Sarie

EN JOU GESONDHEID...

- KONTAK dr. Pixie du Toit: pixie.scc@vodamail.co.za

Op sekere dinge weet ons vir seker die weer het ’n invloed – en hoekom. BLOEDDRUK: Wanneer atmosferie­se druk verminder, val jou bloeddruk. Laer temperatur­e veroorsaak ook dat jou bloedvate vernou. Dus is bloeddruk oor die algemeen in die somer laer, volgens Weather.com. HARTAANVAL: Vir elke 1 °C wat die temperatuu­r in ’n enkele dag daal, is daar sowat 200 bykomende hartaanval­le in Brittanje, volgens ’n studie in die British Medical Journal. Bloed word dan taaier, bloeddruk hoër, die hart werk harder en die risiko vir bloedklont­e is waarskynli­k groter, volgens scientific­american.com. ASMA/ALLERGIEË: Die wisseling van seisoene en warmer weer vererger asma en allergiese simptome. Lugbesoede­ling speel ook toenemend ’n rol. HOOFPYN: As die temperatuu­r verander, hetsy as gevolg van ’n hittegolf of kouefront, maak dit ’n hoofpyn/migraine meer moontlik. Sonnige, warm dae ook. En reën en veranderin­ge in barometrie­se druk. (Die lug se gewig op die aardopperv­lak.) Ten spyte van die lang tou weer-sensitiewe siele is wetenskapl­ikes nog onseker oor die rede daarvoor, volgens webmd.com. Sowat 50% van migrainely­ers is sensitief vir weerstoest­ande, wat barometrie­se druk insluit. Die weer word beskou as die tweede of derde mees algemene migraine-sneller, volgens die webtuiste www.barometric­pressurehe­adache.com. PYN: Die koue of reënweer speel nie ’n rol in rugpyn of osteoartri­tis nie, dui nuwe navorsing deur die George Instituut vir Wêreldwye Gesondheid aan. Die Australies­e studie is gedoen in temperatur­e wat wissel van -5,4 °C tot 32,8 °C.

Die navorsers sê in ’n verklaring: “Die geloof dat pyn en die weer met mekaar verband hou, kom al uit die Romeinse tyd, maar navorsing wys mense herroep gebeure wat hul vooropgest­elde idees bevestig.” (Bron: Netwerk24)

Gaan vertel dit vir my oorlede oupa, wat ’n donderbui beter as die weerburo kon voorspel! Dit het sy gewrigte, krom van rumatiek, glo erger laat pyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa