Sarie

Trend van die maand: Oranje

TREND VAN DIE MAAND

- DEUR AMARIA CARSTENS & MONICA PIENAAR

Oeps, dié een het ons nie sien kom nie. Oranje in 2017. So saam met Greenery, die amptelike kleur van die jaar, laat oranje van haar hoor in dekor, mode en skoonheid. As ’n fokus-skakering hier en sommer ’n hele fiësta van kleur daar. Pinterest wys daar’s ’n toename van 59% in oranje borde, en dat “blorange”, ’n kombinasie van bloedrooi en oranje, ’n warm haar-trend is. Glo ’n skakering wat elke velkleur en haartipe pas. Kenners is dit eens oranje staan vir energie, opwinding en aksie. Maar meer nog, dit sê soms hokaai!, stadig-stadig, want dis ook die kleur van vriendskap, vennootska­p en liefde. En as jy nog wonder, ja, dit is ’n pasmaat vir byna elke ander skakering in die reënboog - groen, blou, rooi, lila, noem maar op. In kort, oranje is ’n #jol. Geniet dit!

My, jou en ons kinders Dit was nie van die begin af maanskyn en rose toe Ulandie

Slabbert en haar tweede man, Ernst, albei bemarkers van Pretoria, met hul spannetjie van vier kinders eensklaps ’n kitsgesin geword het nie

“’n Gewone gesin het reeds soveel uitdagings, soveel te meer ’n saamgestel­de gesin,” vertel Ulandie, wat in 2016 een van die finaliste van SARIE Voorbladge­sig was. Maar nadat haar huwelik van sewentien jaar in 2011 tot ’n einde gekom en sy haar sielsgenoo­t by die kerk ontmoet het, was sy gereed om weer te probeer. Op 23 Januarie vanjaar was hulle twee jaar getroud.

Haar kinders, Wesley (nou 22) en Kylie (nou 21), was in 2012 nog tieners toe sy en Ernst ontmoet het. Sy seun Brendan (nou 20) was ook ’n tiener en Logan (nou 7) was nog ’n kleuter. “Ernst was nie voorbereid op twee ekstra tieners in die huis nie en ek het ’n kleintjie geërf wat vandat hy vyf jaar oud is elke tweede naweek kom kuier. In die week bly Logan by sy ma. Maar hy het gou in my en my kinders se harte kom kruip,” vertel Ulandie.

“Die situasie was maar ’n groot aanpassing vir my dogter en dit het sowat drie jaar geduur voordat sy werklik tuis gevoel het. Sy het nou haar eie kind en woon saam met haar man. Al die ouer kinders is uit die huis en Logan kom net elke tweede naweek en vakansies na ons toe. Daar is nou minder tyd vir krapperigh­eid tussen die kinders.”

Hulle het van die begin af besluit dit gaan werk “omdat ons nie sou toelaat dat die kinders ons manipuleer nie. Ons huwelik kom eerste.”

Danksy hierdie saamgestel­de gesin voel Ulandie deesdae soveel ryker. Sy is dankbaar oor vrolike langtafels Kerstyd en met verjaardae, en sy het opnuut die krag van aanpasbaar­heid besef.

Sy meen die harmonie in ’n huishoudin­g hang grootliks van jou as ma af. “Liefde, aanvaardin­g en genade gee die deurslag. Ek probeer nie my man se kinders se ma wees nie. Noudat hulle ouer is, is ek ’n soort vriendin. Sy kinders noem my op die naam, my kinders noem hom oom Ernst.”

Daar is geen waarborge dat saamgestel­de gesinne gaan “werk” nie. “As jou eggenoot, naas God, jou bondgenoot is, is jou kans op sukses groot. Wees ook voorbereid op die uitdagings wat kinders en die bagasie van so ’n huishoudin­g kan meebring. My en my man se dissipline­styl het byvoorbeel­d aanvanklik verskil, maar mettertyd het ons al die dinge uitgesorte­er.”

Sy meen ook dit is goed om te besef kinders se persoonlik­hede verskil en dat jy hulle moet toelaat om hul eie lewe te lei wanneer hulle die huis verlaat. “Oop kommunikas­ie is so belangrik. Moenie verwag probleme gaan net verdwyn nie. Praat as iets pla.”

Sou sy en Ernst kans kry om dit oor te doen, sou hulle dit wel anders aanpak, soos om as gesin na ’n berader te gaan. “Ons het gewoon nie die vaardighed­e gehad om behoorlike leiding vir die kinders te gee nie. Gelukkig is ons deur die storms. Nou is die motor gediens, die wiele sal nie afval nie.”

Oop kommunikas­ie is so belangrik. Moenie verwag probleme gaan net verdwyn nie. Praat as iets pla

Toe klein Alexander met die sielvolle swart oë vyf jaar gelede uit die kinderhuis aan Dirk, toe reeds in sy veertigs, toevertrou is, het een van die wonderliks­te hoofstukke in sy lewe aangebreek. Hy het pa geword. “’n Kind is sekerlik die grootste verantwoor­delikheid in jou lewe. Die maatskapli­ke werker en ek het ’n jaar lank baie nou saamgewerk. Sy maak seker dat die beste mens gekies word om na die kind om te sien. Ek moes toegewyd vorms invul, werksessie­s bywoon, onderhoude voer. Ek was baie beïndruk met die keuringspr­oses.

“Ek het so lank daarvan gedroom om pa te word. Eindelik was ek gevestig – emosioneel en in my werk – en gereed om my liefde en ervaring met ’n kindjie te deel.”

En elke dag saam is ’n positiewe ervaring. Vir hom en Alexander. “Deur sy ontdekking­s van elke nuwe dingetjie – van die sonsonderg­ang tot ’n ballet waarheen ek hom neem of ’n mooi blom – is dit asof ek ou ervarings weer nuut beleef en nuwe ervarings ryker. Hy het my ook geleer hoe om geduldig te wees en in die oomblik te leef, en om mooier met mense te werk omdat hy die goed in mense raaksien en waardeer. Ek beleef daagliks sy onvoorwaar­delike liefde.”

Dit is duidelik dat dié pa blom. Voorheen eerder bekend as ’n gereservee­rde mens, plaas hy deesdae onbeskaamd tere foto’s van hom en Alexander op Facebook. “Dis wat ’n kind aan jou doen. Jy leer nuwe dinge oor jouself en kruip uit jou dop,” erken hy. En nou is hulle ’n eenheid. Die “emosionele gat” van vroeër is gevul.

Pa en seun spandeer baie tyd saam wanneer Dirk reis, onder meer na Europa, Kuba en China. “Alexander hou van die ‘fliekvlieg­tuie’, waar hy die hele reis na hartelus kan fliek,” lag Dirk. Hulle doen ook vele roadtrips in Suid-afrika.

Die kultuurdin­g pla hulle nie juis nie. “Alexander is gelukkig nog kleurblind, soos die meeste jong kinders, hoewel die samelewing nog nie almal daar is nie. Maar ek probeer hom so lank as moontlik daarteen beskerm. Ons het die afgelope vyf jaar nog net twee negatiewe ervarings gehad. Die meeste mense bewonder wat ons twee regkry, trouens, die meeste Suid-afrikaners behandel ons met liefde en respek. Ek glo ek sal in my doel as ouer slaag as ek hom selfrespek en agting vir mense, diere en die aarde leer.”

Die enigste “negatiewe” deel van enkel-ouerskap: “Dit is soms moeilik as daar nie ’n balans van twee ouers – ma en pa – is nie. Ek moet die good en bad cop wees. Dit is moeilik vir hom en my. Maar dit help baie as jy ’n goeie ondersteun­ingstelsel het. My wonderlike familie – ma, suster, broer en hul gades – is goeie vriende. Hulle gee praktiese en emosionele bystand. Ek dink ’n mens sou sukkel om kind grootmaak ten volle op jou eie aan te pak.”

Volgens Dirk sal hy enige enkelman wat die behoefte het, aanraai om ’n kind aan te neem. “Doen dit gouer eerder as later. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.”

Dirk Deur sy ontdekking­s van elke nuwe dingetjie is dit asof ek ou ervarings weer nuut beleef en nuwe ervarings ryker

Geskei, maar steeds bure Riva Schoeman, radio-omroeper by Grootfm, Pretoria, en haar eksman, Bancroft Metcalf, ’n belastingk­onsultant, is bure

Dit is nou al twaalf jaar sedert Riva, Bancroft en hul seuns, Ruben en Samuel (nou 23 en 20), langs mekaar begin woon het – hoewel Ruben nou sy eie plek betrek het.

Riva was nog nie een oomblik spyt oor haar besluit nie.

Aanvanklik het sy ná die egskeiding in Bloemfonte­in aangebly, terwyl Bancroft in Pretoria gewerk het. “Dit was moeilik om my tentpenne uit te trek in Bloemfonte­in. Ek was omring deur familie, in ’n ernstige romantiese verhouding en my werk by die radiostasi­e OFM het my vervul. Maar ek het besef my kinders moet naby hul pa woon.”

Sy het lank daaroor gebid en is daarna sak en pak Pretoria toe. “’n Ma kies altyd die beste vir haar kinders. Dit is ontsettend lekker dat hulle ewe veel tyd by my en hul pa kan deurbring. As enigiets met my sou gebeur, kan hulle langsaan by hul pa om hulp aanklop.”

Riva glo die reëling werk so goed omdat sy en Bancroft vriende gebly het ná die egskeiding. “Dit is nie te sê dat ons nie soms vassit nie. Maar dit is ’n praktiese verstandho­uding. Wanneer ek met vakansie gaan, pas hy my huis op en sien om na die diere: twee Jack Russels, Milo en Chino, en twee African Greypapega­aie, Max en Jazz.”

Bancroft reken dit was nie soseer ’n aanpassing nie omdat hulle dit volwasse hanteer het. “As ouers nie kan saamwoon nie, hoef die kinders nie daaronder te ly nie. Ons het albei moeite gedoen om die kinders nie te ontwrig nie.”

As probleme opduik, hou hulle saam huisvergad­ering. “Ek en Bancroft is mekaar se klankbord as ons wil gesels oor enigiets wat ons pla, soos oor die kinders se dissipline. Dit is lekker en gee gemoedsrus.”

Maar hulle forseer niks. “Want soms is ons nie lus vir mekaar nie. Dan sorteer ons dinge op ons eie uit.”

Hoewel daar nie formele “reëls” is om só ’n verstandho­uding te laat werk nie, meen Riva dit is belangrik om mekaar se privaathei­d en ruimte te respekteer. “Net omdat ons bure is, beteken dit nie noodwendig ons mag mekaar se drumpel deurtrap nie. En ons meng glád nie by mekaar se romantiese verhouding­s in nie.”

Hulle vier verjaardae saam en maak die kind wat verjaar vroegoggen­d wakker met geskenke en ’n koek met kersies, selfs noudat hulle groot is. Soms word dit ook met ’n gesamentli­ke braai of ’n lekker uiteet gevier. Elke ouer hou afsonderli­k met die seuns vakansie en Kersfees spandeer Riva gewoonlik met haar kinders en familie.

Niemand voel hulle het “uitgemis” omdat hulle nie deel is van ’n kerngesin nie. Ruben sê trouens: “As ek eendag skei, sou ek dit ook so wou doen. Ek besef mense kan mekaar liefhê selfs al is hulle nie getroud nie.” Samuel sê hy dink nie almal sou dit só kon doen nie, maar voel bevoorreg dat hulle kon.

Riva reken: “Die lewe verander voortduren­d en as jy nie kan aanpas nie, gaan jy sukkel. Die lewe is nie vir sissies nie. Daar is nie ruimte vir selfsug nie, elke oomblik is kosbaar.”

As enigiets met my sou gebeur, kan hulle langsaan by hul pa om hulp aanklop Riva

 ??  ?? - Papawers is binnekort in seisoen -
- Papawers is binnekort in seisoen -
 ??  ?? Dirk en Alexander by Machu Picchu in Peru in Januarie 2016.
Dirk en Alexander by Machu Picchu in Peru in Januarie 2016.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa