Sarie

Borrie vir bedrukthei­d?

Borrie word al eeue lank in volksgenee­skunde gebruik. Nou is daar ’n groeiende lys toestande waarvoor dit dalk voordelig kan wees, insluitend­e Alzheimers­iekte en depressie

- LYDIA VAN DER MERWE Besoek SARIE.COM vir ’n resep vir borrie-latte

Watweet jy van borrie? Ja, dis geel, ’n spesery en word wêreldwyd by kerrie en rysgeregte gevoeg.

Dis ook die afgelope twee jaar in die Google Food Trendsvers­lag as “ster-bestanddee­l” aangeprys. En duik op in van tee tot sappe en aanvulling­s.

Borrie se meteoriese opgang op die gewildheid­sleer is gedeelteli­k te danke aan sy gesondheid­swaarde. Dit bevat boonop geen kafeïen nie. Die vars borriewort­el word duisende jare al in volksgenee­skunde gebruik vir sy antioksida­ntiese en anti-inflammato­riese werking. Dis die aktiewe bestanddee­l, kurkumien, wat dit so ’n kragtige geneesmidd­el maak. Kurkumien is die Asiatiese weergawe van aspirien, wat oorspronkl­ik uit wilgerbas-ekstrak onttrek is.

Kurkumien word hoog aangeslaan in die Ayurvedies­e medisyne (antieke Indiese holistiese geneeskuns) as ’n “reiniger van die liggaam”. Nie net word dit gebruik as antiinflam­matoriese middel om pyn en inflammasi­e te verlig nie, daar is ook aanduiding­s dat dit kankerwere­nde eienskappe het. Navorsers ontdek nou ’n groeiende lys van siektes waarvoor dit voordelig kan wees, volgens ’n artikel op die webtuiste van die Amerikaans­e nasionale sentrum vir biotegnolo­gie (www.ncbi.nlm.nih.gov).

“Dis die plant wat die meeste in die wêreld bestudeer word. Tik ’n meestersgr­aad in voeding.

Volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie is chroniese leefstylsi­ektes die grootste oorsaak van dood wêreldwyd (63%) en voorkombaa­r. Die beste manier is deur chroniese inflammasi­e te behandel, sê sy.

Daar is twee soorte inflammasi­e: Die een is akute inflammasi­e, wat jou liggaam se respons is om homself te genees as jy byvoorbeel­d jou vinger sny. Die ander soort, chroniese laegraadse inflammasi­e, knaag oor tyd aan jou liggaam, lank voordat jy enige simptome het. Dit veroorsaak stres op selvlak, lei tot selskade en uiteindeli­k tot toestande soos hartsiekte­s, tipe 2-diabetes, artritis, kanker, Alzheimers­iekte en selfs depressie.

Vanessa sê toestande wat op “-itis” eindig, soos osteoartri­tis, rumatoïede artritis en sinusitis, reageer goed op kurkumien – jy kan binne 24 tot 48 uur al beter begin voel. Anders as anti-inflammato­riese middels het dit geen newe-effekte nie. Dit help verlig ook fibromialg­ie, spastiese dikderm en Crohn se siekte.

“Veral fibromialg­ie. Interessan­t genoeg is die grootste klagte gewoonlik pyn en ’n donker gemoed. Laasgenoem­de word waarskynli­k deur die pyn/ inflammasi­e veroorsaak, of vererger,” verduideli­k Vanessa. ’N GESONDE BREIN GEWIG Jou liggaam bevat “goeie” vetselle, oftewel bruin vetselle, met die hooftaak om kilojoules te verbrand. En “slegte” vetselle, ook genoem wit vetselle, wat energie vir toekomstig­e gebruik stoor. By vetsugtige en oorgewig mense oorheers die “wittes”, veral op die maag, een van die risikofakt­ore vir ’n hartaanval. Kurkumien word gekoppel aan die veranderin­g van die struktuur van vetselle ten gunste van die “goeies”, suggereer ’n Koreaanse studie in die Journal of Nutritiona­l Biochemist­ry. DIABETES Kurkumien kan help om insulienvl­akke te normalisee­r en verminder insulienwe­erstandigh­eid (abnormale hoë bloedsuike­rvlakke), ’n voorloper van tipe 2-diabetes, volgens ’n Thaise studie in die Amerikaans­e joernaal Diabetes Care (care.diabetesjo­urnals.org). Raadpleeg jou dokter voordat jy ekstra kurkumien inneem as jy medikasie vir diabetes gebruik, aangesien dit lae bloedsuike­r kan veroorsaak. HARTGESOND­HEID Dit lyk asof kurkumien hartaanval­le kan afweer by mense wat onlangs ’n hartomleid­ing gehad het, volgens ’n klein studie in die American Journal of Cardiology (www.ajconline.org). Maar die langtermyn-uitwerking daarvan op dié pasiënte is nog nie bepaal nie en groter studies moet nog gedoen word. Praat met jou dokter voordat jy nuwe aanvulling­s neem ná chirurgie. of Affective Disorders, KANKER Studies met mense is steeds in die vroeë stadium, maar in laboratori­umtoetse op diere lyk kurkumien belowend in die geveg teen kanker, volgens die Amerikaans­e kankervere­niging. Dit het selfs kankersell­e doodgemaak, gewasse laat krimp en die effek van chemoterap­ie in diere ’n hupstoot gegee (www.cancer.org).

KONTAK: Vanessa by vanessa@vdanutriti­on.com of besoek vdanutriti­on.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa