Sarie

ENERGIEK dis rooi! WAAGHALSIG

Vanjaar vier ons die somer met rooi – in jou parfuum, op jou lippe én op jou oë 1

-

Klassiek

Elizabeth Arden Red Door Rooi roos

Ryk blomgeur Rooi sterbestan­ddeel Het jy geweet?

Roos is bekend as die koningin van blomme en word al vir honderde jare in die parfuumbed­ryf ingespan. Ons vereenselw­ig dit met romanse en liefde. Dié noot is veral gewild omdat dit van persoonlik­heid verander: Dit kan soet, peperagtig of vars ruik na gelang van die ander note waarmee dit gemeng word. Deesdae word dit met bv. swaarder houtnote gemeng om ’n parfuum ’n uniseks-gevoel te gee.

Helderrooi vir jou lippe

’n Rooi vir almal. Dit bly ’n staatmaker, want dit pas by enige veltoon omdat dit ’n neutrale ondertoon het, sê Raine Tauber, senior grimeerkun­stenaar van M.A.C. Daar is nie ’n geleenthei­d waar dié klassieke kleur nie tuis is nie. Dra dit in die dag, aand, somer en winter.

Avontuurlu­stig

Calvin Klein Deep Euphoria Black Magic-roos

Vars speserygeu­r Rooi sterbestan­ddeel Het jy geweet?

Nee, die roos is nie swart nie. ’n Gitswart roos kon niemand nog kweek nie. Dié unieke roos, wat in die 1990’s in Duitsland gekweek is, het ’n diep maroenkleu­r met dikker fluweelagt­ige blare en stel ’n soet geur vry. Hoewel rose algemeen in die parfuumwêr­eld ingespan word, is dit meestal die damasroos en meiroos wat gebruik word. Dit is nie aldag dat jy ’n swartroosn­oot in parfuum kry nie.

Dieprooi vir jou lippe

Dié kleur is steeds ’n reuse-trend in die skoonheids­wêreld, sê Raine. As jy waaghalsig genoeg is om hierdie skakering te dra, kies ’n lipstiffie met ’n matafwerki­ng. Dit het houkrag en smeer nie maklik nie. “Om die kleur modern te laat lyk, moet jy die res van jou grimering baie eenvoudig hou.”

Verleideli­k

Agent Provocateu­r Fatale Intense Brandrissi­e

Oosterse blomgeur Rooi sterbestan­ddeel Het jy geweet?

Die klein, vurige vrug, wat sy oorsprong in Suid-amerika het, is goed bekend in die koswêreld. Dit is gevul met vitamien A en C en net ’n klein bietjie, vars of gedroog, gee heerlike byt aan ’n gereg. In parfuum sorg dit vir ’n warm, speseryagt­ige geur en is gewoonlik deel van parfuums wat in die swaarder Oosterse afdeling val.

Oranjerooi vir jou lippe

’n Rooi lipstiffie met ’n effense oranje ondertoon laat jou jeugdig en vars lyk. Dit komplement­eer ’n ligter vel en blou of groen oë uitstekend, sê Raine. Dit is ook die perfekte skakering vir die dag én die somer.

Estée Lauder Modern Muse Swart kersie

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa