Sarie

Urblindes ‘si le e K n ’

ALMAL HAD EERS BRUIN OË

- Bron: www.enchroma.com Bron: www.colourblin­dawareness.org

net ’n dowwe geel. Die oseaan lyk soos die lug. Dis soos om deur ’n filter te kyk wat die meeste kleure uitgewas laat lyk.” En Jacqui: “Ons het ’n app gevind waarmee ons die wêreld deur sy oë kon sien. Dis moeilik om te verduideli­k. In fotografie­se terme verminder die intensitei­t van kleur ( saturation), byna asof dit in sepia is. En vergroot die kontras, wat alles baie helder maak.”

Die bril het alles verander. Andrew het daardie eerste dag aanmekaar gevra watse kleur is dié en daai, blomme van blare en grond van gras onderskei, eens ’n probleem. Dit lyk soos ’n gewone sonbril, maar verdonker nie die omgewing nie. Elke keer dat hy dit opsit, sien hy meer dinge, meer variasies van kleur. Die brein moet aanpas, verduideli­k sy ma. Hoe jonger jy is, hoe beter. Jou brein is dan meer soepel.

Sy het besef haar kind is kleurblind toe hy in graad twee was. Voorheen

LAAT DAAR LIG WEES

Die retina bevat sowat 6 miljoen keëlvormig­e kleursensi­tiewe selle. Elke sel is “kleur-spesifiek” en hoofsaakli­k ingestel op lig van ’n spesifieke golflengte: die primêre kleure blou, groen of rooi. Lig van verskillen­de golflengte­s stimuleer die ooreenstem­mende keëltjies, wat impulse na die brein stuur. Die brein bepaal die kleur wat jy sien deur die seine van elke reseptor te meng – soos ’n Tv-skerm ’n beeld van ’n miljoen verskillen­de gekleurde pixels maak. By kleurblind­es is dié kleursensi­tiewe selle abnormaal. Dis meestal die rooi of groen keëltjies wat geraak word, maar abnormalit­eite van die blou keëltjies kom ook voor. Totale kleurblind­heid, waar jy net swart en wit sien, is egter baie seldsaam. Ook skaars is net een oog wat kleurblind is.

Lank gelede het ons almal bruin oë gehad. Bloues? Deense navorsers het ’n genetiese afwyking geïdentifi­seer wat 6 000 tot 10 000 jaar gelede plaasgevin­d het. Almal met blou irisse het dus ’n enkele, gemeenskap­like voorouer. Veranderin­ge in die hoeveelhei­d pigment wat ons produseer, lei tot verskillen­de skakerings van bruin. Dit verklaar ook die variasie van bruin na groen oë.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa