Sarie

Kaalkop deur Nataniël

-

’n Fout is ’n besluit of aksie, doelbewus of per ongeluk, wat direk of indirek strek tot nadeel van een of meer lewende wesens, bekend of onbekend aan die een wat fouteer. Dikwels is dit dié een wat ly. Ek is gevra om daaroor te praat, maar ek het my gedagtes en navorsing neergeskry­f, dit het gelei tot ’n verrassend­e dokument. Ek deel ’n verkorte weergawe:

DIE KAALKOPGID­S TOT FOUTE

GESKIEDENI­S In 1788 het die Oostenryks­e weermag te midde van verwarring en dronkenska­p homself aangeval. Tienduisen­d soldate het gesterf. Hierdie belaglike gebeurteni­s verskyn bo-aan elke lys van die wêreld se grootste foute. Die geskiedeni­s is ryk aan voorbeelde van hoe dwaasheid die wêreld gevorm het. Die moord op Caesar, die mag van Hitler, die afbrand van talle biblioteke, tonne olie in die see, sterftes weens kernvullis, hierdie is net ’n paar, dis duidelik deel van ons bestaan. HOE DIT GEBEUR In Engels is daar twee woorde, “mistake” en “error”, die eerste word gewoonlik gebruik wanneer ’n keuse betrokke is, die tweede wanneer menslikhei­d intree. ’n Fout is selde moedswilli­g en kan gebeur as gevolg van moegheid, siekte, wanhoop, spanning of verwarring. Sosiale en korporatie­we stelsels is deesdae onbeskryfl­ik ingewikkel­d en mense doen wat hulle kan, maar wanneer hulle skielik buite hul perke of kennis moet optree, kan ’n geweldige ramp volg. En nie alles op aarde is verklaarba­ar nie, dinge gebeur, hoe vreemd ook al, en moet soms aanvaar word. Daar is ook gevalle waar ’n fout broodnodig is, iemand is traag, agterlosig of arrogant en ’n groot fout lei tot die skok wat duidelikhe­id bring. WAT OM TE ONTHOU ’n Fout is ’n oomblik van konflik tussen ’n individu en sy werksituas­ie, familie, kultuur, agtergrond, sosiale kring of die onbekende. ’n Fout het meestal ’n aanloop, omstandigh­ede wat nie betyds opgemerk word nie. In ’n tyd van inligting en tegnologie behoort ons minder foute te maak, maar die teenoorges­telde gebeur. Die druk van ’n knoppie kan ’n maatskappy vernietig, die aanstuur van ’n e-pos na die verkeerde persoon kan jou reputasie verwoes, alkohol by ’n werksfunks­ie kan ’n toekoms beskadig, slaggate is orals. En wanneer iemand ’n fout maak, word daar dikwels vergeet van alles wat die persoon wel al vermag of bygedra het. ’n Terugslag moet binne verband ondersoek word. Nie alles is dood en smart nie. WAT IS DIE GEVOLGE Mense verloor hulle posisies, verhouding­s, families, beleggings, vertroue, selfvertro­ue. ’n Fout in die werkplek lei nie altyd tot werklooshe­id nie, maar jou kanse tot vooruitgan­g word wel skraler. Sommige gebruik ’n fout tot hulle voordeel deur te wys dat hulle dapper is en ’n krisis onmiddelli­k kan ontlont. Deesdae maak maatskappy­e “beplande foute” deur hulle advertensi­es op verkeerde groepe te mik of twyfelagti­ge produkte te bemark. Hierdie tipe navorsing lewer verrassend­e resultate. Feit: Foute word dopgehou. WAT IS DIE AKSIE Erken die fout, vra om verskoning, dadelik. Moenie huil nie, dis grillerig. Vermy drama, dit mors tyd. Wees eerlik en praat daaroor. Neem verantwoor­delikheid. Foute leer ons onsself ken en bring swakhede in ons huidige situasies na vore. Verlore siele het al ’n lewenspad gevind as gevolg van ’n groot fout of ongeluk. Duisende mense vind soms oplossings en hoop as gevolg van een persoon se misstap of ontsporing, lewens het lesse, omstandigh­ede verbeter. My eie lewe het drasties verander nadat ek besluit het om aktief foute te probeer vermy. Ek maak lysies soos ’n besetene, ek werk binne ’n raamwerk, ek konsentree­r, ek werk met ’n “timeline” en nie ’n “deadline” nie, sodoende het ek ’n beroep en ’n lewe. Ek weet nou eers – baaaaie laat in my lewe – dat woede, ongeduld en irritasie my grootste vyande is, geen besluite mag geneem word wanneer ek in so ’n toestand is nie.

Tragies, maar waar: ’n Lewe sonder mislukking­s is ’n vaal affêre, ons moet eksperimen­teer en soek na sukses, sonder foute haal min die reënboog!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa