Sarie

KEN FOPNUUS SO UIT

-

Iemand behoort ’n app te skep waarmee jy kan vasstel watter stories die waarheid is, sê Joe Thloloe, uitvoerend­e direkteur van die Persraad, tydens ’n paneelgesp­rek oor fopnuus in Kaapstad.

Maar tot dan rus die onus op jou om waarheid van verdigsel te onderskei. Facebook, dikwels die platform daarvoor, gee wenke hoe.

Fopnuus het dikwels opskrifte wat aandag trek, als in hoofletter­s en met baie uitroeptek­ens. As die skokkende bewerings ongeloofwa­ardig klink, ís dit waarskynli­k.

Kyk na die URL, die tuisblad se adres. Baie fopnuustui­sblaaie boots ware nuusbronne na, met klein veranderin­ge in die URL (news24 word 24news). Vergelyk dit met gevestigde bronne.

Maak seker dis geskryf deur ’n bron wat jy vertrou, met ’n reputasie vir akkuraathe­id. Is die organisasi­e onbekend, vind meer uit onder die “about” -hofie.

Let op na ongewone formaterin­g. Baie fop nuuswebtui­stes het spelfoute of die uitleg is swak.

Bekyk die foto. Fopnuus het dikwels gemanipule­erde foto’s of video’s. Soms is die foto eg, maar word buite konteks gebruik. Soek die foto elders op die web om vas te stel waar dit vandaan kom.

Let op die datums. Fopnuus kan tydlyne hê wat nie sin maak nie, of gebeure se datums word verander.

Is die skrywer se bronne akkuraat? ’n Gebrek aan bewyse of waar gesteun word op “kenners” wie se naam nie genoem word nie, kan ’n rooi lig wees.

Soek soortgelyk­e berigte. As geen ander nuusbron oor dieselfde storie berig nie, is dit dalk vals. Word dit beaam deur verskeie bronne wat jy vertrou, is dit waarskynli­k waar.

Is dit ’n grap? Soms is dit moeilik om fopnuus van humor of satire te onderskei. Is die bron bekend vir parodie? Sê die besonderhe­de en die trant dis net vir die pret?

Dink krities na oor die stories wat jy lees. En deel net nuus op sosiale media wat jy weet geloofwaar­dig is. Facebook het nou ’n opsie waardeur jy die administra­teur se aandag op moontlike fopstories kan vestig.

Steek kers op by’ n onafhankli­ke feite- verifiërin­gorganisas­ies oos Africachec­k (africachec­k.org).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa