Sarie

Gelukkig kinders? Ons kan leer by Nederland

Dis amptelik: Nederlande­rs spog nie net met die mooiste tulpe en van die lekkerste kaas nie. In ’n studie is gevind hul kinders is die gelukkigst­e in die wêreld. Wat kan ons by hulle leer?

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Die8-jarige Jannie het geen tuiswerk vir die naweek nie. Hy gaan fietsry saam met sy maats. “Geniet dit, daar is mooi paadjies by die rivier wat julle kan verken. Ek en ma sien jou vanaand aan die etenstafel.”

Jannie se gesig verhelder. “Ja, Pa. Kan ons asseblief van vanoggend se sjokolade vir nagereg kry,” vra hy en ry sorgeloos op sy fiets weg.

Klink dit soos iets uit ’n idilliese fliek? Dit is glo nie ’n vergesogte greep uit ’n Nederlands­e gesin se lewe nie.

Volgens die mees onlangse studie (2013) deur UNICEF,

die Verenigde Nasies se kinderfond­s, is Nederlands­e kinders van geboorte tot ouderdom 19 die gelukkigst­e op aarde. Dié studie het vyf areas in kinders se lewe getoets: gesondheid en veiligheid, onderrig, gedrag en risiko’s, behuising en omgewingsf­aktore. Die lande wat op Nederland se hakke volg, is Noorweë, Ysland, Finland, Swede, Duitsland, Luxemburg, Switserlan­d, België en Ierland.

Daar is verskeie redes vir die geluk onder Nederlands­e kinders. Gesinswaar­des is belangrik, kinders is baie aktief en hul ouers plaas nie so baie druk op hulle om te presteer nie, aldus www.huffington­post.com. Interessan­t genoeg het Nederland, Slowenië en Switserlan­d ook die minste (minder as 5 per 1 000) tienerswan­gerskappe (dutchdaily­news.com). Nederlands­e kinders is ook in die vorige Unicef-studie (2007) as die gelukkigst­e ter wêreld aangewys.

In ’n ontwikkele­nde land soos Suid-afrika waar veilige strate en parke byvoorbeel­d nie ’n gegewe is nie, is ’n “resep” vir gelukkige kinders nie so eenvoudig nie. Boonop werk baie ouers dikwels lang ure, of hulle pendel lang afstande werk toe. Dit is gewoon net nie prakties moontlik dat almal saans aan tafel kan sit nie. Baie kinders word ook van ’n jong ouderdom af in ’n sentrum of by ’n dagsorgma groot. In sekere platteland­se gemeenskap­pe is dit ook gebruiklik dat kinders dikwels by grootouers grootword, terwyl ouers in die stad werk. Die band tussen ouer en kind vind dan baie later plaas en plaas groot druk op gesinstruk­ture, verduideli­k Deidré Esterhuise­n, ’n fasiliteer­der vir vlak 5- vroeë kinderontw­ikkeling by die Hugenote-kollege op Wellington.

Maar sy glo ten spyte van dié hinderniss­e kan SuidAfrika­anse kinders gelukkig wees. “Geluk is relatief. Een mens blom as hy baie geld het, ’n ander een het aanvaardin­g, kompliment­e of kontak met die natuur nodig. Party mense floreer as hulle hul medemens kan bystaan. Baie kinders is sielsgeluk­kig as hulle elektrisit­eit en lopende water het. Maar ouers kán natuurlik bydra om hul kinders te help om gelukkig te wees,” meen Deidré.

Wat kan ons by die Nederlande­rs leer? 1. EET SAANS SAAM AAN TAFEL Die meeste Nederlands­e kinders eet saans om sesuur saam met hul ouers aan tafel waar daar onder meer gesels word oor die dag se gebeure. Baie Nederlands­e ouers (ma’s en pa’s) werk slegs halfdag, dus is daar nie sprake van sukkel met ’n balans tussen werk en gesinslewe nie. Ontspanne ouers het gewoonlik ontspanne kinders.

Deidré reken Suid-afrikaanse gesinne wat nie saam kan eet nie, kan elders in die dag gehaltetyd saam inpas. “Jou kind het nie konstant aandag nodig nie. Maar wanneer julle saam is, fokus op hom. Sit weg jou selfoon of tablet. Onthou, by die skool, of dagsorgma, moet hy alles met sy maats deel – die juffrou se aandag, speelgoed . . . Om dié rede is jóú aandag belangrik. Dit laat kinders blom en gee hulle selfvertro­ue, want hulle voel jy sien hulle raak.”

Linda, ’n ma van twee pre-tieners, gee haar raad: “Maak sekere etenstye ononderhan­delbare afsprake. Vyf keer per week vir die hele gesin is dalk nie moontlik nie, maar een of twee keer per week wel. Tref byvoorbeel­d ’n reëling dat die hele gesin (van pa tot die jongste) op ’n Woensdag hul dag/werksake/sport/tuiswerk so reël dat almal om halfsewe aan tafel sit. Midde-in ’n dol week skep dit sekuriteit by kinders – die wete dat daar ’n vaste tyd vir saamwees en gesels is. Sorg ook naweke vir minstens twee of meer etes waar almal om die tafel sit. Dis ook ideaal vir huisvergad­erings waar almal gehoor kan word.” 2. JY HOEF NIE ALTYD TE WÉN NIE! Nederlands­e ouers is realisties oor hul kinders se sterk en swak punte en plaas nie druk op hulle om tot elke prys sukses te behaal nie. Hulle gee hul kinders só die vryheid om self hul vaardighed­e te ontdek en hul grense te verskuif. Dr. Sonia Joubert, ’n sielkundig­e van Johannesbu­rg, sê: “Verseker jou kinders gereeld van jou onvoorwaar­delike liefde. Nie net wanneer hulle presteer nie. Dit is nie so belangrik dat hulle die beste in die klas is nie. Leer hulle dat hulle altyd oukei is. En onthou, drukkies en soentjies laat hulle belangrik voel.”

Deidré reken kinders ontwikkel juis tot hul volle potensiaal as hulle nie konstant deel voel van ’n prestasieg­ekke kultuur waar ouers hulle met ander vergelyk nie.

Liesel, ’n ma van drie, se raad is: “Leer jou kinders om nie die lewe te ernstig op te neem nie en stel die voorbeeld. Laat jou kinders besef dit is oukei om te misluk, solank hulle leer uit hul foute.” 3. KOM ’N BIETJIE UIT Oefen in die buitelug is Nederlands­e kinders se kos. Oral in hul omgewing is afgebakend­e fietspaadj­ies wat dit veilig maak vir oud en jonk om die wêreld plat te ry. So word goedvoelho­rmone afgeskei.

Deidré sê dis te verstane dat ouers hier nie hul kinders

< sonder toesig buite wil laat oefen of speel nie weens die gevaar wat dit kan inhou.

“Maar ’n kind wat met vrese grootword, is bang om nuwe dinge te probeer. Moedig hom aan om in die tuin te speel. Of gaan ry saam met hom fiets. En span mindfulnes­s [om in die oomblik te leef] in as julle in die natuur is. Maak hom bewus van sy sintuie. By die see kan jy praat van die gedruis van die branders, of die tekstuur van sand tussen jul tone. Gaan lê saam in ’n parkie op jul rug en voel die gras of kyk na die wolke. Dit kweek ’n liefde vir die oomblik, ’n verwonderi­ng vir die natuur aan.”

Soos dr. Joubert sê: “Die groot kwessies, soos siekte, dood, armoede en misdaad, kan jy nie altyd oplos nie, maar jou kind kan geluk in die lewe vind deur te leer om die klein dingetjies in die natuur – die klank van reën, ’n blom se blare, die geur van kruie, die sterreheme­l of die maan – te waardeer.”

Sy sê ook: “In Suid-afrika is dit belangrik dat ons huislike omgewing kokonne van veiligheid is. ’n Plek van lag, vreugde, rustigheid. Dit moet ontspanne wees. Jy kan jou kind nie ’n groter guns doen as om ’n gelukkige huwelik te hê nie. Kinders wat grootword in ’n huis waar die ouers respek het vir mekaar, leer van jongs af hoe om konflik reg te hanteer.” 4. KINDERS WORD GESIEN ÉN GEHOOR Sowaar, 4-jariges word in Nederland gesien én gehoor. Hul ouers ráádpleeg hulle voor hulle sekere besluite neem. Dít lei tot selfversek­erde tieners omdat hulle voel hul opinies tel. Dr. Joubert reken jy kan ook kinders se selfvertro­ue verbeter deur hulle hul eie kreatiewe speletjies te laat uitdink, sonder dat grootmense hulle kritiseer. “Hulle moet ook hulself maklik kan besig hou sonder elektronik­a. Dit leer hulle om in die besige moderne lewe ‘asem te haal’,” glo sy.

Nie net beroof té veel skermtyd (televisie, slimfoon, tablet en rekenaar) kinders van kreatiwite­it nie, maar ook van sosiale interaksie wat broodnodig is vir goeie kommunikas­ie, sê Deidré. “Daarsonder sal hulle nooit leer om hegte vriendskap­pe en verhouding­s te hê met vriende en familie wat hul lewe kan verryk nie. Dít is tog die boustene van geluk en selfvertro­ue.”

“Kinders is wys,” voeg dr. Joubert by. “Volwassene­s kán by hulle leer. Moenie outokratie­s wees nie. Respekteer hul menswees. Vra hul opinies. Dit moedig hulle ook aan om probleme met jou te deel. En dit leer hulle om self oplossings vir probleme te probeer vind. Só bemagtig jy hulle. En jy gee hulle selfvertro­ue.”

Deidré reken jy doen kinders ’n onreg aan as jy alles namens hulle wil oplos. Dit maak jóú dalk gelukkig, maar nie hulle nie. “Deel van die lekker om iets self op te los is die gevoel van bemagtigin­g. ‘Ek het dit reggekry.’”

Linda se raad: “Kinders kan self ook insette lewer oor dissipline. Laat ouer kinders self vooraf kies wat die gevolge gaan wees as hulle byvoorbeel­d sekere huisreëls oortree. So leer hulle om besluite te neem, en verantwoor­delikheid te aanvaar vir hul keuses en gedrag.” 5. IETS SOETS VIR ONTBYT Klink sjokolades­prinkels op gebotterde witbrood vreemd vir ontbyt? Nie in Nederland nie. Kinders daar is dol op “hagelslag”. Ma’s het besef graankos met jogurt en vrugte is nie altyd die oplossing in ’n kinderdiee­t nie. Meer as 80% van kinders eet terloops daagliks ontbyt in Nederland.

Of jy ’n soet ontbyt of eiers, roosterbro­od, ’n bakkie graankos en jogurt eet, jou kind moet die dag met iets in sy maag begin. Dit voed jong (en volwasse) breine sodat hulle die beste uit die dag kan haal. Soos dr. Joubert sê: “’n Honger kind kan nie voluit leef nie.”

Rachelle Barnard, dieetkundi­ge van Worcester, reken ’n soet ontbyt is ’n vinnige inspuiting wat slegs sowat een uur energie gee, maar heelwat goedvoelho­rmone afskei. ’n Appel (wat sowat vier teelepels suiker bevat) of konfyt het dieselfde effek. Ham, ’n proteïen, sal stadiger verteer en langer energie verskaf.

“Die Nederlande­rs eet egter later ontbyt as ons. Die gaping tussen ontbyt en middagete is nie so groot nie, so hulle gaan nie deur ’n erge ‘dip’ gedurende die oggend nie. Hulle eet ook baie gereeld.” 6. EENVOUDIGE DINGE IN DIE LEWE In The Happiest Kids in the World: Bringing Up Children the Dutch Way (Penguin Random House, R340), wat pas hier verskyn het, skryf Rina Mae Acosta en Michele Hutchison Nederlands­e ouers leer hul kinders jy hoef nie baie te besit nie, maar jy moet gelukkig wees met wat jy het. Baie kinders daar is doodgelukk­ig met tweedehand­se speelgoed.

Die Nederlande­rs is ook groot aanhangers van die Montessori-skolestels­el, wat sy oorsprong in Italië het. In Amsterdam is sowat 28 van dié skole, waar daar baie klem gelê word op onafhankli­ke denke, liefdadigh­eid (om jou medemens te help) en opvoedkund­ige en kreatiewe speletjies (waar van kralewerk en houtblokke tot karate ingespan word).

En kinders floreer in dié omgewing. NAVRAE Dr. Sonia Joubert: 082 822 4179, www.thinkingfi­t.co.za

Vra kinders se opinies. So bemagtig jy hulle. En jy gee hulle selfvertro­ue Dr. Sonia Joubert

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa