Sarie

‘Ek is nie ’n held nie, maar móés help’

- Niel van Deventer

“Flippit, mens jaag so baie, iets gebeur so vinnig. Dit [om mense uit ’n brandende hotel te kry] was die eerste ding wat ek in 2017 doen en ek dink: Ek moet meer tyd met my geliefdes spandeer.”

Niel en sy vrou, Charlenè Brouwer, ’n bekroonde aktrise van onder meer Dis ek, Anna, sy broer Marinus en familieled­e was met vakansie in die Franse ski-oord Val Cenis Lanslevill­ard toe vuurwerk op Oujaarsaan­d dramaties om hulle ontplof het.

“Iemand was onverskill­ig met vuurwerk op die hotelstoep en ’n brand het uitgebreek,” vertel Niel. Dit was net ná middernag en hy en Marinus het uiteindeli­k 64 mense help vlug. Al was die brand aanvanklik klein, het hulle besef dit kon versprei en groter word. Franse wetgewing vereis ook nie dat daar brandbluss­ers in ’n hotel moet wees nie.

“Baie gaste het al geslaap. Ons het aan deure begin klop.” Hulle het almal toe bymekaarge­kry in die hotel se ontvangsge­deelte.

“Dit was skokkend om te sien die brand versprei so gou,” vertel Niel. Hy was nie bang nie, want die adrenalien het oorgeneem. “Gelukkig was daar nog nie baie rook toe ek die mense uitgetrek het nie. Marius het op die vierde verdieping heelwat rook ingeasem.

“Dit was nogal hartverske­urend om almal daar te sien, soos vlugteling­e, sonder paspoorte, karsleutel­s, klere, als verlore in die brand.

“Dis vreemd as jy terugdink . . . ek was half verslae oor hoe vinnig alles gebeur het. Jy voel effe hulpeloos, want jy besef jy kán nie die brand stop nie, maar jy móét die mense uitkry. En agterna is jy net dankbaar en besef: dit kon soveel erger gewees het.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa