Sarie

Wintermooi lippe

Dié seisoen se warmste lipkleure put inspirasie uit die natuur: roesbruin, sonsonderg­ang-rooi, sandpienk en selfs steenkool-swart! Chris Williams, plaaslike grimeerkun­stenaar van Estée Lauder, verduideli­k hoe om dié kleure te dra

-

Roesbruin

Die afgelope jaar maak die 90’s-voorkoms ’n terugkeer en daarmee saam ook dié dekade se gewilde bruin lipstiffie-skakerings. Met roesbruin lyk jy supermoder­n, sê Chris. Enigiemand kan dié skakering dra, solank die kleur ’n warm rooi ondertoon het. Dra dit só

Kies ’n roesbruin lipstiffie met ’n satynafwer­king om die kleur effens te versag. Hou die res van jou grimering lig met ’n tikkie verligter op jou wange, glans op jou ooglede en hope maskara.

Eiervrug-purper

Smeulende pers lipstiffie­s is steeds gewild en sê jy is waaghalsig. Vir die kouer maande is ’n purper lipstiffie met ’n bruin, swart of donkerpers ondertoon ideaal. Dra dit só

Donkerpers skakerings is geneig om jou lippe kleiner te laat lyk. As jy dunner lippe het, kies ’n purper met ’n effense blink of satynafwer­king om die illusie van voller lippe te skep. ’n Matafwerki­ng lyk mooi by vol lippe.

Steenkool-swart

Danksy die herlewing van gotiese glans in die mode- en skoonheids­wêreld is swart op jou lippe tans ’n reuse-trend. As jy waaghalsig genoeg is om dié skakering te dra, kies ’n lipstiffie met ’n blink afwerking wat jy laag op laag kan aanwend om die kleur sagter of meer intens te laat lyk. ’n Gitswart skakering pas by alle vel- en haarkleure. Dra dit só

Maak jou swart lippe die fokuspunt en hou die res van jou voorkoms sag om dit uit te balanseer. Vul jou wenkbroue in en tik ’n warm blosserska­kering op jou wange. Rond dan jou voorkoms af met net ’n dun lyntjie oogomlyner en maskara.

Sonsonderg­ang-rooi

Elke vrou behoort ’n rooi lipstiffie in haar grimeersak­kie te hê. Dié seisoen se rooi lipstiffie het ’n effense oranje ondertoon en laat jou jonk en vars lyk. Dra dit só

’n Rooi lipstiffie met ’n matafwerki­ng bly ’n staatmaker. Dit hou lank op jou lippe en smeer nie maklik nie. Hou die res van jou grimering eenvoudig. Net ’n dun lyntjie vloeibare oogomlyner en maskara is nodig.

Sandpienk

’n Natuurlike ( nude) lipkleur gaan nooit uit die mode nie, sê Chris. Dié herfs is neutrale skakerings met ’n vuilpienk ondertoon gewild. Dit lyk veral mooi by ’n ligte velkleur. Dra dit só

Sagte rokerige oë met aardse oogskadu-skakerings is die perfekte pasmaat vir jou neutrale lippe. Gebruik daarmee saam ’n tikkie verbronser op jou wange vir ’n gelaat met ’n songlans in die kouer maande.

 ??  ?? 1. Roesbruin: Max Factor Colour Intensifyi­ng Balm in Rich Chocolate (R140). By Clicks 2. Eiervrug-purper: Urban Decay Vice Lipstick in Blackmail (R230) 3. Steenkool-swart: Estée Lauder Pure Color Love Lipstick in Moon Rock (R295). Beskikbaar vanaf...
1. Roesbruin: Max Factor Colour Intensifyi­ng Balm in Rich Chocolate (R140). By Clicks 2. Eiervrug-purper: Urban Decay Vice Lipstick in Blackmail (R230) 3. Steenkool-swart: Estée Lauder Pure Color Love Lipstick in Moon Rock (R295). Beskikbaar vanaf...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa