Sarie

WERK & GELD Susters leef hul passie uit

#weputyoufi­rst FIRST FOR WOMEN PROMOSIE

-

In 2015 het Simoné (nou 26) en Berné (24) Theron die sprong gemaak en hul eie ondernemin­g met unieke, trendy, handgemaak­te leerproduk­te begin – met baie geesdrif, dryfkrag en ’n droom . . . ’n Régte een – Berné het een oggend halfdrie wakker geword ná ’n droom oor ’n handsak, dadelik opgestaan en die sak gemaak uit leerstukke wat ná ’n modekursus oorgebly het.

Die volgende dag het die sussies hul pa oorreed om vir hulle ’n naaimasjie­n te koop. (Al het hulle nog nie geweet hoe dit werk nie!)

“Ons het rondgespee­l met ontwerpe en oorweldige­nde goeie reaksie op sosiale media gekry,” vertel Simoné. “Ons het besef ons het iets beet. Daar was ’n gaping in die mark vir mooi modeproduk­te van leer.”

Nou is Theron & Theron Designs een van die 78% suksesvoll­e familie-ondernemin­gs in SA wie se verkope die afgelope jaar gegroei het, volgens PWC se Family Business Survey 2016. Eers het Simoné en Berné alles by hul ouerhuis gedoen. Maar ’n groot korporatie­we bestelling was die keerpunt. Deesdae het hulle ’n perseel in Pretoria, drie voltydse werkers en ’n aanlyn winkel. ’n Bekende leefstyl-winkelgroe­p het pas leervoorsk­ote bestel.

Hul sukses? Elkeen leef haar passie uit. Simoné, wat ’n ekonomie-graad het, hanteer veral die sakekant, en Berné, met ’n flair vir ontwerp en ’n sterk mode-agtergrond is die hoofontwer­per. Hulle wou nog altyd saam iets aanpak. “Dis baie bevredigen­d dat ons eendag vir ons kinders ’n besigheid met die familienaa­m kan nalaat. Dis ook wonderlik om nie te kan wag om soggens te gaan werk nie.

“As iets jou passie is, moenie wegskram om jou drome na te jaag nie. Wanneer jy vervuld voel, sal jy ook die mense na aan jou tot hoër hoogtes inspireer.” * Lees die ander 2 stories in ons Mei- en Junie-uitgawe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa