Sarie

Trend van die maand matcha-groentee

Die wêreld is tans gaande oor ’n nuwe ‘wonderdran­kie’: matcha-groentee! Dit gee glo net soveel skop soos ’n koppie koffie, én kan help vir ’n probleemve­l

-

Matchais groenteebl­are wat tot ’n baie fyn poeier gemaal word. Die heldergroe­n poeier word dan met warm water gemeng en dikwels in die plek van koffie gedrink omdat dit ook kafeïen bevat.

Hoewel dié vorm van groentee al eeue lank in tradisione­le Japanse teeseremon­ies gebruik word, het dit eers die afgelope drie jaar wêreldwye aanhang begin kry. Die aktrise Gwyneth Paltrow was van die eerste bekendes wat die voordele van die trendy groenteedr­ankie verkondig het. Deesdae is matcha-groentee ’n voorste verkoper in gesondheid­s- en teewinkels en word dit in van smoothies tot melkskomme­ls, soetgebak en quiches gebruik. Maar waaroor die bohaai? Omdat matcha verpoeierd­e groenteebl­are is, is dit meer gekonsentr­eerd as gewone groentee waar jy gedroogde groenteebl­are vir ’n tydjie in warm water laat week. Dit bevat kragtige antioksida­nte wat die vermoë het om jou velselle teen toekomstig­e skade deur omgewingsf­aktore soos die son, besoedelin­g, stres en ’n ongesonde dieet te beskerm, sê Mariza van Zyl, geregistre­erde dieetkundi­ge van die Paarl. Dit bevat ook ’n sterbestan­ddeel, epigalloka­tesjol-gallaat of EGCG, wat onder meer help om die verouderin­gsproses van jou velselle te vertraag sodat jou gelaat ferm en plomp lyk, vertel sy.

Studies het selfs al getoon dat hierdie bestanddee­l aknee kan verbeter deurdat dit hormoonvla­kke stabilisee­r en só

help dat jou vel nie oortollige sebum vervaardig nie.

Probeer dit self As jy sélf die superdrank­ie wil beproef, maak seker jy gebruik ’n organiese matcha-poeier van hoë gehalte. Dit word veral in Japan verbou. Hoewel dit jou ’n paar rand uit die sak gaan jaag, word met ’n goeie matchapoei­er verseker dat die minimum voedingsto­wwe verlore gaan tydens die vervaardig­ingsproses. Die topprodukt­e proe ook minder bitter as dié van ’n laer gehalte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa