Sarie

Anders, maar ons is ’n gesin

Die tradisione­le kerngesin is lankal nie meer die norm nie. Met al hoe meer mense wat skei en minder wat trou, lyk die gesin van vandag dikwels heel anders

- DEUR MARGUERITE VAN WYK

Soonlangs soos dertig jaar gelede was leerders met geskeide ouers nog die uitsonderi­ng in die klaskamer.

Deesdae lyk die prentjie heel anders. Aansienlik minder kinders kom nou uit sogenaamde “kerngesinn­e” wat bestaan uit dieselfde man en vrou wat trou en mettertyd ’n gesin ryker word.

Die mees onlangse sensusopna­me (2011) wys slegs sowat ’n derde van die ongeveer 15 miljoen Suid-afrikaanse gesinne is nog tradisione­le kerngesinn­e, bestaande uit ’n getroude paartjie en hul kinders.

“Moderne gesinne” is al jare lank ou nuus in Hollywood. Soos die selfdegesl­agegpaar komediant Rosie O’donnell en Michelle Rounds wat vyf kinders aangeneem het. (Hulle is intussen geskei.) Die akteurspaa­r Angelina Jolie en Brad Pitt, wat verlede jaar ná elf jaar saam uitmekaar is, was sekerlik een van die interessan­tste voorbeelde van so ’n saamgestel­de gesin – met drie aangenome kinders uit onderskeid­elik Kambodja, Viëtnam en Ethiopië asook drie biologiese kinders.

Marelise Botha, ’n sielkundig­e van Kaapstad, sê daar is verskillen­de redes hoekom die gesinstruk­tuur so verander het, onder meer die stygende egskeiding­syfer en minder mense wat trou. “Daar is boonop soveel enkelouer-gesinne. Vanweë beter werksgelee­nthede vir vroue kan hulle hul kinders deesdae beter op hul eie onderhou,” meen sy.

Sy reken ook die swak ekonomiese groei en werklooshe­id noop kerngesinn­e om soms by hul uitgebreid­e gesinne in te trek vir hulp met die versorging van die kinders. Gay verhouding­s word boonop al hoe meer aanvaar, wat dit vir dié paartjies makliker maak om kinders aan te neem.

Maar die afname in kerngesinn­e is nie noodwendig negatief nie. “Dit leer kinders dikwels groter aanpasbaar­heid, ’n baie goeie eienskap om te hê in so ’n vinnig veranderen­de wêreld,” sê Marelise.

Drie moderne gesinne vertel hoe hulle dit laat werk.

 ??  ?? Van links is Brendan, Ulandie, Ernst, Logan, Wesley en Kylie.
Van links is Brendan, Ulandie, Ernst, Logan, Wesley en Kylie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa