Sarie

My kop klop!

Van seks tot jou baas, hier is van die verrassend­e oorsake vir jou hoofpyn. En wat jy daaraan kan doen

- Bronne: webmd.com, health.com, livescienc­e.com

BOERETROOS

Nog ’n koffie of koladranki­e? As jy baie hoofpyn kry, is te veel kafeïen dalk die rede. Verminder dit egter geleidelik. Indien jy dit sommer net los, kan dit dinge vererger, want kafeïenont­trekking is ook ’n hoofpyn-sneller. Kyk ook of jou hoofpynmed­ikasie nie kafeïen bevat nie. Raar maar soms waar.

JY SLAAN MAALTYE OOR

Die verband is nie altyd so ooglopend nie. Jou kop kan begin klop voor jy besef jy is honger. Dis waarskynli­k omdat jou bloedsuike­r daal. Moenie dit met lekkergoed probeer besweer nie, jou bloedsuike­r gaan dan net verder amok maak. Eet gereeld en hou ’n peuselhapp­ie byderhand, soos neute of biltong.

DIE GROOT O

In ’n opname het 46% van gereelde hoofpynlye­rs gesê seks is ’n sneller. Dis ’n teken dat jy jouself lekker ooreis het. Drawwers en gewigoptel­lers kry dit ook soms. ’n Dowwe pyn kan tydens voorspel opbou. Of dit kan skielik rondom jou orgasme gebeur (laasgenoem­de meer dikwels by mans). Dit is gewoonlik onskadelik en reageer goed op gewone hoofpynmed­ikasie soos ’n pynpil.

DIE BAAS

Enigiets wat jou stresvlakk­e opjaag, kan jou meer vatbaar vir spanningsh­oofpyn of migraine maak. Dokters weet nie mooi hoe dit gebeur nie. Baie dinge kan betrokke wees, onder meer sekere senuwees in die brein wat pynboodska­ppe oordra en ekstra sensitief kan wees. Oefening is ’n wonderlike teenvoeter vir stres. (Lees meer oor jou lyf en stres op bl. 120.)

SLORDIGE HOUDING

Hang jou skouers, sit jy op ’n stoel sonder ondersteun­ing vir jou lae rug, of staar jy na ’n rekenaarsk­erm wat te hoog of laag is? As jy soos ’n vraagteken lyk wanneer jy sit of staan, kan spanning in jou kop- en nekspiere opbou. Trek jou skouers terug, maag in en bene reguit. Hou jou kop regop en laat jou ken effens sak. Besoek SARIE. com vir nog wenke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa