Moeg, klaar, op – dis dalk jou byniere
Moeg, gedaan, klaar, op? Wie vandag is nié? Bynier-uitputting versamel ’n klomp uiteenlopende simptome onder een sambreel. Dalk herken jy jouself
Voeljy soos ’n kortgebakerde zombie? Net so móég?
Jou simptome is so wyd soos die hemeltrans. Lighoofdigheid as jy regop kom, sonder ’n seksdrang en jou konsentrasie is swak. Jy crave sout/ soet en jou spysvertering protesteer. Smiddae verloor jy stoom, maar kry ’n tweede asem laataand. Dan kom jy nie in die bed nie. En hoeveel keer het jy vanjaar verkoue of ’n lastige hoesie gehad?
Dit hou oënskynlik nie met mekaar verband nie. Maar klink dit bekend, het jy dalk wat al die 21ste eeu se siekte genoem is. Bynier-uitputting.
Jou liggaam se noodroep dat jy dinge kalmer moet vat.
Bynier-uitputting is ’n diagnose waarvoor jy eers by dokters moes aanklop wat in funksionele medisyne spesialiseer. (Dus holisties na jou simptome kyk, liggaam, kop, emosies en leefstyl.) Tog is hoofstroomgeneeshere toenemend oopkop daaroor, reken dr. Pierre van der Walt, chemiese patoloog van Pretoria met ’n belangstelling in endokrinologie.
Dr. Grant Fourie, mediese dokter van Kaapstad wat in funksionele medisyne spesialiseer, voeg by: “Van al die gesondheidsprobleme waarmee ek te doen kry, is uitermatige uitputting die algemeenste. Ek sien dit daagliks.” NIERE SE KEPPIE Jou byniere is kliere so groot soos okkerneute en sit net bokant jou niere. Dis verantwoordelik vir jou liggaam se reaksie op stres (fisiek Óf emosioneel) deur die afskeiding van hormone (hoofsaaklik kortisol, adrenalien en noradrenalien). Só skei dit in tye van ekstreme stres kortisol af sodat jy optimaal kan funksioneer.
Behalwe streshormone skei die byniere sowat 50 ander hormone af,
onder meer testosteroon, estrogeen en progesteroon.
Ons is vandag hier juis omdat ons spesie stresvolle gebeurtenisse kan hanteer. As jou oer-voorvader deur ’n sabeltandtier gejaag is, of jy deur die bure se hond, skop die veg-of-vlugreaksie in. Kortisol word afgeskei, wat onder meer jou hartklop, bloeddruk en bloedsuiker opjaag, wat nodig is om die gevaar te trotseer. Jy kry Simson se krag, of hol soos Wayde. Raak dinge kalm (jy sit in ’n boom), verminder die kortisol-afskeiding en so bedaar ook jou hartklop, ensovoorts.
Deesdae is daar honderde stressors, nie een is lewensgevaarlik nie. Jou liggaam reageer egter asof dit is. Dit kan akute stres hanteer, ja. (Daai sabeltandtier.) Maar met chroniese stres sit die veg-of-vlug-respons op loop, sonder remme.
Dis jou grootste nagmerrie as jy nie kan weghol vir die ding wat jou jaag nie Dr. Fourie
DIE RITME VERSTEUR Die byniere werk in ’n ritme: Só is kortisol soggens hoog en verminder geleidelik tot jy gaan slaap, verduidelik dr. Fourie. Met bynier-uitputting word die kortisol-afskeiding wisselvallig: hoog as dit laag moet wees en andersom. “Dis jou grootste nagmerrie: As jy nie kan weghol vir die ding wat jou jaag nie.”
Die byniere stoor nie kortisol nie, dit vervaardig dit. Dis afhanklik van die regte interpretasie van die stimulus/ bedreiging/uitdaging in die omgewing om die korrekte hoeveelheid adrenalien, noradrenalien en kortisol te vervaardig.
As jou liggaam gereeld te veel kortisol produseer om jou te help met stres (werklik of in jou kop), raak dit elke stelsel in jou liggaam: nie net die produksie van bynier-hormone nie, maar ook die ander kliere s’n, sowel as sel-sensitiwiteit. ONDER EEN SAMBREEL Volgens dr. Van der Walt is bynieruitputting “’n sambreelterm vir ’n groep nie-spesifieke simptome soos liggaamspyn, moegheid, senuweeagtigheid, slaapversteurings of spysverteringsprobleme”. Jou korttermyngeheue is swak, jy het sooibrand, lae libido, jou hooikoors vererger. Jy is net so móég, sukkel om soggens op te staan en het koffie, energiedrankies, sout- en soetgoed nodig om jou dagtake te verrig. Jy is nie siek nie, maar voel net nooit “lekker” nie.
Dr. Fourie: Jy voel dom, hartseer, stadig, vet, onaantreklik. Alles jou >
< liggaam se desperate poging om jou tot stilstand te dwing sodat jou byniere asem kan skep. (Nes jou rekenaar wat elke nou en dan af- en weer aangeskakel moet word.)
Meer vroue as mans ly daaraan. Dit word dikwels geassosieer met chroniese langtermyn-stres, algemeen in ons vinnige lewens; of ’n gebeurtenis of siekte wat jou fisiek en geestelik tap. (’n Ongeluk, trauma, egskeiding, besering . . .) OMSTREDE DIAGNOSE Die term is die eerste keer sowat 20 jaar gelede deur ’n Kanadese dokter in funksionele medisyne, James Wilson, gebruik. (Hy is die skrywer van die boek Adrenal Fatigue: The 21st Century Stress Syndrome.)
Dis vandag steeds omstrede. ’n Google-soektog lewer net soveel skakels op wat sê dis ’n mite as dié wat dit as ’n ware sindroom voorstel. Weens ’n gebrek aan wetenskaplike bewyse erken baie konvensionele dokters dit
Jy is nie siek nie, maar voel net nooit ‘lekker’ nie Dr. Van der Walt
nie. Die groep simptome wat daarmee saamgaan, kan boonop met talle ander toestande verbind word. Dit word dikwels verkeerdelik gediagnoseer as depressie, angs, stres, hipochondrie of ’n chroniese virus-infeksie.
In mediese kringe is bynieronderfunksie bekend as hipoadrenalisme en in ekstreme gevalle Addison se siekte. Jy is dan maer, uiters moeg en uitgeteer. ’n Skaars, nie noodwendig stresverwante outoimmuunsiekte, wanneer jou immuniteit die byniere aanval, sê dr. Van der Walt.
Dr. Fourie oorweeg ’n diagnose van bynier-uitputting wanneer jy kla van aanhoudende moegheid, sonder fisieke tekens, en die volgende verklaar dit nie: slaaploosheid en slaapversteurings, bloedsuiker-verwante probleme soos diabetes, bloedarmoede (anemie) of skildklier-probleme. Ander oorsake van die simptome kan byvoorbeeld depressie en newe-effekte van medikasies wees. ’n Deeglike mediese geskiedenis is baie belangrik. Simptome soos ’n kuit of enkel wat swel (edeem), kan op hart- of nierversaking dui. * Blaai na “Stres en jou lyf ” op bl. 120.
KONTAK Dr. Van der Walt 012 804 0306 Dr. Fourie 021 919 3666, reception@oakmed.co.za, www.drgrantfourie.co.za
James de Villiers 021 559 6400, jamesdv@iafrica.com
Vir ’n dokter in funksionele medisyne, besoek functionalmedicinesa.co.za
Lees ook op SARIE.COM “Wat is mindfulness?”