Sarie

Stap vir stap na sukses

'Bergklim is 'n metafoor van my lewe' Deshun Deysel, sakevrou en motivering­spreker

- – Marguerite van Wyk

Sywas deel van die eerste groep Suid-afrikaners wat in 1996 Everest uit is om die SA vlag op sy kruin te plant, en al het sy dit nie tot bo gemaak nie, het dit haar geïnspiree­r om meer te bereik. Vandag is Deshun Deysel ’n sakevrou en motivering­spreker, gerekende avonturier en bergklimme­r. Sy is ook ambassadeu­r vir die Laureus-sportstigt­ing. Die afgelope vyftien jaar hetsy veertien groot bergklimek­spedisies in vyf lande meegemaak.

Deshun is ook as internasio­nale sake-afrigter gekwalifis­eer. Haar maatskappy, Deshun Deysel & Associates, werk gereeld met internasio­nale Fortune 500-maatskappy­e. Hulle doen navorsing en bied werksessie­s, seminare en sakevoorle­ggings aan. Sy reis baie, en haar man, Charles, ’n onderwyser wat aanlyn klasgee, is die primêre versorger van Edward (6) en Judith (6 maande).

Maar sy was ook al deur moeilike tye. “Op 22 was ek die slagoffer van ’n afspraak-verkragtin­g. Ek was in ’n donker gat. Toe ek swanger raak, het my psigiater aanbeveel dat ek ’n aborsie kry. Die res is vaag. Selfdood was my enigste antwoord. Maar ’n stemmetjie – ek glo dit was God – het gereken beter vooruitsig­te wag op my.”

Sy het een berg ná die ander aangedurf. In 2003 het sy weer Everest uitgeklim, maar moes weens slegte weer 500 meter van die piek (8 848 m) omdraai. Sy beskryf dit as ’n eer om die metafoor van bergklim deel te maak van haar hele lewe. “Alles gaan immers oor oppe en affe en hoe jy dit baasraak. My taak is om mense te leer hoe jy dit hanteer. Ek was nog altyd nuuskierig – hoe hoog kan jy klim, hoe ver kan jy val, hoe moeilik is dit om weer op te staan . . .”

Verlede jaar het haar maatskappy ’n app bekend gestel wat haar help om mense by te staan in sake-afrigting. Sy glo haar lewe is vervuld omdat sy dankbaar is: “God het my op die regte paaie gelei.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa