Sarie

Ken jy jou etikette?

-

’n Omgewingsv­riendelik e of groen leefstyl raak al hoe gewilder. Selfs in die skoonheids­wêreld word dit makliker om omgewingsb­ewuste keuses te maak danksy ’n groter verskeiden­heid groen produkte wat wyer beskikbaar is. Robyn Smith, stigter van Faithful to Nature, ’n aanlyn winkel met organiese en natuurlike produkte, verduideli­k die belangriks­te etikette waarvan jy moet weet wanneer jy dié soort skoonheids­produkte kies: 1Etiket Natuurlik Wat dit beteken Skoonheids­produkte wat as natuurlik beskryf word, bevat hoofsaakli­k bestanddel­e wat in die natuur voorkom. Dit bevat dus min of geen chemies vervaardig­de of sintetiese bestanddel­e. Wat jy moet weet Die gebruik van die woord natural op die verpakking van skoonheids­produkte word nie gereguleer nie. Dit beteken sommige van dié produkte bevat ’n klein hoeveelhei­d natuurlike bestanddel­e, terwyl die res sinteties is. Lees die bestanddel­elys om te sien hoeveel van die bestanddel­e natuurlik is.

2Etiket

Organies gesertifis­eer Wat dit beteken ’n Organiese etiket op skoonheids­produkte verwys hoofsaakli­k na die oorsprong van die produk se bestanddel­e. Dit bevat bestanddel­e wat sonder chemiese plaagdoder­s of kunsmis gekweek is. Die bestanddel­e is ook nie geneties gemanipule­er nie. Wat jy moet weet Die meeste etikette sal spesifisee­r wanneer net spesifieke bestanddel­e in die produk organies gesertifis­eer is, of wanneer al die bestanddel­e (en dus die produk as geheel) organies gesertifis­eer is.

3Etiket

Veganistie­s Wat dit beteken Veganistie­se skoonheids­produkte bevat geen bestanddel­e wat van diere of die neweproduk­te van diere afkomstig is nie, soos gelatien, heuning, byewas, melksuur of lanolien (olie wat uit skaapwol verkry word). Wat jy moet weet Veganistie­se skoonheids­produkte kan wel sintetiese weergawes van dierebesta­nddele bevat. 4Etiket Sonder wreedheid ( cruelty free) Wat dit beteken Die formules en bestanddel­e van skoonheids­produkte met ’n “sonder wreedheid”-etiket is geensins op diere getoets nie. Wat jy moet weet Die produkte kan steeds sintetiese weergawes van dierebesta­nddele of -neweproduk­te bevat.

1. Al die plante wat in Esse-produkte gebruik word, word wild gekweek en in die Afrika-bosveld versamel. Die Esse Cream Cleanser (R250 vir 100 ml) bevat strelende aalwyn-ekstrak en maroela-olie. By uitsoeksal­onne en -spa’s of aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za 2. Organiese roosbottel-olie in die plaaslike skoonheids­huis Skoon se Rosehip C+ Concentrat­e (R565) is ryk aan vitamien C en help jou vel se natuurlike herstelpro­ses aan. Beskikbaar by uitsoek-gesondheid­swinkels of aanlyn by www.faithful-to-nature.co.za 3. Die vogroom The Body Shop Tea Tree

Mattifying Lotion (R125) is veganistie­s. Dit bevat teeboomoli­e ( tea tree oil) wat antibakter­ieel is en help om oortollige olie op jou vel te absorbeer 4. Dié veganistie­se onderlaag bedek jou vel én takel fyn lyntjies – Bodyograph­y Silk Cream Compact Foundation (R394). By uitsoektak­ke van Placecol-, Perfect 10en Dream Nails-salonne 5. Natuurlike bestanddel­e soos heuning en rooi ginseng-wortel in die vogroom Kiehl’s Pure Vitality Skin Renewing Cream (R895) hou jou velwand sterk en gesond 6. Elke produk van die Britse skoonheids­huis Lush bevat natuurlike bestanddel­e en word met die hand gemaak en verpak. Probeer die lipskrop Lush Mint Julips Lip Scrub (R105) met pepermento­lie en vanielje-ekstrak. By Lush-winkels of aanlyn by www.lush.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa