Sarie

Houtskool vir jou gesig

Al hoe meer velsorghui­se reik nou na ‘swart goud’ as ’n oplossing vir velproblem­e soos verstopte porieë en aknee

-

Houtskooli­s tans baie gewild aangesien dit ’n kragtige reiniger en detoksmidd­el vir jou vel is, sê Diana van Sittert, nasionale opleidings­bestuurder van Dermalogic­a. “In ons moderne wêreld waar osoonbesoe­deling een van die grootste oorsake van velveroude­ring is, is ’n produk wat dieper reinig al hoe belangrike­r.”

Osoongas, die hoofbestan­ddeel in stedelike rookmis, beskadig jou velwand, laat jou porieë makliker verstop en belemmer jou vel se vermoë om homself te herstel. Op die lange duur kan dit veroorsaak dat plooie en fyn lyntjies vinniger vorm, jou vel fermheid verloor en jou veltekstuu­r growwer is. Om dié rede word al hoe meer velsorgpro­dukte soos maskers, gesigreini­gers en lyfseep met houtskool as sterbestan­ddeel bekend gestel.

Hoe werk dit?

In skoonheids­produkte word ’n suiwer vorm van houtskool, geaktiveer­de houtskool, gebruik, sê Diana. Een so ’n houtskoolm­olekule het die vermoë om tot 200 keer sy gewig in onsuiwerhe­de te absorbeer. Wanneer jy dit aanwend, trek die molekules vuilheid en oortollige olie in jou vel na die oppervlak, waar dit aan die molekules vasklou. Wanneer jy die houtskool van jou gesig afwas, word die onsuiwerhe­de daarmee saam verwyder.

Boonop is houtskool vir alle velsoorte geskik, sê Diana. Velsorgpro­dukte wat geformulee­r is om diep en intens te reinig bevat dikwels bestanddel­e wat geneig is om jou vel van vog te stroop en irritasie te vererger. Omdat geaktiveer­de houtskool ’n suiwer, natuurlike bestanddee­l is, irriteer dit nie jou vel nie. Dit trek ook nie vog en ander belangrike voedingsto­wwe uit jou vel nie.

HET JY GEWEET?

Groot dosisse geaktiveer­de houtskool word al sedert die 1900’s in mediese noodgevall­e deur dokters gebruik om sekere gifstowwe en chemikalie­ë in ’n pasiënt se spysverter­ingstelsel vinnig te absorbeer. Dié houtskool word ook in tandepasta gebruik om die opbou van geel vlekke en plaak op jou tande te beveg sonder om die glasuur te beskadig.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa