Sarie

SÊ AAA . . .

Wat moet jy doen as jy vermoed jy ly aan bynier-uitputting?

-

Dr. Fourie se wenke

OORWEEG LABORATORI­UMTOETSE Soos ’n 24-uur-bynier-stres-indeks, ’n speekselto­ets wat onder meer jou kortisol-en ander hormoonvla­kke deur die dag/nag meet. (Jy self neem die monster en ’n laboratori­um toets dit.) Volgens dr. Van der Walt is bloedtoets­e ook doeltreffe­nd. Die tyd wanneer die bloed getrek word, is egter belangrik. Kortisolvl­akke moet soggens teen agtuur gemeet word en weer twaalfuur snags. (Laasgenoem­de is ’n speekselmo­nster.)

IDENTIFISE­ER CHRONIESE STRESSORS Dit kan insluit van kos-intolerans­ie en emosionele stres tot oormatige oefening en outo-immuunsiek­tes. Die snellers kan dus wyd wees.

HAAL ASEM! Maak deur die dag tyd daarvoor: Raak bewus van jou asemhaling, ’n goeie manier om jou brein-bynierkomm­unikasie te kalmeer. Beoefen mindfulnes­s- (wees-in-die-oomblik-) tegnieke.

DOEN JOGA OF TAI CHI ’n Uitstekend­e manier om meer balans in jou lewe te bring.

PROBEER NATUURLIKE MEDISYNE Wat vir jou werk, help nie noodwendig vir jou vriendin nie. Hier is ’n paar algemene natuurlike medisynes. – Adaptogeni­ese kruie soos Ashwagandh­a, Rhodiola rosea, heilige basilie en Eleuthero (Siberiese ginseng). (Dis-chem of gesondheid­swinkels.) – Magnesium: Die oorspronkl­ike chill

pil. Dit ondersteun die byniere, ontspan gespanne spiere en senuwees en help vir goeie slaap. – Gaba-ondersteun­ing: GABA (gamma-aminobotte­rsuur), ’n brein-oordragsto­f betrokke by die maak van endorfiene (natuurlike pyndoders wat jou goed laat voel). Aanvulling­s/ kruie: Inositol, B-vitamiene, lesitien, melatonien, valeriaan, grenadella­blom, glutamien. Theanien (in groentee) is ’n voorloper en laat jou ontspan. (Dis-chem en gesondheid­swinkels.)

SLAAP GENOEG Pas gesonde “slaaphigië­ne” toe (verban die Tv/selfoon uit jou slaapkamer, volg ’n ontspanne slaaptyd-roetine, ens.)

VERMY STIMULANTE soos kafeïen. (Altyd, nie net saans nie.)

HORMOON-AANVULLING­S Klein hoeveelhed­e DHEA (’n voorloper van testostero­on en estrogeen) en pregnenolo­on, ’n voorloper van kortisol, kan jou byniere ondersteun. Besoek ’n dokter met kennis van bynier-uitputting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa