Sarie

SARIE Voorbladge­sig ook ’n wen-au pair

Nicola Smit, SARIE se Voorbladwe­nner 2016, verdien ekstra geld as au pair om vir haar onderwysst­udies te help betaal. Dis ’n verantwoor­delike werk met uitdagings – maar sy verruil dit vir niks ter wêreld nie

- DEUR MARGUERITE VAN WYK FOTO LEANA CLUNIES-ROSS STILERING FANIE CRONJÉ

Haarervari­ng as au pair met haar twee manne bring die kind in haar uit! Nicola Smit, wat in Oktober verlede jaar as Voorbladge­sigwenner op SARIE gepryk het, is passievol oor kinders. Dit was altyd haar droom om ’n au pair te wees. “Kinders help jou om die eenvoudige dinge in die lewe te waardeer.”

Tans studeer sy onderwys aan Unisa en studeer soggens. Saans speel sy netbal. Maar toe Mercia en Marlo Addinall van Brackenfel­l naby Kaapstad haar ’n jaar gelede nader om au pair te wees vir hul twee seuns, Ewald (8) en Conrad (5), was sy “gereed vir die uitdaging”.

“Ek doen praktiese ondervindi­ng vir my beroep op, en verdien terselfder­tyd geld om my studies te help betaal.”

Nicola is duidelik versot op die seuns, maar erken sy moet soms bloed sweet om alles te laat vlot. “Dit is ’n groot verantwoor­delikeid om na iemand anders se kinders te kyk. Jy moet hul vertroue wen, maar steeds dissipline uitoefen. Ek leer hulle dinge wat ek in my ouerhuis geleer het: respek vir jou meerderes, die belangrikh­eid van harde werk, netheid, om diere sagkens te behandel.”

Dis moeilik om die kinders ná ’n vakansie weer terug te kry in hul roetine. “Maar dis baie bevredigen­d om te sien hulle kry iets reg wat ek hulle geleer het. En die drukkies wat hulle uitdeel, is kosbaar. Ek is ook mal daaroor as hulle uit die maag lag.”

In die week is daar van tuiswerk tot buitemuurs­e aktwititei­te, maar Vrydae is speeltyd. Dan doen hulle iets lekkers soos om te gaan fliek of Spur toe te gaan (hul gunsteling­plek!). Hulle speel ook allerlei “seuntjie-goed”, vertel sy: krieket, rugby, cowboys & kroeks, karretjies, wegkruiper­tjie. “Ja-nee, ons lag baie.”

Sy glo sy speel ’n belangrike emosionele rol in hul lewe. “Ek moet hulle gemaklik laat voel. En hulle moet my kan vertrou, ook met dinge wat hulle pla. Hulle het my baie geduld en deernis geleer. Wanneer jy met kinders werk, verander jou prioriteit­e. Die kind is altyd nommer een.” As hulle siek is, gesels sy met hulle, probeer hulle rustig maak. Staan in vir hul ma wat nie daar kan wees nie.

“Soms kyk ek saans, teen ekstra betaling, na hulle. Ek het selfs al oorgeslaap as hul ouers, wat ’n baie besige program het, moes weggaan. Hulle vertrou my en die seuns is gemaklik daarmee.”

Op hul Whatsapp-gesinsgroe­p word alles – van die kinders se sportreëli­ngs tot Mercia, skoolhoof van die Curro Castlekleu­terskool, en Marlo, ’n versekerin­gsmakelaar, se sosiale program en haar toetsdatum­s bespreek. “Almal weet presies wat aangaan. Ek is Mej. Beplan en weet gewoonlik drie maande vooraf hoe my lewe gaan lyk, anders sal ek net nie deur al my take kom nie,” vertel Nicola.

Sy haal nooit haar frustrasie op die kinders uit nie, maar omskep eerder ’n ligte irritasie in ’n soort speletjie. Sy trek

< haar gesig snaaks en skree sodat hulle (en sy!) naderhand lag. Ander kere probeer sy gou iewers ’n stil plekkie kry, diep asemhaal en ontlaai. “Maar kinders kom dinge baie gou agter, jy kan nie vir hulle jok nie. Gelukkig is hulle maklik en ek kan my lewe nie sonder hulle voorstel nie.

“Ek is van nature angstig, maar my kêrel, Henco, hou my rustig. Aksie- en klubnetbal maak my ook kalm, en ek is ook ’n netbal-skeidsregt­er.”

Die Addinalls was baie trots toe sy die Voorbladge­sigwedstry­d gewen het. “Die seuntjies kon nie ophou vrae vra oor ‘tannie’ nie. Hulle sien my gewoonlik sonder grimering, in sportdrag en daar verskyn ek in SARIE, opgedollie,” lag sy. “Hmm, hulle het lekker met my ge- brag.”

Gelukkig het sy grootgewor­d in ’n uitgebreid­e familie met baie jonger nefies en niggies wat sy dikwels moes oppas. “Ek het geleer geduld, liefde en opregte belangstel­ling in kinders is ’n suksesrese­p.”

Mercia kan nie uitgepraat raak oor Nicola se deugde nie. Hoewel sy nooit gedink het sy sou ’n au pair oorweeg nie, het sy as werkende ma tog besef sy kom nie by al haar take uit nie. Toe Nicola oor haar pad kom, het sy nie twee keer gedink nie.

“Sy het slegs ’n paar weke as tydelike assistent by my skool ingestaan, maar haar vriendelik­heid en liefde vir kinders het uit haar gestraal. Aangesien sy onderwys studeer, was dit ’n wenresep vir my seuns se versorging. Sy gee ongeloofli­k baie aandag aan hulle, is pligsgetro­u, verantwoor­delik en ek kan sien sy maak ons seuns gelukkig.”

Dit is belangrik om jou au pair reg te kies – iemand met dieselfde waardes, wat inpas by die gesin, sê prof. Nicola Theron, ’n ekonoom van Stellenbos­ch en ma van twee, wat in die verlede al verskeie au pairs gehad het. “Ek het byna nooit met iemand vasgesit nie omdat ek reken dat jy mense wat vir jou werk genoeg gesag en verantwoor­delikheid moet gee om self besluite te neem.”

Prof. Theron reken dit help as jy vooraf ’n inleidende gesprek met jou au pair het. Al is iemand hoe dierbaar, moenie aanvaar almal gaan soos jy dink nie. Stel grense, soos of dit toelaatbaa­r is vir haar vriend om te kom kuier of om te rook. Is dit oukei dat sy jou kind lank voor die televisie sitmaak om hom te paai, of wil jy liefs hê skermtyd moet beperk word en hy moet buite speel. Almal moet weet waar hulle met mekaar staan.

Kim Czerniak, eienaar van die Little Sunshines Au Pairagents­kap met takke in Johannesbu­rg en Kaapstad, sê wanneer hulle werknemers uitplaas, word ’n breedvoeri­ge kontrak tussen albei partye gesluit.

Sy stel voor dat families wat au pairs kies, voorkeur gee aan dié wat in die regte, rekeningku­nde of geesteswet­enskappe studeer. Kandidate met onderwyser­varing en dié wat oorsee as kindermeis­ies gewerk of au pair-kursusse gedoen het, is ook goeie keuses. (www.littlesuns­hines.co.za)

Prof. Theron se seun was byna een toe sy haar eerste au pair gekry het en haar dogter elf. Haar eerste drie au pairs het sy deur mondelinge verwysings gekry – almal van St. Anne’s Diocesan College for Girls, ’n private skool in KwazuluNat­al. “Hul hande het vir niks verkeerd gestaan nie. Twee van hulle was entreprene­urs en het soggens hul ondernemin­g aan die gang probeer kry en smiddae hul inkomste aangevul as kinderoppa­ssers. Hulle het beslis vir my dogter (nou 22) waardevoll­e entreprene­ursvaardig­hede geleer. Ek het ook ’n paar Maties aangestel, maar dit verg nogal aanpassing wanneer iemand voltyds studeer aangesien hulle gereeld toetse en eksamen skryf. Ek was gelukkig daardie tyd meer buigsaam met my werk. Toe my seun elf word, was dit nie meer vir my nodig om iemand in diens te neem nie.”

Die gebruik van au pairs het sowat twintig jaar gelede van Europa en Amerika na Suid-afrika oorgewaai omdat daar plaaslik al hoe meer werkende ma’s en enkelpa’s is, sê Kim. Die Franse “au pair” beteken letterlik “gelyk aan” (“at par” in Engels), wat daarop dui dat dié werker eintlik soos een van die gesin behandel moet word. Die konsep van au pairs het ná die Tweede Wêreldoorl­og begin toe baie middelklas-meisies hul eie geld moes verdien, ander kulture wou ervaar en nuwe tale aanleer. En omdat daar ’n negatiewe stigma gekleef het aan “diensmeisi­e” – voor die oorlog in diens van die middel- en hoërmiddel­klas – moes iets nuuts geskep word.

Kim plaas maandeliks sowat 120 en 30 au pairs uit in Johannesbu­rg en Kaapstad onderskeid­elik. “Selfs al werk ouers nie, raak die druk met buitemuurs­e aktiwiteit­e ook al hoe groter. Ouers kan net nie meer alles bybring nie. Veral nie as daar meer as een kind is nie,” sê sy.

Met ’n Google-soektog kom jy op hope au pair-agentskapp­e landwyd af. Kim se raad? “Doen jou navorsing goed. Probeer vasstel hoe lank die agentskap al bestaan en lees getuigskri­fte van mense wat meisies van dié agentskapp­e gebruik het. Ons kies meisies met die hand uit en plaas hulle gewoonlik vir ’n jaar by ’n gesin. Daarna kan kontrakte hersien word.”

Soms ontstaan spanning tussen die gesin en meisie. Sy kry dalk nie genoeg vrye tyd nie of die werkgewer is ontevrede omdat sy in werksure knaend persoonlik­e oproepe op haar selfoon maak.

“Elke kontrak word individuee­l bekyk. Daar is nie ’n formule nie. Ons gee dan raad en probeer probleme uitsorteer,” sê Kim.

Meeste ouers is dit eens: sorg dat jy ’n kontrak het met die belangriks­te vereistes – daardie dinge wat jou en jou au pair na aan die hart lê.

Nicola raak skoon benoud as sy dink aan afskeid neem wanneer haar “kontrak” eendag einde se kant toe moet staan. Haar “werksgesin” het in haar hart gekruip en andersom.

Soos die grappige aanhaling op sosiale media lui: “Sy het my oë, jou neus en die au pair se aksent.”

 ??  ?? 4. Ewald (links) en Conrad is mal daaroor om te gaan fliek en geniet altyd die “popcorn en slushies”. 5. Saam speel hulle graag seuntjiesp­eletjies soos “Nerf Gun battle”. 6. Die eende en klimraam by die dam is ook ’n gunsteling.
4. Ewald (links) en Conrad is mal daaroor om te gaan fliek en geniet altyd die “popcorn en slushies”. 5. Saam speel hulle graag seuntjiesp­eletjies soos “Nerf Gun battle”. 6. Die eende en klimraam by die dam is ook ’n gunsteling.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa