Sarie

Wie woon hier? Ryno, Marita en klein Olivia Palm Waar?

-

RUIM EN LIG

Tipies van die huise van die 50’s-era was daar ’n klomp kleiner vertrekke. Met die hulp van Marita se pa en oom, wat ook die eerste huis se restourasi­e gedoen het, het hulle genadeloos mure uitgeslaan om ’n ruim leefarea en eetkamer te skep. Die klavier, wat eers skokpienk was, is nou goud om by die plafonlig en spieël te pas. Die donker muurkleur is Dulux se Night Jewels 4. Veelkleuri­ge kussings versag die leerbanke en die blou fluweelsto­ele is in pas met die nuutste trend. Die bestaande staalvenst­errame is swart geverf vir ’n industriël­e voorkoms.

STAL DIT UIT

Die swart staalrak en koffietafe­l het Marita se broer gemaak. Hier het sy ook die industriël­e voorkoms herhaal met die rakke en swart staalpote van die ronde koffietafe­l. Die oorspronkl­ike matte is gelig en die merantivlo­er was nog in ’n perfekte toestand.

LUUKS IN BLOU FLUWEEL

Op pad na die kombuis is ’n sithoek ingerig met ’n bank in luukse blou fluweel. Die vloere hier en in die kombuis was met volvloer-viniel bedek. Om koste te bespaar is dit gelig en die sement is ’n laag vloerverf gegee.

WenkSKEP IMPAK

Wanneer die voordeur oopswaai, begroet hierdie geblomde muur jou. Die plakpapier is deur Robin Sprong (ook beskikbaar by Eiffinger, versprei deur Dreamweave­r Studios, www. dreamweave­rstudios.co.za). Die rottangsto­el en lig vorm ’n interessan­te kontras met die plakpapier.

’N RUIM BADKAMER

Die badkamer is vergroot deur die ingeboude linnekas uit te haal. Sodoende kon hulle tweelingwa­sbakke en ’n dubbele stort installeer. Die teëls (Moroccan Warehouse), naakte ligte, swart skuifdeurr­ame en koper loodgieter­pype is alles in pas met die nuutste tendense.

KOMBUIS VOL KLEUR

Die oorspronkl­ike kombuis was donker en beknop met ’n klein aparte spens en opwaskamer­tjie. Hier is mure ook uitgeslaan om ’n ruim kombuis te skep. Die bestaande kombuiskas­te is behou en geverf en nuwe kasknoppe is aangesit. ’n Beton-raamwerk is rondom die kaste gebou en die werkblad is verseël. Oop rakke is bo die werkvlak geïnstalle­er. Die oop vuurherd is omraam met kleurryke teëls van Moroccan Warehouse.

Wenk’n Vloer van afgevlakte sement is die goedkoopst­e opsie. Jy kan later bo-oor teël of matte lê

BUITE-AANSIG VAN HUIS

Die voorstoep is nuut geteël met geometries­e teëls van Shaw Tec Durbanvill­e (www.shawtec.co.za).

Plakpapier kan net so goed soos teëls werk. Dit is waterbesta­nd en kan afgevee word. Die Palms het dit baie suksesvol in hul kombuis agter hul wasbak gebruik. Plakpapier van Robin Sprong www.robinspron­g.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa