Sarie

Belle van die Bos

'Dis wonderlik om stories van mens en dier te vertel' Marlice van Vuuren, bewaringsg­hoeroe

- – Lydia van der Merwe

Saam met Lucky, die driebeen-jagluiperd in daai motoradver­tensie. Só het ons Marlice van Vuuren leer ken. Die dierefluis­teraar, bewaringsg­hoeroe en veldvrou wat Hollywood se Angelina Jolie ’n vriendin kan noem.

Op die N/a’an ku sê-natuurrese­rvaat, geleë op sowat 3 200 hektaar oos van Windhoek, het Marlice en haar man, Rudie, se bewaringsd­room in 2006 wortelgesk­iet. Rudie, ’n mediese dokter, wat sy “dierdokter”-vaardighed­e moes slyp en inspan. Internasio­nale Tv-kanale soos National Geographic, BBC en CNN het al programme oor hul werk uitgesaai. Plaaslik sien ons die derde reeks van Groen: Namibië* op kyknet. Marlice tussen die wilde diere en rooi duine wat haar hart warm laat klop.

“Dis wonderlik om stories van mens en dier te vertel, stories wat vertel móét word,” sê sy.

Sy vertel van die interessan­te wees-“kinders” wat hulle bygekry het sedert SARIE se artikel in die Julie 2016-uitgawe: “Dertien jakkalsies, twee aardwolwe, een bruin hiëna en dan normale babas.” Niks normaal aan dié werfdiere nie.

In Groen: Namibië sien ons onder meer hoe Marlice die trop bobbejane op ’n wandeltog veld toe neem. Vroegoggen­d se draf met die aardwolwe. Bobo, ’n bobbejaan wat 17 jaar in ’n hok by ’n polisiekan­toor aangehou is, ontmoet maters van haar eie spesie. “Eers bang en onseker, maar ook opgewonde om hulle te sien, te praat. Ek wou sommer huil.”

N/a’an ku sê is ’n bewaring- en navorsings­entrum en projekte is daarop gerig om die konflik tussen mens en dier te bestudeer. Om mense op innoverend­e maniere te #bemagtig sodat die konflik beter bestuur kan word.

Die gemarginal­iseerde San-mense van Namibië met hul maatskapli­ke, ekonomiese en politieke uitdagings lê Marlice ewe na aan die hart. Die San was haar veldleerme­esters op haar grootwordp­laas, Harnas, en sy praat Ju/’hoansi, ’n Sandialek, vlot.

Sy en Rudie het in 2003 ook die Lifeline-kliniek by Epukiro begin om gesondheid­sdienste nader aan die plaaslike mense te bring. Sowat 4 500 mense word jaarliks gratis behandel.

 ??  ?? * Kyk Groen: Namibië
Woensdae om 20:30 op kyknet * Besoek naankuse.com
* Kyk Groen: Namibië Woensdae om 20:30 op kyknet * Besoek naankuse.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa