Sarie

Lize Beekman: ‘Ek ken weer vreugde en vrede’

’n ‘Stormwind’ het sangeres Lize Beekman vyf jaar gelede ‘die lug op gegooi’ en ‘gestroop tot niks’. Nou het sy, ná ’n lang pad van heling, leer en groei, weer begin optree. Sy is ook by die Woordfees te hoor . . .

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

In April 2012 het haar lewensmaat, Annake de Villiers, ’n talentvoll­e violis, selfdood gepleeg. Hierna was sangeres Lize Beekman emosioneel en fisiek moeg. Haar wêreld het ineengetui­mel in ’n warboel van emosies. Die teken van mandalas – kunssirkel­s – was die terapie wat haar stadig op die pad van genesing gelei het.

Haar deuntjies wat opgedroog het, het weer lewend geword toe sy onlangs, die eerste keer in vier jaar, by Margit Meyer-rödenbeck se teater-restaurant Die Boer in Durbanvill­e opgetree het . . .

Hoekom is jy nou weer gereed om te sing?

Ek sal dit nie “gereed” noem nie, want dit sal impliseer dat ek vir vier jaar “nie gereed” was nie, en dit is nie getrou aan wat ontvou het nie. Aanvanklik kon ek nie musiek luister nie, ek kon letterlik nie ’n klank maak nie en my innerlike chaos het my nie toegelaat om woorde en wysies logies agter mekaar te sit nie. Dit was ’n geleidelik­e proses van selfonders­oek en leer om na my innerlike stem te luister en dit te vertrou. Ek het die laaste paar maande weer ’n vollengte soloverton­ing gedoen, want my innerlike stem het nie daarteen baklei nie. Ek het ook enkele liedjies gesing by geleenthed­e waar ek eintlik die spreker was, maar dit was omdat dit my boodskap aangevul en selfs versterk het. Die fokus was op wat ek deel en nie op my as individu en sanger nie.

Jy het seker uit hierdie lang, moeilike tyd baie nuwe materiaal vir jou liedjies?

Ek skryf steeds nie nuwe liedjies nie, hoewel ek tog opmerk dat ek soms weer met ’n liedjieskr­ywer se oë kyk, waarneem en vir ’n oomblik ’n figuurlike nota maak. Dit laat my glimlag, maar ek het ’n rustigheid in my dat ek dit nog bêre vir ’n ander dag wat dalk mag kom, en dalk nie. Vir nou voel my binneste nog gefrustree­rd met die 100 woorde spasie tot jou beskikking in ’n liedjie. Vir byna twee jaar deel ek nou al my ervaring, wat ek beleef het en wat ek geleer het, deur te praat wanneer mense my vra. Daar is ook mense wat vra vir ’n boek. Wie weet, dalk lê dit vir eers uitgelê op my pad.

Dis ’n baie wye vraag, maar hoe het jy as mens verander?

Ek glimlag nou, want dit ís ’n baie wye vraag. Maar dit voel asof ek dit eintlik in min woorde moet kan beantwoord omdat ek nou in totaliteit eenvoudige­r is. Ek dink dat ek meer en meer by die lig in die kern van my wese uitkom – deur ontslae te raak van die lae dinge wat dit so maklik verbloem. Daai lig is teenwoordi­g in elke mens, want ons is so aanmekaar gesit, maar daar is ’n magdom dinge wat dit verdof en soms selfs heeltemal verswelg. Vir ’n baie lang tyd en nog daagliks doen ek selfonders­oek en stel myself oop om nog te leer en te groei, sodat ek gedurig van daai lae ontslae kan raak.

Daardie eerste optrede . . . wat het deur jou kop gegaan?

Ek het dankbaarhe­id gevoel . . . in oorvloed. Vir elkeen wat kom luister het, want ek kon geen sekerheid hê dat iemand gaan opdaag nie omdat ek vir lank stil was. ’n Stormwind het my ’n paar jaar gelede in die lug op gegooi en ek het nie geweet of my voete weer staanplek gaan kry nie, maar intussen is ek dankbaar dat ek wel weer die aarde onder my voete voel, en ek staan en loop nou anders. Ek is dankbaar dat Margit aanhou vra het wanneer ek kom sing . . . sy het geduldig bly wag vir die dag dat ek kon antwoord dat ek dit graag sal doen. Op klavier het Jaconell Mouton my so wonderlik as musikant en ook as vriendin ondersteun . . . dit het my nog ’n stukkie veiliger laat voel wanneer ’n gedagte aan die lang stilte wou insluip en amok maak.

Wanneer kan ons ’n nuwe album verwag? Is kuns vir ’n wyle op die back burner?

Die een staan nie voor of agter die ander nie. Dis deel van my dae en bring vreugde en vrede, vir myself, maar ook op verskillen­de maniere vir ander, so ek omarm beide. ’n Nuwe album is nie nou in die onmiddelli­ke toekoms nie, maar ek berei voor vir ’n uitstallin­g in die eerste helfte van 2017, wat moontlik saam met ’n musiekvert­oning gaan. Ek geniet die teken en skilder elke dag en daar is ook galerye wat nuwe werke vra. Nou en dan tel ek die kitaar op wanneer my hart daarna verlang en geniet ek die musiek wat opdaag.

Wat het bygedra tot jou heling?

’n Klomp goed . . . te veel en sommige daarvan te verweefd vir ’n kort antwoord. Dalk kan ek wel sê wat ek in retrospek vir seker weet: Ek kon eers by al daardie goed wat my gehelp het, uitkom nadat ek kon erken waar ek was. Ek moes eers erken dat ek seer en stukkend is, dat ek nie antwoorde het nie, dat ek verlore, bang, alleen en wat nog als voel, voor daar ruimte was vir dít wat kon heling bring.

Jou planne vorentoe?

Vir nou is inskrywing­s in my dagboek ’n paar optredes by die Woordfees. Later in die jaar ’n beoogde uitstallin­g en ’n vertoning by De Malle Meul op Philadelph­ia in die Kaap, optredes by Die Bôrdienghu­is op Wellington en ’n geldinsame­lingskonse­rt op my tuisdorp Melkbosstr­and.

Geniet jy weer die lewe, is die swart hond agter die tralies?

Ek weet nou dat die vreugde, vrede en liefde waarna elkeen verlang altyd en in elke oomblik beskikbaar is. Gaan soek of verwag ons dit buite onsself in iets of iemand anders, sal dit ons bly ontwyk. Ek was nie depressief nie, ek was net deur ’n storm gestroop tot niks. Dis ’n byna onmoontlik­e ding om raak te sien wanneer jy in die middel van die storm is, maar as ek terugkyk, kan ek sien dat dit soms die beste plek is om te begin . . . by niks. En ja, ek gebruik met opset die woord “begin”, want dis ’n daaglikse uitdaging om jouself waar te neem en raak te sien wanneer jy jou innerlike vreugde en vrede aan eksterne dinge oorlaat. Ek ken weer vreugde en vrede in oorvloed, want ek kyk met ander oë en sien hierdie wêreld in ’n ander lig. Ek kan herken, en erken, wanneer my ego in die pad kom staan van ruimte vir ander en die kans vir my om te leer en te groei as mens.

Daagliks doen ek selfonders­oek en stel myself oop om nog te leer en te groei Lize

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa