Sarie

MET ’N KOP VOL IDEES

As sy ’n blink plan kry, voer sy hom uit. Niks stuit Sarisa Ferreira, plaasvrou, ma en top-entreprene­ur van Patensie nie . . .

-

Nadat’n groenboont­jie-oes en sitrusboor­de in 2012 deur ’n haelbui op Arno en Sarisa Ferreira se plaas Klipkop naby Patensie in die Oos-kaap verwoes is, het hulle swaar getrek. Sarisa, wat die boeke gedoen het, het besef hul pryse was te laag om hul uitgawes te dek, en hulle sou nooit beter vaar as hulle nie ’n kontrak met vaste pryse kon beding nie.

Maar dié “stadsmeisi­e van die Baai” het haar nog nooit deur ’n uitdaging laat onderkry nie. Sy het eenvoudig aangehou en aangehou totdat sy haar eerste kontrak gekry het om groente te verskaf. Die volgende uitdaging was om ’n pakhuis te bou – sonder ’n groot kontrakteu­r. (Hulle het letterlik in die middel van die nag sélf die vloer gegooi.) Nadat geen bank vir haar geld wou leen nie, het sy ’n klein lening by die koöperasie gekry. Uiteindeli­k kon sy vyf vroue en een man uit die gemeenskap aanstel om met die verpakking te help.

Vandag verskaf Areli Veg klaar verpakte groente- en sitrusvrug­te aan alle Oos-kaapse takke van Shoprite en Checkers. Areli Veg het sowat 100 permanente werkers – baie van hulle vroue – wat in die pakhuis en reg oor die plaas werk. Hulle het ’n tweede plaas aangeskaf en hul groenteree­kse ook uitgebrei.

Sarisa het al talle saketoeken­nings gekry, maar sy benadruk: “Jy kan niks mooi laat lyk in ’n pakkie as dit nie goed gekweek is nie – dis Arno se baba.” Sonder haar span sou sukses ook onmoontlik wees. “Ek wou graag plaaslike mense werk gee en oplei. Ons het sáám geleer, van die begin af en ons is ’n familie. Hulle is nou so vaardig, party dae voel ek byna oorbodig.” Sarisa het van aptekerswe­se tot hotelbestu­ur gestudeer, en baie van die kennis gebruik sy vandag in die besigheid. Sy glo jy sit alles in. “My ouers het my geleer jy doen ’n ding van die begin af reg.” Sarisa het op skool ook “’n moeilike paadjie” gestap nadat sy op 15 ’n skaars kanker gekry en haar been op 17 onder die knie geamputeer is. Maar dit het haar net sterker gemaak. Sy glo enigiets is moontlik – ook in besigheid – “met God se krag”. In 2008 het sy aan die Paralimpie­se Spele deelgeneem, nog ’n droom wat deur harde werk bewaarheid is.

Die hardste les wat sy as sakevrou geleer het, is dat sy mense te maklik vertrou. “My waardes en beginsels is belangrik. Ek glo jou woord is jou eer. Daar het Shoprite en Checkers my nog nooit teleurgest­el nie. Hulle steun my groeiprogr­am ten volle: As hulle ’n bestelling plaas, weet ek altyd ek kan op hulle staatmaak om die volle bestelling te neem. Hulle ondersteun my al van die beginjare af.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa