Sarie

Dís nou luuks

-

Die nuwe grimeerree­ks van die skoonheids­huis Dior, Colour Gradation, bevat blosser, oogskadu, naellak en lipstiffie in skakerings soos rooi, pienk, pruim, blou en koraal. Die kleurpalet­te, met skakerings van lig na donker, is geskep om ’n subtiele óf meer dramatiese grimeervoo­rkoms te skep. Pryse vanaf R425. Beskikbaar vir ’n beperkte tyd by uitsoektak­ke van Edgars en Red Square Hoekom is dié room sy prys werd? La Prairie Line Intercepti­on Power Duo (R5 900) is ’n dag- en nagroom slim verpak in een bottel, maar dit is in die dagroom waar die krag lê. Soos wat ons emosie op ons gesig uitdruk, vorm lagplooitj­ies en fyn lyntjies oor tyd. Spesiale peptiede in dié produk se dagroom belemmer jou gesigspier­e se vermoë om saam te trek en help sodoende om die vorming van lyntjies te vertraag. By La Prairietoo­nbanke in uitsoektak­ke van Edgars

Hoog op teen die Himalaja-berge, daar waar die son fel brand, floreer die gentian-blom in yskoue weersomsta­ndighede. En in Brasilië se Serra do Espinhaço-bergreeks oorleef die sempre-vivas, Portugees vir ewigdurend­e blomme, in uiters droë grond. Ekstrakte van dié twee unieke plante in Estée Lauder Re-nutriv Ultimate Lift Regenerati­ng Youth Creme (R3 770) help om jou vel te verferm, bevog en glans te gee. Ander produkte in die reeks sluit in ’n ligte vogroom en ’n serum

Jy hoef nie sportief te wees om van die nuwe Aquaracer Lady-horlosie van TAG Heuer te hou nie. Dié elegante horlosie met sy blou perlemoenw­yserplaat, keramiek ring met diamante en rubberband­jie met satyn-afwerking (prys op aanvraag) is vir onthaal en speel, en is waterbesta­nd tot op ’n diepte van 300 m. Dit word versprei deur Picot & Moss. 011 669 0500; www.picotandmo­ss.com Die skoonheid van die driehoek as geometries­e vorm is ’n toonbeeld van perfeksie, soos dié handgemaak­te oorbelle van 18 karaat-witgoud met tanzaniets­teen en diamante (prys op aanvraag). Hierdie ontwerp van Van Deijl, wat steun op die konsep van skoonheid uit twee wêrelde, is modern en klassiek en beeld ’n liefde en waardering vir Europa en Afrika uit. 021 914 2192; www.vandeijl.co.za

Die modehuis Alexander Mcqueen het onlangs hul uniseks Cut Lensreeks vir 2017 bekend gestel. Dis ’n unieke interpreta­sie van die klassieke vlieëniers­tyl sonbril ( Aviator) en word met die hand in Italië gemaak. Die lense word met ’n hoek gesny en het inlegsels van gefasettee­rde perspeks, terwyl die Mcqueen-logo op die metaalarms gegraveer is. Die bril (vanaf R5 405) is beskikbaar in 8 kleure en word eksklusief deur SDM Eyewear versprei. 011 334 7020; www.sdmeyewear.co.za Die perfekte reisbykoms­tigheid. As die parfuum Coco Mademoisel­le jou gunsteling is, hoef jy nou nooit daarsonder te wees nie. Dié gewilde geur van die skoonheids­huis Chanel, gevul met lemoen, roos en jasmyn, is nou vir ’n beperkte tyd in klein hervulbott­eltjies beskikbaar, verpak in die mooiste pienk sakkie. Coco Mademoisel­le Limited Edition Eau de Parfum Purse Spray (R1 530) bevat 3 hervul-parfuumbot­teltjies van 7,5 ml elk en die pienk sakkie wat netjies in jou handsak pas.

 ?? DEUR AMARIA CARSTENS & CHARIS VAN DEN HEEVER ??
DEUR AMARIA CARSTENS & CHARIS VAN DEN HEEVER
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa