Sarie

Kleure van die Karoo

Die Vissers van Stellenbos­ch gebruik elke moontlike geleenthei­d om na hul geliefde Klein-karoo-plaas weg te breek, soos nou weer oor die Paastyd. Hier word jou siel verkwik en jou batterye herlaai

-

Dithet als begin toe Hein en Helene Visser, en hul dogters, Jana en Karla, juis oor ’n Paasnaweek in 2001 in die Karoo gekuier het en ’n piekniek wou hou. Mense het hulle aangeraai om die Matjiesvle­i-afdraaipad, buite Calitzdorp, al langs die Gamkarivie­r te volg. Hier ontdek hulle toe ’n juweel. Oral langs die pad in hierdie groen kloof is die mooiste ou Karoo-huisies. Die koeël was deur die kerk en die hele gesin verlief op dié wêrelddeel, maar niks was te koop nie.

Toe daar later daardie jaar ’n plaas op die mark kom, het Hein, ’n argitek (www.vkdb.co.za), dadelik die potensiaal raakgesien, selfs al was dit verwaarloo­s. Die eerste stap in die restourasi­e-proses was om die waenhuis en woonhuis te verbind om ’n lieflike koel, groot woonhuis te skep, sonder om die karakter van die huis prys te gee. Verlede jaar het hulle nog ’n groot aanbouing gedoen deur die stoep aan die agterkant uit te bou.

Vir die Vissers is Die Hoek meer as net ’n vakansiepl­ek. Dis waar hul familie van heinde en ver kom kuier om die mooiste herinnerin­ge bymekaar te maak.

DIE VUURHERD

Knus vir die winter en heerlik vir die somer met die glasdeur wat heeltemal oopgly en uitloop op die grasperk en swemdam. Die deur langs die vuurherd lei na die kombuis.

WENK ’n Sementvloe­r is ’n bekostigba­re opsie, jy kan altyd later daaroor teëls of matte lê

DIE SITKAMER

Hierdie vertrek is ruim en koel, en ingerig met diep stoele en ’n groot, sagte rusbank. Kersfees word hier ’n reuse-kersboom opgeslaan en almal kry ’n sitplek sodat geskenke uitgedeel kan word. Die leunstoele was van die eerste meubelstuk­ke wat Helene as jong meisie gekoop het en die geblomde materiaal het sy in ’n fabriekswi­nkel gevind. Die ander meubels en skilderye is erfstukke of aangekoop uit tweedehand­s- en antiekwink­els. Die oorspronkl­ike houtvloer is geskuur en met Monocoat behandel, wat dit ’n geskropte voorkoms gee.

’N NOSTALGIES­E BADKAMER

Die badkamer is nog die oorspronkl­ike. Dit is net onlangs oorgeteël. Die gordyne pas by die nostalgies­e gevoel en die gordynkap is nog die heel eerste een.

WENK Gewone porseleint­eëls van 15 x 15 cm is so geplaas dat dit soos metroteëls lyk

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die twee gewelbedde­ns pas knus in die lang, smal kamer. Sigbaar is die dik mure, wat die huis heerlik koel hou teen die Karoo-son.
Die twee gewelbedde­ns pas knus in die lang, smal kamer. Sigbaar is die dik mure, wat die huis heerlik koel hou teen die Karoo-son.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa