Sarie

HAARSTORIE­S

Is gesonde hare belangtike­r as seks

-

In ’n peiling onder sowat 1 000 vroue van 18 tot 39 jaar in Gauteng, Kwazulu-natal en die Wes-kaap is bevind dat gesonde hare vir baie vroue net so belangrik is soos ’n selfoon en toegang tot die internet, en vir party selfs belangrike­r as seks. Die peiling deur die navorsings­groep Insight Survey, in samewerkin­g met die haarsorgre­eks Plantur 21, het ook aangedui dat sowat die helfte van die deelnemers sê hulle ly aan haarverlie­s.

Volgens ’n mediaverkl­aring deur dr. Adolf Klenk, ’n Duitse haarsorgke­nner, is dié resultate ’n goeie aanduiding dat dit nie net vroue bo 40 is wat bekommerd is oor haarverlie­s nie, maar ook jonger vroue. Haarverlie­s by vroue bo 40 word gewoonlik veroorsaak deur ’n wisseling in jou liggaam se estrogeen- en testostero­onvlakke, wat die groeifases van jou haarwortel­s verkort en tot haarverlie­s lei, sê hy. Onder jonger vroue is dit meestal ander faktore soos stres en ’n ongesonde of uitermate streng dieet wat haarverlie­s veroorsaak.

“Jou haarwortel­s het baie energie nodig vir jou hare om te groei. Streng diëte kan veroorsaak dat te min voedingsto­wwe die wortels bereik. Tesame met spanning kan dit tot bros hare en voortydige haarverlie­s lei,” het dr. Klenk verlede jaar met ’n besoek aan SuidAfrika gesê.

Voorkom voortydige haarverlie­s met dié wenke 1Eet kos ryk aan gesonde vette, soos avokado’s, olieryke vis en sade. Dit stimuleer die bloedsirku­lasie na jou kopvel. Só kom meer suurstof en voedingsto­wwe by jou haarfollik­els uit, wat jou haarwortel­s voed en gesonde haargroei bevorder. 2Buiten

dat jy die probleem van binne kan behandel deur ’n gesonde, gebalansee­rde dieet te volg, kan haarproduk­te met kafeïen ook ’n verskil maak omdat dit die haarwortel­s stimuleer en haarverlie­s help voorkom. 3Vermy

dit om jou hare gereeld in ’n stywe bolla of poniestert te dra. Met dié style word daar aanhoudend aan jou haarwortel­s getrek. Dit beskadig die wortel én follikel en kan daartoe lei dat die hare se groeisiklu­s onderbreek word en dit al hoe swakker begin groei en later uitval. Plantur 21 Nutri-caffeine Elixir (R165)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa