle etes en drinkgoed. Topbestemm­ings vir dié opsie is die Kanariese Eilande, Mauritius, Griekeland, Bulgarye en Ciprus.

bly steeds in Melville. In 2009 het ek ’n internskap van vier maande by ’n produksiem­aatskappy in Santa Monica gedoen en verlief geraak op LA. My plan was om ’n manier te vind om hier te mag woon en werk, want Amerika is baie streng met die toestaan van werkvisums. Ek en ’n vriendin het toe in Johannesbu­rg begin om aanlyn komedieske­tse te maak. Een van my kontakte hier het dit gesien en my in 2013 gevra om vir sy produksiem­aatskappy te kom werk.

Was dit moeilik om in te skakel of het jy gou vriende gemaak?

Gedurende my internskap destyds was ons ’n groepie jongmense wat nie een van LA was nie en ons was almal uit ons gemaksones. Ons het baie op mekaar gesteun en hegte bande in ’n kort tydjie gevorm. Toe ek terugtrek, het ek darem ’n paar goeie vriende hier gehad en dan leer ken jy maar mense deur werk en gemeenskap­like vriende.

Dis nietemin nooit maklik om na ’n nuwe land te trek nie. Maar Amerikaner­s is vir my baie oop en vriendelik­e mense wat graag ’n gesprek met ’n vreemdelin­g aanknoop. In dié opsig maak dit dit effens makliker om nuwe mense te leer ken. Veral as jy ’n aksent het.

Het jy al bekende rolprentst­erre in die openbaar gesien daar?

Hier woon baie akteurs en musikante. Dit gebeur gereeld dat jy by ’n winkel of restaurant is en dan herken jy iemand daar. Ek spot altyd dat ek al van die bekendste mense in Wholefoods, ’n groot supermark wat organiese produkte verkoop en ’n bietjie duurder as die algemene koswinkel is, gesien het. En in Staples, wat byna soos ’n Postnet is.

Die top-ontmoeting was met Chris Pine. Hy en sy vriend, Zachary Quinto (al twee van Star Trek), het langs my gesit in ’n Italiaanse restaurant en my gevra of my macaroni-en-kaas lekker is. ’n Ander keer het ek toevallig vir Mark Ronson, een van my gunsteling-musiekverv­aardigers, ook by ’n restaurant raakgeloop.

Omdat ek meestal op stel is vir Tv-reekse, ontmoet ek ook heelparty bekendes daar. Halle Berry was die eerste groot Hollywood-ster met wie ek kennis gemaak het. Sedertdien was ek al saam met LL Cool J, Paul Giamatti, J.K. Simmons, Kristen Bell, Don Cheadle, Emma Stone en Steve Carell op stel. Wat ’n voorreg en ’n leerskool!

Wat doen jy oor naweke?

Ek gaan graag strand toe, ’n luukse vir iemand wat in Johannesbu­rg grootgewor­d het. Hier is ook baie staproetes in en om LA wat ek aanpak. Dan is daar in die somer elke week buitelug-konserte en -rolprente. Ek probeer ook om gereeld na musiekkons­erte te gaan. Natuurlik fliek ek baie en is mal oor uiteet saam met vriende.

Het jy nog bande met SA en sal jy terugkom?

Ek voel waarlik bevoorreg dat ek in Afrika kon grootword! SA is ’n baie spesiale plek met spesiale mense. My hart is daar en die meeste van my goeie vriende en familie woon steeds daar. Maar ek bly baie lekker in LA en hier’s meer werk vir my. Wie weet wat die toekoms inhou, maar vir nou is dié stad my huis!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa