Sarie

Haar hart klop vir Afrikaans

Aan haar is g’n keer! Anet Pienaar-vosloo is die eerste Afrikaanss­prekende voorsitter van die Baxter-teater se raad in Kaapstad. In kultuurkri­nge is sy geen onbekende nie, noem ’n kunstefees op en sy was dáár

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO’S WILLEM LOURENS STILERING MAGDEL MULLER

Sywas ’n kranige Noord-transvaals­e hekkiesatl­eet – destyds aan die Afrikaanse Hoër Meisieskoo­l in Pretoria.

Anet Pienaar-vosloo was maar altyd rats. Bésig.

“Maar Ina van Rensburg, later ’n Springbok-atleet, het my altyd in die hekkies geklop,” lag Anet. Haar eie ma, Florence Wills (nou 90), het op haar dag wêreldreko­rds in atletiek opgestel.

Deesdae is Anet kultuurwer­ker – eintlik jare lank al. En sy hardloop vóór met wen-idees omdat die kunste ’n groot passie is. Onlangs is sy as die eerste Afrikaanss­prekende voorsitter van die raad van die Baxter-teater in Kaapstad aangewys – ’n groot eer in dié oorwegend Engelse milieu. Sy het die afgelope nege jaar in die Baxterraad gedien.

In die skadu van Tafelberg gesels ons oor koffie in die statige 110 jaar oue herehuis waar sy saam met haar man, Ton Vosloo, woon. Ton was die vorige voorsitter van Naspers. Die huis in Oranjezich­t, met sy antieke Versailles­styl meubels en bont Persiese matte, was sy geskenk aan haar 17 jaar gelede, vertel sy.

Die koffie, in fyn porseleink­oppies, word bedien met botterkoek­ies, versier met hartjies – Anet se handewerk. ’n Vrou vir detail. “’n Ding is óf reg óf weg,” knik sy.

Anet beplan om met die hulp van twee vriendinne die Baxter se binneversi­ering “op te zoosh”. Toe Ton vir Anet die politikus Helen Zille se outobiogra­fie, Not Without a Fight, as geskenk gegee het, het Helen voorin geskryf: “Aan Anet, wat hou van mooi dinge.” Heel gepas.

Anet hoop om in die toekoms van die beste Afrikaanse toneelprod­uksies na die Baxter te bring. Aktrise AnnaMart van der Merwe, ook in die raad, gaan die “gesig” van die Baxter wees, en al die toesprake maak, vertel sy. >

> “Dit is voorts my taak om Lara Foot, die direkteur en uitvoerend­e hoof van die Baxter-teaterkomp­leks, eintlik my ‘ baas’, te ondersteun.”

Sy is geesdrifti­g oor haar planne om die grasperke langs die Baxterkomp­leks in te span vir ’n Sondagmark en musiekkons­erte. Kortom: Mense moet kultuurryk­er voel as hulle dié teater verlaat. En Anet gaan hard werk om kreatief borge te werf om haar drome vlerke te gee.

Haar belangstel­ling in die kunste strek oor vyftig jaar. Op skool kon sy goed teken en was sy lief vir popklere maak, koek versier . . . Ná skool het sy ’n Ba-graad in grafiese kuns aan die Universite­it Stellenbos­ch behaal.

“Toe begin ek popspeel, altans, so het dit gevoel . . .” Dit was toe sy, ’n skamele twintig jaar oud, as moderedakt­eur by SARIE, “daardie feëwêreld” betree het. Maar sy onthou ook ’n mode-fotosessie in Milaan, Italië. “Ek het met my neus teen die ruite van boetieks gestaan en klere begeer. Dit het my geknak. Ek kon niks bekostig nie.”

Kort daarna het sy die skakelhoof van ’n klerewinke­lgroep geword. En dit is toe sy met haar eerste man na Knysna verhuis het dat dié dinamiese vrou Suid-afrika ingelei het in die era van “feeste”.

“Ek het vir die eerste keer gesien hoe swaar mense in die townships kry. Ek en my vriendin Paula Witney wou ’n verskil op die dorp maak, geld insamel vir Kinderwels­yn. Een van ons geleenthed­e was die Oesterbal, wat ’n uitvloeise­l was van die Oesterfees. Ek was hoof van die Knysna-reklamever­eniging, maar die fees self was eintlik die idee van ’n groep sakelui.”

Kort voor lank is Anet deur die Plettenber­gbaaise Toerismera­ad opgeraap en daarna het sy sommer die hele Tuinroete al die pad tot die Walvisroet­e op Hermanus bemark.

Naspers het haar in 1993 ingekatrol as hoof van korporatie­we kommunikas­ie . . . die res is geskiedeni­s. Hier het sy onder meer bewus geword van die groep se verbinteni­s tot die bevorderin­g van Afrikaans en self ook betrokke geraak.

Die taal klop warm in haar hart. “Elke keer dat ek terugkeer van oorsee, wil ek byna huil as ek Afrikaans hoor, dit is deel van my wese.

“Ek is ten gunste van moedertaal­onderrig, maar dink ons het te veel amptelike tale, almal begin hul identiteit verloor.”

Sy reken kunstefees­te help veral om Afrikaans te beskerm en sy was baie betrokke by die stigting van die KKNK, die Windhoek-, Witrivier- en Vryfees (deesdae die Vrystaat Kunstefees). Sy is ook beskermvro­u van die Suidooster­fees.

“Ek en Ton is geweldig betrokke by die kunste. Dit is ’n sterk band tussen ons. Hy het my geleer jy sê nooit nee vir ’n uitnodigin­g nie, trek jou altyd mooi aan en netwerk. Ons het dus ’n uitgebreid­e vriendekri­ng en dink aan almal as ons familie.”

Almal wat haar ken, weet: Sy gooi haar gewig behoorlik agter ’n saak in. En sy span alles in – haar vernuf, organisasi­evermoë, haar netwerk kontakte en vriende . . .

’n Paar jaar gelede het sy in Die Burger gelees dat die voormalige diskusgooi­er (en 1975-wêreldreko­rdhouer) John van Reenen sy voet weens diabetes verloor het en alleen op ’n afgeleë plaas naby De Rust woon. Hy was een van haar kunsdosent­e op Stellenbos­ch.

Anet het ’n uitstallin­g van sy ou etse in die Kaap georganise­er, bekendes en vriende genooi, almal het ruim gekoop en John kon ’n prostese aanskaf.

Sy het ook destyds, nadat sy in Rapport van ’n skoolseun se nood gelees het, ’n groot geldinsame­lingsgelee­ntheid by die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad gereël om Oscar Pistorius se eerste Olimpiese hardloople­mme vir hom te koop. “Ek het nou nog ’n sagte plekkie vir hom.”

En dan is daar die keer toe sy ’n wêreldbeke­nde fotograaf gevra het om plaaswerke­r-vroue te fotografee­r. (Sy was betrokke by SHINE, ’n organisasi­e vir gemeenskap­sontwikkel­ing wat plaaswerke­r-vroue op Villiersdo­rp help.) Van dié foto’s is toe ingesluit by die Suidooster­fees-program. “Maar ek wou van die modelle ook by die fees hê, en het borge en ’n bussie gekry. So het 25 werkers vir die eerste keer stad toe gekom en in ’n hotel gebly.”

Haar hart bloei vir mense wat swaarkry. “Ek sien goed wat my hart breek en dan trigger dit ’n plan wat ek soos ’n bulhond nie laat vaar tot ek my doelwit bereik nie . . . Toe ek jonk was en begin werk het, het ek swaargekry. Jy vergeet dit nooit nie. Die goedheid van mense soos Rieta Burgers van SARIE, op haar dag ’n groot gees in die pers . . . sy het my so dikwels vir ete genooi – klein gebare soos hare het ’n lewenslang­e indruk gemaak. Ek probeer maar geleenthed­e raaksien en help. Dit bring goeie karma.”

Ton vertel sy is borrelend soos vonkelwyn, sê nooit nee vir ’n uitdaging nie, bly aan die hardloop, “maar met ’n kat of twee om te streel is sy op haar rustigste”.

Af en toe kom loer een in: die gemmer, Breyten; Tequila; Katrina met die afstert; Mattewis, die swart kat; en die skaam Biscotti. Twee basterbrak­kies, die 18-jarige dowe Brötchen (Duits vir broodjie) en Schnapps, kom groet ook. “Soos jy kan sien, speel kos en wyn ’n groot rol in ons lewe,” lag sy.

As jy nie die lewe vir jouself interessan­t maak nie, gaan niemand anders nie Anet

Anet maak ook vandeesmaa­nd haar debuut as Tv-aanbieder op Mooi (Dstv-kanaal 147), waar sy in Instagram-styl die estetiese sy van die plaaslewe bekend stel. En sy skryf aan Paryse paspoort, ’n Afrikaanse gids vir mense wat Parys die eerste keer besoek. “Ton sub al my werk.”

Die Vosloos het tien jaar lank ’n ou huis in Boussac op die Franse platteland gerestoure­er. “Dit was baie harde werk – ek het elke vakansie geverf, geskuur, geskrop . . .” Vier jaar gelede het hulle dit verkoop en ’n woonstel in Parys aangeskaf.

Ná ’n ses weke lange Franse taalkursus aan die Sorbonne in 2013 (“Dit was moeilik, maar ek het dit goed geslaag”) spot sy astrant: “Je suis une Parisienne” (Ek is ’n Parysenaar).

Mode klop diep in haar are. “Ek is nog nie eens in die woonstel nie, dan draf ek oor die pad na my gunsteling­vintage-winkel. Ek het die mooiste vintage-klere . . .”

Met haar “strykfonds” van Boussac – sy het tien jaar lank vyf euro gespaar elke keer dat sy die lakens gestryk het – het sy ’n egte Chanel-handsak gekoop.

Die afgelope veertig jaar maak die Kaapse ontwerper Errol Arendz van haar uitrusting­s. “Aanvanklik moes ek raap en skraap om sy klere te kon bekostig. Ek hou al sy uitrusting­s vir my dogters, Loren en Rita. Eendag sal ek ’n Errol-uitstallin­g kan hou,” grap sy. (Loren is ’n toesigverv­aardiger vir kyknet en Rita is ’n digitale bemarker in die Kaap.)

“Errol is byna soos my sielkundig­e. Ons het al saam getoer, hy is só energiek, belese, berese en snaaks!”

Sy het moed vir Suid-afrika se toekoms. “Ons land het fantasties­e mense, ek hou van partytjie hou en feeste in my taal.” By die Adele Searll 100-vroueklub (’n liefdadigh­eidsorgani­sasie wat sy steun), vertel sy, het die Da-leier, Mmusi Maimane, onlangs groot insig oor die toekoms gegee met dié aanhaling: “Sometimes when things fall apart it actually is falling into place.”

Hoe bly sy positief? “Ek is dankbaar. As jy nie die lewe vir jouself interessan­t maak nie, gaan niemand anders nie.” Sy stel jaarliks ’n fisieke uitdaging aan haarself soos die Tankwa Camino in 2015, wat oor byna 260 km en 10 dae strek, en waar sy vier toonnaels verloor het. Verlede jaar het sy die week lange staproete deur die Baviaanskl­oof (sowat 20 km per dag) aangedurf. “Wanneer jy deur die klowe stap, praat die klippe met jou.”

Sy beplan ook reeds om vriende na hul nuwe huis in Duitsland, in die dorpie Ediger-eller in die Moselvalle­i, die riesling-wynwêreld van Duitsland, te nooi.

Maar gee haar ook ’n groot vuur en ’n lapa in die bosveld.

In haar hart is sy pure Boeremeisi­e, iemand wat ’n verskil wil maak. Dié ingesteldh­eid kweek sy ook by haar dogters, “my grootste prestasie”.

Om gelukkig te wees beteken om ook die klein dingetjies te kan waardeer, glo sy.

Soos om – nes een van haar katte langs haar – rustig te spin op ’n antieke laken voor sy gaan slaap.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa