1 uit 12 1 uit 200
Om beter te sien mans is kleurblind (8%) vroue is kleurblind (0,5%)
Oranje,altyd ’n gunsteling, het sy asem weggeslaan. Dis ’n meer neonweergawe as waaraan hy gewoond was. Meer intens, mooier!
Groen lyk ook anders. “Asof dit vol water is.”
En bloed#rooi malvas, daarvoor was hy eers blind, dit het eenvoudig met die plant se groen blare saamgesmelt.
Hoe verduidelik jy aan mense vir wie kleur vanselfsprekend deel van hul leefwêreld is, hoe dinge deur ’n kleurblinde se oë lyk? En waar gaan haal jy woorde as jy dan, danksy ’n moderne uitvindsel, die wonderwêreld daarvan self kan beleef?
“Wat sien jy?” “Hoe lyk dit?” “Wat van daai?” Sy gesinslede wat por.
“Wow!” sê die 14-jarige Andrew Beavers van Durbanville naby Kaapstad.
Dit was oornag ’n sensasie op Youtube: video’s van kleurblindes wat met spesiale lense die eerste keer die volle spektrum van kleur beleef. Dít danksy ’n gelukskoot. Don Mcpherson, die uitvinder van San Francisco, het beskermende lense ontwerp vir chirurge wat laserchirurgie doen. Maar toe ontdek hy dit het die verbasende vermoë om kleurblindes (spesifiek op die rooi/ groen-spektrum) se lewe te verander.
“Sooooo baie kleure.” “Hoe blou is die lug!” “Is dit hoe blomme lyk?” Jubelend, uitgelate. Soms is daar selfs trane. Goedvoel-stories waarvan Youtubebesoekers nie genoeg kan kry nie.
Andrew het gesien sy suster kyk daarna. Jy sou dink vir dié slimkop, ’n robotika-geesdriftige met die doelwit om eendag ’n meganiese of elektriese ingenieur te word, sou sy kleurblindheid ’n minder belangrike voetnota wees. Toe nie, dié introvert voel dit maak hom “anders”. Sowat twee derdes van kleurblindes beskou dit as ’n gestremdheid, volgens enchroma.com, webtuiste van die vervaardigers van die lense.
“Hy sou my dikwels vra wat ek sien, in teenstelling met hoe ’n kleur vir hom lyk. Dit het my hartseer gemaak dat hy voel iets in sy lewe ontbreek omdat hy nie dinge soos ons kon ervaar nie,” sê Jacqui, sy ma.
Andrew se uitval is op die rooi/groen-
Groen lyk asof dit vol water is Andrew
spektrum, die mees algemene vorm. Iets wat hy deel met Mark Zuckerberg, Facebook se stigter, volgens die tydskrif The New Yorker. Dit beteken nie jy verwar rooi en groen nie, maar alle kleure met ’n titsel rooi of groen. Vir Andrew lyk bruin en rooi, groen en bruin en blou en pers byvoorbeeld dieselfde. Baie kleurblindes is verbaas dat grondboontjiebotter nie groen is nie!
Beauty is in the eye of the beholder, lui die Engelse uitdrukking. Elkeen het sy eie mening oor wat mooi is. Dieselfde met kleur. Wat jy sien as rooi of blou, is die unieke manier hoe jóú kop lig interpreteer. Kyk maar net watter gefladder op sosiale media die 21-jarige Caitlin Mcneill se rok ’n rukkie gelede veroorsaak het. Is dit goud en wit? Of blou en swart? (Sien kassie op bl. 122.)
Sowat 8% mense van Europese afkoms en 4% uit Afrika kan egter nie die glorie van ’n sonsondergang ten volle ervaar nie. Ons noem hulle kleurblind. En dink verkeerdelik jy sien dan glad nie kleur nie. Sommige kleurblindes sien inderdaad net skakerings van grys, maar dis seldsaam. Sekere kleure word eerder as dowwer ervaar en ander is onmoontlik om te eien. “Mense wat nie kleurblind is nie, sien al die skakerings van byvoorbeeld blou: vlootblou, turkoois, ensovoorts. Sagte lila (laventel) was een van die eerste kleure wat Andrew opgelet het. Ons het verby laventel gery en daar was dit, die see van pers. Hy het dit altyd as blou ervaar,” vertel Jacqui.
Andrew sê: “Ek sien alles, maar minder variasies van verskillende kleure. Sonder die spesiale bril is mosterd byvoorbeeld
< het sy gereken hy “dink uit die boks” as dit by kleur kom. In sy kinderprentjies was bome met groen stamme en bruin blare algemeen. Mense het groen hare gehad. Water was pers.
“Ma, is dit bruin of oranje?” sou klein Andrew dikwels vra. So gereeld, dat Jacqui skielik onthou het haar oupa was kleurblind. ’n Susterskind van haar ma ook. Kleurblindheid is meestal geneties en word deur die ma se bloedlyn oorgedra. Dis ook baie meer algemeen onder mans. Dus is die kans 50% dat Jacqui se dogter, Courtney, se seuns kleurblind kan wees, sou sy eendag ’n gesin hê. Daar is wel ook sekere siektes, soos diabetes en meervoudige sklerose, wat dit kan veroorsaak.
’n Aanlyn toets het bevestig Andrew is óók kleurblind. Sy broer, Steven (13), egter nie. Andrew en Steven kry tuisonderrig, maar hy was tot graad drie in ’n gewone skool. Omdat skole veral in die laer grade dikwels gekleurde onderrigmiddels gebruik, kan ouers en onderwysers verkeerdelik dink ’n kleurblinde kind sukkel. Sommige deskundiges beveel dus aan dat kleurvisie-toetse vroeg gedoen word.
“Andrew ontken dit het ooit ’n effek op sy skoolwerk gehad. Ek sou sê dit het hom in die laer grade dalk tog effens stadiger gemaak. As hy byvoorbeeld groen vierkante moes omkring, moes hy kophou. Jy moet maar net harder dink. Of hulp vra.”
Jacqui self is ’n kleurmens, sien en waardeer dit en beskryf dinge outomaties aan die hand daarvan. “Gee my rooi serp aan.” “Haal my deodorant uit die sak, dis die groen een.” Sy moes haarself dus gedurig herinner om te sê: “Dis die langwerpige bottel.” Want sy het besef sy voeg stres by sý lewe. Van sy onderwysers was ongeduldig, aangesien ook hulle gereeld vergeet het hy het ’n probleem met kleur.
Maar jy pas aan. As robotikageesdriftige (die bou en programmering van basiese robotte) is kleur wel ter sprake, maar hy vind maniere om dit te omseil. Andrew is deel van die Kaapstadse Wetenskapsentrum se Eerste Lego-liga. Hy en sy span het verlede jaar die Westelike Provinsie op nasionale vlak verteenwoordig en die prys vir beste innovasie gekry. Jacqui se oupa het sy eie vliegtuig gehad, ten spyte daarvan dat kleurblindes nie toegelaat word om vlieëniers te wees nie. (In Roemenië en Turkye is dit selfs onwettig om ’n rybewys te hê!) Oupa het ’n “snaakse groen skerm” voor die TV gesit wat Jacqui gepes het, want dit het alles op die skerm groen gekleur. Sý poging om kleur te kan eien.
Sy kan nie help om te wonder in watter mate Andrew se kleurblindheid ’n impak op sy persoonlikheid gehad het nie. Sy ontwikkelingsfases was normaal, maar hy was altyd meer inkennig as sy ouderdomsgroep. En sy klere altyd swart of grys.
’n Kleurblinde man het haar vertel sy oupa, ook erg kleurblind, was baie melankolies. Hy het altyd gewonder of die twee met mekaar verband hou. Op internet-forums is daar mense wat só glo, sê Jacqui.
“Ek sou Andrew nie melankolies noem nie, net stil en teruggetrokke. As ek af voel, is ek geneig om helder kleure te dra om myself op te vrolik. Of ek koop ’n bos kleurryke blomme. Andrew is meer oplettend sedert hy die bril dra. En ek dink tog hy is vroliker. Dit verryk sy interaksie met die omgewing soos nog nooit tevore nie.
“Kleur in jou lewe is so belangrik. As alles om jou uitgewas en saai lyk, móét dit ’n effek hê.”
Nestlé Kit-kat (enkelstafie, 13 g) 275 kj = sny brood met t botter
Lindt-70%-donkersjokolade (1 blokkie, 10 g) 250 kj = sny brood met 1 t botter
Safari Just Fruit Bar Berry (1 stafie, 32 g) 356 kj =1 sny brood, geen botter
Versoete vrugtejogurt (100 mℓ) 266 kj = sny brood en t suiker
Vrugtesap ( klein boksie, 100 mℓ) 217 kj = sny brood, geen botter