Sarie

DIE BEROEPE WAARVAN HULLE HOU

-

PSIGOPATE PAK OOK HUL AKTETASSE.

In bepaalde beroepe sal jy meer as 1% psigopate aantref, soos in die regte (prokureurs en advokate). Psigopatie­se trekke kom hulle goed te pas – vreesloos, gedrewe, onemosione­el, meedoënloo­s, onwrikbaar, sjarmant, manipulere­nd, met selfvertro­ue, ambisieus, magsbelus, wen-ten-alle-koste, eiebelang.

ANDER BEROEPE WAARIN HULLE FLOREER, IS, ALFABETIES:

1. beleggings­bankier, 2. besturende direkteur, 3. bomopruime­r, 4. brandweerm­an, 5. chirurg, 6. fondsbestu­urder, 7. fotograaf en joernalis, 8. militêre offisier (en soldaat), 9. politikus, 10. spioen, 11. stralervli­eënier.

Daardie fotograaf en joernalis . . . “Ek voel nie veel vir wat met jou gebeur het nie, solank ek net die storie en foto kry.” Persmense in byvoorbeel­d oproer- of oorlogsgeb­iede is bekend vir die risiko’s wat hulle waag. Hulle dink nie eens aan hul eie sterflikhe­id nie. En hulle kry hul naam gereeld in ’n koerant of tydskrif.

Kevin Dutton, Oxford-sielkundig­e en psigopatie-navorser, skrywer van The Wisdom of Psychopath­s, het in 2011 sy Great British Psychopath Survey onderneem en gevind die tien beroepe met die meeste psigopate is, in volgorde: 1. uitvoerend­e hoofde, 2. prokureurs, 3. TV- en radiomense, 4. verkoopsme­nse, 5. chirurge, 6. joernalist­e, 7. polisieled­e, 8. kerklikes ( clerics), 9. sjefs, en 10. staatsdien­samptenare. As ’n paar hiervan jou wenkbroue laat lig . . .

TV- en radiomense is bekend en dikwels beroemd. Hulle word bewonder en vertrou.

Kerklikes is ook reeds in ’n vertrouens­posisie en hul gesag word nie maklik bevraagtek­en nie. In die kerk het hulle toegang tot ’n gerieflike infrastruk­tuur om ander uit te buit. Hulle kan makliker bondgenote kry om hulle te help of te beskerm. Boonop predik die meeste gelowe broederlie­fde en vergifnis, sou die psigopaat uitgevang word. Hulle kan ook altyd die skuld op die duiwel pak. Staatsdien­samptenare is eweneens in gesagsposi­sies. Die vloekende Britse sjef Gordon Ramsay het aan Vanity Fair gesê: “Sjefs is stapelgek. Hulle is almal selfbehep, delikaat, pieperig, onsekere klein siele en absolute psigopate. Elkeen van hulle.” Hyself ook? “Absoluut.” Dutton haal een van Brittanje se top-neurochiru­rge aan: “Ek’t geen medelye vir dié op wie ek opereer nie. Dis ’n luukse wat ek eenvoudig nie kan bekostig nie. In die teater word ek herbore. As ’n koue, hartelose masjien, totaal een met skalpel, boor en saag.”

Emosies, sê die chirurg, is ernstig sleg vir besigheid: “I’ve hunted it down to extinction over the years.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa