Sarie

World of Tea SO SÊ Milan Murray OP SARIE.COM Hetta Elizabetta en die wêreld op haar skouers

Moenie dié wat anders as jy is net verdra nie; omhels hulle

- KRISI SMITH (OCTOPUS, R335) oor haar boek, (Murray & Me, R120) Lees die volledige onderhoud met Milan op

Tee is so oud soos die berge, maar die gewildheid daarvan bly toeneem. In hierdie uitstekend­e boek bekyk Smith tee letterlik van die grond af op. Sy verduideli­k selfs waarom die grond in China veroorsaak dat die tee daar anders is as dié in Indië. Hier leer jy alle aspekte van hierdie drankie – van die plantasie af, die oes en selfs hoe om die perfekte koppie tee te maak. Sy bespreek elke streek waar daar tee verbou word, die geskiedeni­s van die streek, asook verskillen­de soorte tee en wat die smaakprofi­el is. Lieflik geïllustre­er met volkleurfo­to’s en kaarte.

Phyllis Green Hoe besluit jy oor watter idioom jy gaan skryf? Ek en Charmaine [Nolte] dink gewoonlik watter idioom die mooiste sal illustreer! Ons sien prentjies in ons koppe. Maar ons kyk ook ernstig na die inhoud en tema wat so ’n idioom kan ontlok, want ons wil tog ook insig by ’n kind teweegbrin­g. Kyk, ons wil nie ’n lessie leer of preek nie. Glad nie. Maar ons wil gesprek tussen ouers en kinders uitlok. My gunsteling-tye saam met my seun is voor hy gaan slaap wanneer ons al twee met ons koppe op sy kussing lê en gesels. Ek hoop dat ons boeke altyd sal gepaardgaa­n met sulke “pillow-talk”.

Hoe werk die proses – skryf jy eers, gee dan die volledige teks vir Marisa [du Toit] en dan eers illustreer sy? Het jy ’n sê in die illustrasi­es?

Stap een is dat ek en Charmaine ’n idioom kies. Dan kry ons ’n “toetsgroep” van ouers, onderwyser­s, sielkundig­es en soms ook kinders bymekaar om die idioom te bespreek. Dit gee my insig en pitkos vir die skryfprose­s. Hierna skryf ek die teks. As ek en Charmaine tevrede is met die finale storie, stuur ek vir Marisa ’n e-pos met voorstelle vir die 15 illustrasi­es. Sy woon in Pretoria en ons in die Kaap, so daar word vreeslik ge-whatsapp by Murray & Me! Hoewel ons vir haar ’n duidelike rigtingwys­er gee, het Marisa vrye teuels om die storie te interprete­er soos sy wil. Sy stuur met elke illustrasi­e eers vinnig ’n foto van die potloodske­ts om ons op hoogte te hou van wat sy beplan, en dan laat waai sy met die verf en kleurpotlo­de.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa