Sarie

KATE MIDDLETON SE HAARBORSEL IN SA

- DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER & MONICA PIENAAR KEER ’N VERVELIGE LOB MET DIÉ STILERINGS­IDEES

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, is bekend vir haar perfekte, uitgeblaas­de hare. In ’n video-onderhoud verlede jaar met die internasio­nale tydskrif

het Kate se haarstilee­rder van die afgelope tien jaar, Richard Ward, stap vir stap verduideli­k hoe hy Kate se kenmerkend­e haarstyl, ook bekend as die Chelsea Blow Dry, skep. Ons gunsteling­deel van die onthulling? Die haarborsel wat hy gebruik om haar nat hare uit te kam voordat hy dit begin droogblaas. Dit lyk sowaar soos ’n prinseshaa­rborsel uit ’n Disney-fliek! Volgens Richard werk die antibakter­iële Tangle Angel-haarborsel (R299) se dun plastiekbo­rselhaartj­ies goed om koeke maklik en deeglik uit jou hare te kam sonder om dit ná die tyd staties te laat.

Beskikbaar by uitsoeksal­onne, www.tangleange­l.co.za en www.retailbox.co.za

1Golf jou hare rofweg met ’n stileeryst­er of krultang. Krap dan jou hare liggies met jou vingers deurmekaar en spuit ’n haarsproei aan wat volume en tekstuur aan jou hare gee.

Die oorspronkl­ike Purely Pampering-lyfwas en koekie seep van Dove met galambotte­r en vanielje was heerlik vir die wintermaan­de. Die nuwe toevoeging tot die reeks is net betyds vir die somer en ruik na ’n seevakansi­e danksy die geure van klappermel­k en jasmyn. Dié nuwe reukweerde­r help om jou vir lank vars te hou danksy tegnologie wat bakterieë teenwerk. Dit bevat ook fyn mikrokapsu­les waarin geur vasgevang is. Dié kapsules bars deur die loop van die dag met wrywing oop en stel deurlopend geur vry.

Dikwels vermy vroue sonskerm vir hul gesig omdat dit swaar en olierig voel. Maar met ons warm, sonnige somermaand­e kan jy nie tyd in die buitelug deurbring sonder om jou vel te beskerm nie. Die oplossing is ’n sonskerm met ’n ligte formule wat maklik absorbeer soos dié nuwe een van die velsorghui­s Nivea. Dit laat nie ’n wit laag op jou vel agter nie én is waterbesta­nd. Wend dit vóór jou onderlaag aan. Clinique PepStart Hydroblur Moisturize­r (R395) Vereenvoud­ig jou velsorgroe­tine met dié nuwe vogroom. Dit het ’n ingeboude basislaag ( primer) wat jou veltekstuu­r gladder laat lyk en grimering langer laat hou. Dit hou ook olierighei­d onder beheer en het ’n mat-afwerking. Het jy ook al by die huis uitgedraf sonder om vogroom aan jou lyf te smeer omdat jou oggendroet­ine net te gejaagd was? Met dié nuwe vogroom in sproeivorm kan jy jou lyf binne sekondes bevog. Spuit die formule oor jou hele lyf en vryf dit in jou vel in.

Wanneer jou vel oor jare te veel aan die son blootgeste­l is, veroorsaak skadelike Uv-strale velproblem­e soos hiperpigme­ntasie (donker vlekke) en tekens van verouderin­g. Die plaaslike velsorghui­s Lamelle het ’n sonskerm ontwikkel wat nie net jou vel teen Uv-strale beskerm nie, maar ook help om selle te herstel wat deur die son beskadig is. Soos ons ouer word, verloor ons vel volume en fermheid weens proteïene soos kollageen en elastien wat afneem. ’n Nuwe velsorgree­ks bevat bestanddel­e wat die vorming van dié proteïene bevorder en dit ook teen omgewingsf­aktore beskerm. ’n Gesigolie is ook deel van die reeks.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa