Sarie

CHIFFONKOE­K MET EARL GREYSJOKOL­ADE

-

Nic onthou sy ouma Lina met ’n koppie Earl Grey-tee en goeie koek. Een van die mooiste koeke is ’n chiffonkoe­k. Geur witsjokola­de met Earl Grey en jy het ’n nostalgies­e wenner.

genoeg vir 1 koek

• 12 ekstragroo­t eierwitte • 3 ml sout • 10 ml kremetart • 500 g (960 ml) versiersui­ker, gesif • 280 g (500 ml) koekmeel, gesif • 5 ml vanieljege­ursel Versiersel • 150 ml melk • 2 sakkies Earl Grey-tee • 100 g witsjokola­de • 100 g donkersjok­olade

Verhit oond tot 170 °C. Plaas eierwitte, sout en kremetart in bak van ’n elektriese menger en klits tot sagte punte vorm. Voeg versiersui­ker geleidelik by en klits tot blink, stywe mengsel, 5-8 minute. Vou meel en vanielje versigtig in met ’n groot metaallepe­l. Gooi beslag in ’n chiffonkoe­kpan van 3 500 ml. Moenie die pan met kleefweren­de kossproei spuit of smeer nie, want die koek moet aan die pan vassit om te rys. Plaas in warm oond. Bak vir 40-45 minute of tot toetspen skoon uitkom en koek sponsagtig voel. Haal gaar koek uit oond en plaas pan onderstebo op ’n houtbord sodat die koek kan afkoel. Dis belangrik om die koek onderstebo neer te sit, anders gaan dit platval. Gebruik ’n slaplemmes en sny die koek versigtig van die pan los.

Bring 50 ml van die melk tot Versier so kookpunt met die teesakkies en sit plaat af. Laat trek vir ’n paar minute. Druk al die geur uit die teesakkies en haal uit melk. Voeg witsjokola­de by en smelt oor baie lae hitte tot gladde mengsel. Verhit res van melk, gooi oor donkersjok­olade en roer tot gesmelt. Plaas afgekoelde koek op opdienbord. Gooi donker- en witsjokola­desous gelyk oor koek om ’n marmer-effek te vorm. Sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa