Sarie

Woon maak baie mooi

Kikker jou hele huis op met ’n tikkie rooi in elke vertrek – so vir die nuwe jaar. Dit gee sprankel en energie, en dit werk saam met elke kleur onder die son

- DEUR ANITA ROSSOUW & LOUNETTE FOURIE arossouw@sarie.com lfourie@sarie.com FOTO’S HENK HATTINGH

MET HOUT, JA!

Hout is een van die gewildste vloerbedek­kings. Dit skep ’n knus voorkoms, is maklik om skoon te maak en daar is ’n groot verskeiden­heid opsies beskikbaar, van soliede houtvloere tot inklikvini­elplanke soos dié van Van Dyck uit hul Verso-reeks. Sorg dat jy ’n klein ontploffin­g van kleur het in ’n wit vertrek sodat dit nie steriel en koud lyk nie. Hier is rooi blomme, ’n skildery en ’n oopvou-lêer op die wit klavier gebruik.

PLAK ’N FOKUSMUUR

Rooi-en-pienk is ’n treffende duo. Dis sexy en gesofistik­eerd. Gebruik die kleure saam in ’n woonkamer deur ’n stoel of bank met pienk stoffeerma­teriaal, verkieslik fluweel, te laat oortrek. Vir so ’n stoel sal jy ongeveer 2 m materiaal benodig, maar die held in hierdie vertrek is die fokusmuur met Eijffinger se Pip 313115-plakpapier (sowat R5 560 per paneel, 186 cm breed x 280 cm hoog) wat lyk asof dit geborduur is. Dit word in Suid-afrika eksklusief deur Dreamweave­r Studios versprei.

DIE MOET-HÊ’S

Die macramé-muurbehang­sel (R600) maak ná al die jare weer sy verskyning en is nou hoogmode. House of Grace gee dit ’n splinternu­we voorkoms met ombré fraiings. Onthou, elke huis moet dié seisoen ’n potplant of twee hê. Gebruik interessan­te houers hiervoor, soos die roosgoue een (R149) van H&M of ’n terracotta-pot (te kry by kwekerye). Die sisalmat met rooi omboorsel (pryse wissel na gelang van grootte) is van Rowley & Hughes, die sytafel (R3 695) is van Loft Living en die kroegstoel (R1 295) is van Block & Chisel. Soortgelyk­e strooikuss­ings (vanaf R129), H&M.

DIEPROOI VIR DIE BADKAMER

Dit is seker die laaste plek waar jy gedink het rooi kan werk, maar gekombinee­r met ’n kraakwit luukse bad het jy ’n spa-kamer vir elke seisoen. Die klassieke swart-en-wit vloer verleen sofistikas­ie en ’n bietjie drama aan die badkamer. Die paneelwerk rondom die bad is so geïnstalle­er dat dit ’n rak rondom die vertrek vorm. Die uitstalrak se stutte is wit geverf om die oog na die skildery te lei. Besoek Bathroom Bizarre (www.bathroom.co.za) vir ongewone baddens, krane en teëls. Soortgelyk­e rooi verfkleur is Volcanic Splash 2 van Dulux.

#ROOI- OP-ROOI EN ’N BIETJIE BLOU

diagonale strepe op gelyke afstande op die voorkant en merk liggies met potloodstr­epe. Knip lint langer as die strepe, steek dit in posisie vas en plak ook aan agterkant. Druk drukspyker­s in waar dit op voorkant kruis. Plaas voltooide aansteekbo­rd in raam.

Sien video Plantsakki­es by SARIE.COM> WOON>MAAK dit self. (vanaf R175 van Skinny laminx), blou beker (R250) van Woolworths en bordjie (R35) van @home.

DEK MET ROOI

Op ’n geskropte houttafel lyk rooi breekgoed net so treffend soos op ’n kraakwit tafeldoek. Plekmatjie­s (vanaf R19,99), Mr Price Home. Kolletjies­servette (R129 vir 2) van Country Road Home, servette met groter kolle (R55 elk) en met rygsteke (R79,99 vir 2) van @home. Die eierkelkie­s (R55 elk), pienkrooi-en-wit slaaibak (R199) en bypassende bakkie (R99), ligblou bord (heel links) en bakkie met aarbeie in, roomkleur bord (almal R55 elk) en die bedrukte dienbord heel regs (R499) is van @home. Messegoed is die stilis s’n, soortgelyk­es by Woolworths en @home.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa