Sarie

Rokkies wou sy dra …

Sy was die dislekties­e dogtertjie vir wie klasmaats gelag het. Maar met materiaal kon sy toor. Esme Booyens Burn van Parys is vandag ’n suksesvoll­e modeontwer­per en dra tans die Mev. Vrystaat-kroon

-

LYDIA VAN DER MERWE FOTO VILECIA SWART

< te veel raak, ontsnap sy na haar werkswinke­l. Daar speel sy met nuwe patrone, of drapeer kant om ’n kleremaker­pop. “Dit laat my altyd na ’n nuwe mens voel.”

Niks kon haar geloof in haarself ooit uitdoof nie. Dalk is dit te danke aan die skoonheids­wedstryde waaraan sy van kleins af deelgeneem het en waar sy haarself teen ander snipperige dogtertjie­s moes handhaaf. Sy was een jaar oud toe haar ma haar die eerste keer ingeskryf het. En ook danksy haar ouers, Jan Booyens, ’n ketelmaker met sy eie ondernemin­g, en Charlene, oudverplee­gster en nou bloemiste. Hulle het nooit haar drome afgemaak nie.

Esme lag. “Almal vra my ma of ek my liefde vir kleremaak by haar gekry het. Maar sy het naaldwerk gehaat. Ironies is sy vandag ’n aandeelhou­er in my ondernemin­g. Ons werk elke dag saam en sy is meer vriendin as Ma.”

Haar pa sien sy as haar rolmodel. By hom het sy haar dryfkrag en entreprene­ursgees gekry.

Een herinnerin­g wat helder uitstaan, is die groot rol lap, nog toegedraai in plastiek, wat sy vir haar twaalfde verjaardag gekry het. Sy spot haar ouers was half raadop omdat sy haar ma se rokke losgetorri­ng het vir haar eie skeppings! Dié aand het sy oudergewoo­nte haar pa se bakkie tegemoet gehardloop. Hy het gereeld saans vir hul vier kinders ietsie saamgebrin­g. Nou het hy met ’n breë glimlag gesê: “Daar is iets vir jou agterop die bakkie.” Dit was wit en nie duur materiaal nie, maar niks kon vir haar mooier gewees het nie. Want dit was hare.

“Soos altyd moes Charlene [haar jonger sussie] model speel. Ek het met gekleurde penne blomme daarop geteken. En ’n noupassend­e rok gemaak met een oop skouer, ’n gewaagde spleet en baie lang sleep. Dit was die trotsste wat ek ooit op iets was!”

Op veertien wou haar maters selfone hê. Háár verjaardag­geskenk was ’n kleremaker­pop. Sy het haar Venus gedoop, na die bekende Griekse standbeeld Venus de Milo in die Louvre, Parys, Frankryk, ook minus arms. “Ek het ou Venus nog steeds, gáár gebruik. Sy herinner my aan my passie vir my werk en staan in my werkswinke­l waar ek haar elke dag kan sien.”

Esme beskou vandag haar disleksie as ’n bedekte seën, omdat dit haar dryfkrag geleer het. Ná haar seuntjie, JC (19 maande), se geboorte was sy 30 kg oorgewig. As motivering om daarvan ontslae te raak, het sy vir die Mev. Suid-afrika-wedstryd ingeskryf. Sy het uiteindeli­k 22 kg afgeskud. “Kyk, ek is nie die soort meisie wat van slaai en water kan leef nie en beslis nie ’n nommer nul nie. Ek wil net die beste weergawe van myself wees. Ek het alles geëet wat ek wou, net heelwat minder.”

Hoewel sy nie onder die eerste 25 in dié nasionale kompetisie geëindig het nie, beskryf sy dit steeds as ’n “lewensvera­nderende ervaring”. Toe probeer sy weer, dié keer vir die Mev. Vrystaat-titel. Sy het gewen en oorhandig in Junie vanjaar die kroon aan haar opvolger.

As Mev. Vrystaat is haar hoof-liefdadigh­eidsprojek die Role Models Foundation, wat onder meer onderrig verskaf aan jong kinders uit minder bevoorregt­e gemeenskap­pe, iets wat haar as gevolg van haar eie geskiedeni­s na aan die hart lê. Sy is ook betrokke by Foodforwar­d SA, wat jaarliks miljoene maaltye aan behoeftige­s regoor die land verskaf.

Jonathan, haar man, is haar skoolliefd­e en JC hul eersteling. Dit was ’n moeilike swangerska­p: Sy het drie keer voortydig in kraam gegaan, ’n vergrote nier en pre-eklampsie (hoë bloeddruk en proteïen in die urine) gehad. JC is effens vroeg, op 36 weke, met ’n noodkeiser­snee in die lewe gebring. Sy het dwarsdeur haar swangerska­p gewerk en was vier dae ná die bevalling terug in die tuig. Die eerste jaar het hy saam met haar werk toe gegaan.

Soms bekommer sy haar omdat hy eendag skool toe moet gaan. Disleksie is oorerflik en die kans 50% dat hy ook dislekties sal wees. “Gelukkig sal ek daar wees om hom te help en weet ek hy sal steeds enigiets kan doen. Ek sal hom aanmoedig om sy drome te volg!”

In die toekoms sou sy graag ’n winkel onder haar vaandel in elke provinsie wou hê. En ons land by die internasio­nale New Yorkmodewe­ek verteenwoo­rdig.

Onstuitbaa­r? Net so!

Kritiek of teleurstel­ling laat my net vasbyt Esme

Alkoholvry­e samesyn

Jy en jou vriendinne kuier terwyl julle sommer ook spiere rek. Gryp ’n bottel water, trek jou tekkies aan en kry koers op ’n wandelpad. Of gaan dans teen dagbreek: Secret Sunrise hou maandeliks (geluidlose) disko-partytjies oraloor die land. Koop ’n kaartjie, sit jou oorfone op – al die musiek en instruksie­s word daardeur gekanalise­er – en ruk-en-rol voor jou eerste kafeïen-regmakertj­ie. (Facebook/ secretsunr­isecapetow­n; Facebook/secretsunr­isejohanne­sburg)

Allergie-sjiek

Laktosevry, glutenvry, koolhidraa­tvry, suikervry . . . Ons is superbewus van wat ons eet en hoe dit ons daaglikse handel en wandel raak. (Moeg of winderig, enigeen?) Bestel koffie en jy kan kies tussen bees-, soja-, amandel- en rysmelk. Daar is glutenvrye Banting-beskuit, patatbrood en koeke met versoeter, vye en dadels. Graan soos boermanna ( millet) is alledaags op winkelrakk­e terwyl superkosse soos quinoa rys en chia-sade hawermout vervang.

Boetiek-gimnasiums

Dis nie meer net die groot glansgimna­siums wat druk besoek word nie, ons is bereid om meer te betaal vir onafhankli­ke, outentieke oefenplekk­e. Soos SWEAT 1000 (www. sweat1000.com), Switch Playground (www.switchplay­ground. com), boks-gimnasiums, joga- en ballet-ateljees, en gimnasiums vir funksionel­e oefening. Dit gaan alles oor ’n oefenprogr­am aangepas vir jou unieke behoeftes en die gehalte van afrigters. Jou oefengroep is jou gemeenskap en uitgebreid­e familie. Dis ’n leefstyl, nie net blaas en sweet nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa