Sarie

Stories Nuwetrend DIE 90’S SE KARTELS IS TERUG

2

- Fix DEUR CHARIS VAN DEN HEEVER

Haarmodes uit vorige dekades geniet elke nou en dan weer ’n oomblik in die kollig. Eers was dit die herlewing van die toe die mikrokuif, en nou lyk dit asof die 90’s se gekartelde ( crimped) hare óók ’n terugkeer maak. Die kartels gee tekstuur en volume aan jou hare – byna soos wanneer jy jou hare sou pluiskam ( maar sonder dat dit grof en vol koeke is. Dit kan selfs fyn hare voller laat lyk, berig die Amerikaans­e skoonheids­tydskrif aanlyn. Boonop is hare met ’n gekartelde tekstuur ’n goeie basis vir ’n meer formele opstyl. Die beste manier om die voorkoms te skep is om ’n spesiale kartel-hittetoest­el te gebruik. Gebruik altyd ’n produk wat jou hare teen hitte beskerm vóór jy dit kartel. Wend dan ná die tyd ’n stilerings­produk aan wat kroeserigh­eid voorkom en glans gee.

Middelpaad­jies lyk veral sjiek saam met gladgestry­kte hare. Steek jou hare agter jou ore in om die styl ’n moderne kinkel te gee.

’N BOTTELTJIE SERUM NÉT VIR JOU

Nie een van ons het presies dieselfde velkwessie­s nie. Daarom het die velsorghui­s ’n serum bekend gestel wat fokus op jóú unieke probleme. Voordat jy met ’n botteltjie wegstap, ontleed ’n konsultant jou vel en stel die serum saam. Dit bestaan uit ’n basis waarin 2 konsentrat­e, wat jou twee grootste velproblem­e behandel, gemeng word. Altesame 5 konsentrat­e is beskikbaar en behandel verouderin­g, rooiheid, vaalheid, vergrote porieë en ’n growwe veltekstuu­r. Gebruik dit daagliks vóór jou vogroom. Met ons warm somermaand­e kan jy maar ’n ekstra produk by jou grimeerroe­tine voeg: ’n gesigsproe­i. ’n Paar spuite in die oggend ná jy gegrimeer het, hou jou grimering in plek, en in die middag verfris dit jou vel. Probeer een van dié produkte: 1. Vitamien A en C in Avon Makeup Setting Spray (R149) help om skade aan jou vel weens omgewingsf­aktore te voorkom. Skakel 0860 102 345 2. Spuit dit vóór of ná jou grimering aan om olierighei­d te beheer – Bodyograph­y Pro Ready, Set, Go Makeup Setting Spray (R340). By uitsoektak­ke van Placecol-, Dream Nailsen Perfect 10-salonne 3. Trots SA! Die formule van Me & Youth Quick Makeup

(R250), wat ook jou vel bevog, bevat strelende rooswater en aalwyn- en komkommer-ekstrak. Beskikbaar by uitsoeksal­onne of besoek www.meandyouth.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa