Sarie

SLAAP SNOESIG DIE WINTER

-

Die geheim van ’n goeie nagrus is om in die regte beddegoed te belê. Granny Goose se groot reeks produkte sal jou keuse maklik maak. Net die beste gehalte stowwe soos suiwer katoen en ware eend- en gansdons word vir hul beddegoed gebruik. Boonop word alles plaaslik vervaardig

HOE KIES EK ’N DUVET?

1. Grootte: Koop ’n duvet een grootte groter as jou bed. Dit sorg vir ’n luukse voorkoms, maar verseker ook dat daar geen gestoei is met ’n te klein duvet nie en die koue nie aan die kante inkruip nie. Granny Goose maak selfs ’n koningsgro­otte duvet wat ekstra breed en lank is.

2. Wat is die beste vulstof? Suiwer dons sorg vir uitstekend­e isolasie en een van die beste eienskappe daarvan is dat dit liggaamste­mperatuur handhaaf. Dit beteken jy bly van kop tot toon warm in die winter sonder om te warm te kry, terwyl dit temperatuu­r net so perfek reguleer in die somer. Granny Goose gebruik net die beste gehalte eend- en gansdons om hul duvets mee te vul, en alle dons word eties bekom en in hul fabriek in Kaapstad verfyn. 3. Waarvan word die duvetslope gemaak? Die beste duvetsloop is van suiwer katoen. Katoen haal asem terwyl die dons verseker dat jy teen ’n konstante en gerieflike temperatuu­r warm gehou word. 4. Hoe versorg ek my duvet? Al Granny Goose se duvetslope is van suiwer katoen en ten volle masjienwas­baar. Hulle bied ook ’n wasdiens, wat verseker dat jou duvet wolksag sal bly, nes die dag toe jy dit gekoop het.

GRANNY GOOSE SE SLAAPGEHEI­ME

Skud gereeld jou duvet uit. Lug word vasgevang tussen die dons, wat sorg dat die isolasieka­pasiteit maksimaal benut word. Koop pajamas van suiwer katoen of linne, dis die perfekte pasmaat vir ’n donsduvet. Sproei jou kamer met laventelol­ie. Die vars geur sal jou wegvoer na droomland.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa