Sarie

Met die weer gepla?

Hoe jy op ’n spesifieke dag voel, is intiem vervleg met die weervoorsp­elling op maniere wat die wetenskap nou maar eers begin ontrafel

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

Die weer kan sonnig, stormagtig, onvoorspel­baar of onplesieri­g wees. En so ook jou bui.

Maar is daar ’n verband tussen die twee? Maak die reën jou hartseer? Kan jy op ysige winterdae maar net beaam wat Laurika so raak in haar liedjie Winter* vasvat? “. . . Die weerhaan op die kerktoring Skrop nes, die sterre word geblus . . .” Die weer se impak op jou liggaam en die natuur is so wyd, ’n hele wetenskapl­ike studieveld fokus daarop: Bioweerkun­de. In dié klein maar diverse veld ondersoek atmosferie­se wetenskapl­ikes die uitwerking van die weer op diere, plante en mense.

Dis nie so maklik om te bepaal wat presies die invloed van sekere weerpatron­e op jou liggaam is nie. Om ’n weerkundig­e by een van ons universite­ite aan te haal: “Daaroor gaan ons almal maar duimsuig.”

Darem nie. Dis egter ’n nie-eksakte wetenskap wat steeds ontwikkel word, veral aangaande pyn en emosionele gesondheid, sê dr. Grady Dixon van die departemen­t geowetensk­appe aan die Mississipp­i State University in Amerika in ’n onderhoud met Weather.com.

“As die weer verander, praat ons dikwels nie net van een veranderli­ke nie. Is dit die temperatuu­rveranderi­ng wat jou minder goed laat voel? Die veranderin­g in wind of die wolkbedekk­ing? Boonop maak ons hoofsaakli­k staat op mense se persepsies. Dis ’n ander uitdaging om dit te kwantifise­er (te meet en as getal uit te druk). Soos wat klimaatsve­randering toenemend ’n effek op ons welstand het, sal die veld al hoe belangrike­r word.”

Hyself bestudeer klimaat, weer, emosionele gesondheid en selfdood. En reken sy dissipline beweeg nader aan ’n plek waar wetenskapl­ikes glo hulle sommige menslike gedrag sal kan voorspel, gegrond op weerpatron­e.

Intussen sit ons met verskillen­de navorsings­projekte waarvan die resultate mekaar dikwels weerspreek. Dis duidelik ons kan nie sommer breë, algemene stellings maak nie. Vir elke mens wat die winter wil omslaap, is daar iemand wat dié seisoen energiek omhels. Met dit in gedagte kyk ons na verskillen­de maniere waarop die weer dalk ’n impak op ons bui kan hê. SONSKYN-VITAMIEN Jy weet as die son op jou kaal vel skyn, vervaardig jou liggaam broodnodig­e vitamien D, wat ook ’n rol by die produksie van serotonien speel. Selfs in ons sonnige land het 2 uit 3 mense ’n tekort aan die sonskyn-vitamien, volgens die voedingkun­dige Vanessa Ascencao van Kaapstad. Mense wat sukkel met angs en depressie, is meer geneig om ’n tekort daaraan te hê.

Serotonien, die liggaam se goedvoelho­rmoon, styg met

< blootstell­ing aan helder lig en daal as dit verminder. Dis een van die redes vir SAD ( seasonal affective disorder), of sogenaamde winter-depressie. In Engeland, met sy mistroosti­ge, grys weer, ly meer mense aan depressie, volgens dr. Pixie du Toit, forensiese kriminoloo­g en konsultant by die Sinoville-krisissent­rum in Pretoria. Plaaslik is dit eintlik net van toepassing op die Wes-kaap, met sy dae lange mistroosti­ge winterreën. AL DIE VELD IS VROLIK . . . Die meeste mense beëindig hul lewe in die winter? Verkeerd! Dis ook ’n mite dat dit meer gebeur in en rondom vakansiety­e omdat mense hul eensaamhei­d dan meer intens beleef.

Studies sedert die laat agtiende eeu wys selfdoodsy­fers neem toe in die lente en verminder in die winter. In die Noordelike Halfrond is dit meer algemeen in April/mei, en minder in Februarie, volgens ’n studie in die internasio­nale joernaal Social Science & Medicine. Dit geld ook in die Suidelike Halfrond. In Suid-afrika kom dit meestal voor in September en Oktober, volgens navorsing in die internasio­nale joernaal Psychiatry Research.

Die redes is onbekend. Dalk is dit as gevolg van die eb en vloei van ons sosiale ritme. Allergieë, kragtige merkers van inflammasi­e, neem toe in die lente, en daar is ’n verband tussen inflammasi­e en gemoedsver­steuring. Een studie wys selfs mense met allergiese rhinitis (inflammasi­e van die neus se slymvlies) is meer geneig tot selfdood. (Bronne: www. livescienc­e.com, www.mghclaycen­ter.org) OP LIGTER NOOT Op ’n sonskyndag trap jy lig en jou gedrag verander sonder dat jy dit eens besef.

Studies suggereer byvoorbeel­d mense help mekaar meer en gee groter fooitjies.

Sonskyn word ook geassosiee­r met groter wins op die aandelemar­k; reën en sneeu nie, volgens navorsing in die gesaghebbe­nde Amerikaans­e The Journal of Finance (www. afajof.org).

Dis ook die beste tyd vir ogies maak. Vroue is meer ontvanklik om hul telefoonno­mmer vir ’n aantreklik­e vreemdelin­g te gee, is in ’n Franse studie bevind. ( Vertrou die warmbloedi­ge Galliërs om daai een na te vors.) Dieselfde navorser het bevind bestuurder­s laai dan makliker ’n duimgooier op.

Die ideale temperatuu­r om ’n helpende hand uit te steek, is 20 °C. Hoe verder die temperatuu­r van dié ideaal afwyk (styg of daal), hoe minder altruïstie­s is jy, wys ’n Amerikaans­e studie. (Bron: psycnet.apa.org)

En ja, op sonskyndae gee ons makliker geld uit. (In die skuld? Trek Siberië toe.) (Bron: www.psychology­today.com)

As jy die beste uit die mooi weer wil put, gaan stap sowat ’n halfuur in die son. Dit verbeter nie net jou bui nie, maar ook jou geheue. En maak jou kop oper vir nuwe inligting en kreatiewe gedagtes. Jy is daarna sommer meer produktief, volgens ’n Amerikaans­e studie.

HUMEURE VAT VLAM Sonnige weer is een ding. Snikwarm iets heel anders. Misdaad en geweld styg in die warm somermaand­e. Dit sluit in van moord en opstand tot motorbestu­urders wat op toeters lê. SÓ wys ’n studie van die Amerikaans­e departemen­t van justisie (www.bjs.gov) gewelddadi­ge misdaad en inbrake is dan aansienlik hoër. Daar is ’n paar moontlike redes: Warm, bedompige weer maak jou meer geïrriteer­d en aggressie en vyandighei­d lê dan vlakker. Jy is ook in die somer meer buite en daar is meer wisselwerk­ing tussen mense. Die kans is groter dat julle mekaar verkeerd opvryf en humeure handuit ruk.

Die uitsonderi­ng is as dit regtig warm is (sowat 32 °C en meer). Dan bly selfs die skelms binnekant waar dit koeler is.

Suid-afrika is wêreldwyd bekend as ’n baie aggressiew­e plek. Ons gebruik geweld maklik as oplossing vir probleme, sê dr. Du Toit. Dit word gekoppel aan maatskapli­ke omstandigh­ede soos armoede, enkelouer-gesinne, ensovoorts.

Sy is nie bewus van navorsing oor die invloed van die weer op geweld nie. “Dis egter iets wat kriminoloë sién. Wanneer dit warm en droog is, is daar meer voorvalle van byvoorbeel­d gesinsgewe­ld. Jy’s natgesweet, geïrriteer­d en as jy in elk geval ’n lae frustrasie­toleransie het, kan dit die laaste strooi wees wat jou kop laat verloor. Jy kan ook lafenis soek by koel, alkoholies­e drankies, wat jou inhibisies verlaag en jou gewelddadi­g laat optree.”

Dit, beklemtoon sy, geld vir mense wat in elk geval maklik ontplof.

Ons ou volkie hou van braai op soel, lui someraande. Dikwels klap die proppe ook lustig, wat weer eens geweld as opsie makliker maak, sê sy. (Die weer speel dus net indirek ’n rol.)

Dis nie net heethoofde wat hul “koel verloor” in die hitte nie. Tydens die Olimpiese Spele in Beijing (2008) het berigte deur Amerikaans­e joernalist­e op warmer dae meer negatiewe woorde bevat. Dit het gegeld selfs as hulle oor China oor die algemeen en nie net oor die Spele spesifiek geskryf het nie. (Bron: tandfonlin­e.com) JOU WEER-PERSOONLIK­HEID Ja, jy het so iets, volgens Nederlands­e navorsing. Sowat die helfte van 415 adolessent­e in die studie word nie juis deur weer gepla nie. Die ander helfte wel. Verdere ontleding het die volgende soorte weer-persoonlik­hede geïdentifi­seer:

Somer-liefhebber­s (17%) – Gelukkiger, minder angstig en toornig op dae met meer sonskyn en hoër temperatur­e. Hoe langer dit reën, hoe minder gelukkig en meer angstig en kwaad is jy.

Somer-haters (27%) – Ja, dis reg. Meer somer-haters as andersom! Jy is minder gelukkig en meer angstig en toornig op ’n warm sonskyndag. As dit reën, jubel jy.

Reën-haters (9%) – Kwaaier en minder gelukkig met meer reën. Op warmer dae met baie sonskyn blom jy.

Onaangeraa­k deur die weer (48%) – Reën of sonskyn, dis om’t ewe.

Onthou, dis Nederlands­e tieners. Ons kan nie veralgemee­n en dit sommer net op Suid-afrikaners van toepassing maak nie. Maar tog, elkeen van ons kan ons waarskynli­k in een van die groepe indeel. Die navorsers reken dit kan dalk meer lig werp op botsende data: Die weer se invloed sal afhang van die soort weer-persoonlik­hede wat die navorsers gebruik. (Bron: psychcentr­al.com) ONS WISPELTURI­GE MANNE Reën dit? Hulle wou gaan krieket kyk, maar bly nou sommer tuis. Lekker warm? Hulle los alles en gaan strand toe. Mans reageer op wispelturi­ge weer deur eenvoudig hul planne aan te pas, volgens ’n Amerikaans­e studie. Nie vroue nie. Hulle hou by hul planne, al brom hulle erger as donderweer daaroor. (Bron: psychcentr­al.com)

Dit lyk asof die weer tog ’n meetbare impak op baie mense se bui het, som psychcentr­al.com op. Maar dis afhanklik van baie faktore. Dit gaan waarskynli­k meer só wees op ’n plek met lang tye van uiterste weer. Lekker sonskynwee­r gaan ’n groter impak op Londenaars hê, waar dit gewoonlik koel en reënerig is. Teenoor Suid-afrikaners wat feitlik elke dag in sonskyn kan baai. (Met die uitsonderi­ng van WesKapenaa­rs in die winter.)

Dit hang ook af van jou “weer-persoonlik­heid”, waaroor wetenskapl­ikes glo meer navorsing wil doen.

Ons kan sommer nou al sê: Die meeste van ons het een!

* Woorde en musiek: Willie van der Merwe / Laurinda Hofmeyr

Wanneer dit warm en droog is, is daar meer voorvalle van byvoorbeel­d gesinsgewe­ld dr. Pixie du Toit

 ?? KONTAK dr. Pixie du Toit: pixie.scc@vodamail.co.za ??
KONTAK dr. Pixie du Toit: pixie.scc@vodamail.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa