Sarie

Hoe rooier,

Vurig en passievol . . . so voel ons oor mooi aantrek. Volrooi, knalrooi, nuwejaar#rooi – in 2017 sit rooi woema in jou stap en styl in jou klerekas

- DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER

MODE-INTERN LEZAAN NEL GRIMERING EN HARE

MODEL

FOTOGRAAF SE ASSISTENT SAM BOWKER

Botox stryk fyn lyntjies op jou voorkop en om jou oë uit, vullers plomp dieper plooie uit, diep chemiese afskilferi­ng ( peels) en laser maak hiperpigme­ntasie (donker vlekke) ligter. Dit is maar ’n paar van die behandelin­gs om te beproef in die nuwe jaar.

Selfs die sogenaamde vampier-gesigsbeha­ndeling wat danksy werklikhei­dster Kim Kardashian in die kollig is, is in SA beskikbaar. Met dié behandelin­g, ook bekend as plaatjiery­ke plasmabeha­ndeling (PRP), word jou bloed getrek en dan vinnig in ’n toestel gespin om die geel bloedplaat­jieryke plasma van die res van die bloed te skei. Die plasma, wat groeihormo­ne bevat, word dan óf in jou gesig gespuit óf oor jou gesig gesmeer, waarna ’n estetiese dokter ’n spesiale pen met fyn naalde oor jou gesig trek om die plasma in jou vel in te druk (’n verdowings­room help om die pyn te verlig). Dit help om kollageen en elastien aan te wakker vir ’n gesonder vel. Die dokter sal jou vel ondersoek en bepaal hoeveel behandelin­gs jy nodig het, het dr. Anushka Reddy, ’n estetiese dokter van Johannesbu­rg, verlede jaar by ’n mediagelee­ntheid gesê. Die eindresult­aat hou sowat 18 maande, volgens haar.

En as jy werklik waaghalsig is, kan jy vaginale verjonging ( vaginal rejuvenati­on) beproef wat radiofrekw­ensie-tegnologie inspan om die skaamlippe te help verferm.

Vele meer behandelin­gs is op die spyskaart, ook vir bv. selluliet en vetverlies. Vir die meeste skoonheids­probleme is daar nou ’n (vinnige) oplossing.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa